Previous Page  17 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 17 / 140 Next Page
Page Background www.nampo.co.za

Graan|Grain

15

produkinligting

Arno du Plessis,

Case IH, Northmec

N

orthmec vier vanjaar 150 jaar van suksesvolle diens

aan die Suider-Afrikaanse produsent en kan met trots

sê dat ons steeds een van die voorkeurverskaffers is

vir die moderne produsent. Ons vier ons verjaarsdag

met vindingryke bekendstellings by die 2019 NAMPO

Oesdag.

Case IH AGXTEND

Die innoverende Case IH AGXTEND-presisieboerderytegnologie

komplementeer die handelsmerk se AFS-produkte (

Advanced Farm-

ing Solutions

). Omvangryke doelwitstellings verseker dat die uitein-

delike oplossings toonaangewend in die mark is. Die SoilXplorer is die

mees onlangse tegnologie in die Northmec-stal en sal gedemon-

streer word by die Oesdag.

SoilXplorer – hoe werk dit?

Dié sensor of karteerder beskik oor ’n kontakvrye sensor wat

elektromagnetisme gebruik om grondtipes en -dieptes te meet by

vier verskillende vlakke – 0 cm tot 25 cm, 15 cm tot 60 cm, 55 cm tot

95 cm, en 85 cm tot 115 cm. Die eenheid word op ’n trekker se neus

monteer en het twee sleutelfunksies.

Eerstens kan dit gebruik word om kartering van grond te doen,

waar dit grondheterogeniteit meet, grondtipes karteer en relatiewe

waterhouding in die grond waarneem en dan stoor op die kaart.

Tweedens verskaf dit inligting van verskillende dieptes van grond-

kompaksie sodat variërende bewerking van grond kan plaasvind

volgens die diepte van die grond. Om altyd op maksimum diepte

in die grond te werk, veroorsaak onnodige brandstofverbruik asook

slytasie op die implemente, sonder dat waarde toegevoeg word

en beter opbrengste realiseer.

Siende dat die SoilXplorer nie direkte grondkontak maak nie,

is dit onafhanklik van weersomstandighede en plantegroei, en stel

dit jou in staat om gedetailleerde grondmonsters met verskillende

parameters te ontwikkel. Die SXTS-sagteware is ingesluit in die pakket.

Tipes kaarte wat saamgestel kan word:

Relatiewe waterinhoud (

RWTC – Relative water content

)

Diepte van die grond (

D2I

)

Grondsone

Bewerking/toepassing

Alle kaarte is versamelde interpretasies van die data wat gemeet is

deur die rolle (

coils

) van al vier die lae van opname.

Wat is die voordele van die sisteem?

Verbeterde produktiwiteit met grondbewerkingstoepassings

Besparing in brandstofverbruik asook verminderde slytasie

Verminderde onderhoudskoste per hektaar

Aanhoudende verbetering van die grondstruktuur

ISOBUS-gereed

AGXTEND se SoilXplorer is veerlig en maklik om te vervoer en hanteer.

Danksy die eenvoudige manier waarop dit op die voorpunt van die

trekker monteer word, kan dit saam met enige hidrouliese landbou-

masjien gebruik word.

Case IH 2000-reeks planters

– nuwe toevoegings vir 2019

Daar is ’n ooreenkoms bereik met The Climate Corporation wat hoë-

definisiekartering verskaf met FieldView

®

-tegnologie op alle Early

Riser

®

-planters.

Case IH het sy opsies vir die nuwe seisoen uitgebrei op alle Early

Riser-planters met nuwe gevorderde tegnologie. Nuwe kaarte/lae

is beskikbaar in hoë definisie (HD) op alle 2000-reeks planters deur

The Climate Corporation se FieldView-kajuittoep. Die nuwe opsie

skakel onnodige onkoste uit om ’n sisteem aan te skaf eksklusief

vir visualisering, kartering, selfstuur-lynverdeling en vele meer. Dit

is beskikbaar vir verbruikers wat die 2000-reeks planter gebruik

saam met ’n Case IH-trekker wat toegerus is met die AFS-sisteem

(Pro700-skerm, NavII/III-kontroleerder en die AFS 372-antenna).

“Early Riser-planters bied reeds ’n robuuste ry-eenheid en toon-

aangewende akkuraatheid – en nou sit ons addisionele karterings­

tegnologie by wat die hoëtegnologiebehoeftes van die verbruiker

bevredig,” sê Tony McClelland, Case IH-planterbemarkingsbestuur-

der. “Produsente is konstant op soek na makliker datavisualiserings­

komponente om ingeligte agronomiese besluite te neem. Ons kan

nou singulasie en vloeibare kunsmis direk vanaf die planter visuali-

seer deur die FieldView-kajuittoep.”

Met die regte toerusting en ’n FieldView-subskripsie, moet die

verbruiker net die FieldView Drive-hardeware in die Pro700 indruk en

begin plant. Kaarte wat in reële tyd beskikbaar is, sluit in hibriede-

variasie, populasie- en plantspoeddata, simulering, spasiëring,

DeltaForce- hidrouliese gronddruk asook korrelkunsmistoediening.

Die data word outomaties gestoor in die FieldView

cloud

-rekening,

vir maklike berging en dataverwerking.

Dit is ’n fantastiese oplossing vir verbruikers wat produktiwiteit wil

verhoog deur ry-vir-ry-planterkonfigurasies te optimaliseer en meer

ingeligte besluite wil neem deur die res van die groeiseisoen. Al dié

tegnologie en nog vele meer sal ten toon gestel word by die Oes-

dag. Dit alles vereer die suksesse van die laaste 150 jaar en is ’n groot

bate vir die toekoms. Northmec – die staal in jou strategie.

van diens

aan die produsent

150 jaa r

Die SoilXplorer Case IH.

P

2019