

50
Jaarverslag 2018
annual report 2018
Grain SA Farmer Development Programme:
An introduction
‘Agriculture is not crop production as popular belief holds – it’s
the production of food and fibre from the world’s lands and waters.
Without agriculture it is not possible to have a city, stock market,
banks, university, church or army. Agriculture is the foundation of
civilisation and any stable economy.’
– Alan Savory
South Africa has many black developing farmers producing grain
crops on wide ranging scales of operations – from subsistence and small-
holder farmers to highly intensive commercial producers.
Vision 2030
of the National Development Plan calls for an inclusive rural
economy in which rural communities should have greater opportu-
nities to participate fully in the economic, social and political life of
the country
. It holds that rural economies will be supported by agriculture
and there will be better integration of rural areas through land reform, job
creation and poverty alleviation. Clearly transformation in the grain sector
remains at the centre of national government policy, therefore a multi-
pronged approach towards ensuring the commercial viability and sustain-
ability of emerging commercial producers is a priority for all stakeholders
in the agricultural sector.
The challenges to the ideal are significant
. The sector is facing
rising input costs; an uneven trade environment, including highly
subsidised imports which jeopardise local economy and small scale
farmers in particular, e.g. the competition for local poultry and dairy
industries against dirt cheap imports; lack of infrastructure including
rail, roads and electricity supply and an erratic and unreliable trans-
formation policy environment. We believe that strategic interventions
are necessary if land reform programmes are to achieve the desired
results – particularly in the way they are intended to revive rural
communities.
Although we do not have infinite capacity to change policy
as grain farmers of this country, we do have know-how and to
this end we commit to pursuing every opportunity to share
knowledge and assist in the transformation process
in pursuit
of viable and sustainable grain growing enterprises operated by
informed, skilled developing farmers. With the wide network of
strategic partnerships that has been formed and now operates
across the many differentiated platforms which make up the
programme, we believe there is evidence of personal growth
and skills development, which is positively impacting growth
in the development arena.
Partnerships
Everyone can make a difference. Together we can make
a change.
We do not – and cannot – accomplish anything alone. This
report to the Grain SA Congress of delegates strives to detail
the kaleidoscope of activities that make the Grain SA Farmer
Development Programme the multi-dimensional approach to farmer
development that it is. The table on page 51 lists names of trust funds,
grain sector organisations, government departments and initiatives
and commercial enterprises that partner with us. (Please note these
Graan SA Landbou-ontwikkelingsprogram:
Bekendstelling
“Landbou is nie gewasproduksie soos algemeen geglo word
nie – dit is die produksie van voedsel en vesel uit die wêreld se
grond en water. Sonder landbou is dit nie moontlik om ’n stad,
aandelemarkte, banke, universiteite, kerke of ’n weermag te
hê nie. Landbou is die grondslag van die beskawing en enige
stabiele ekonomie.”
– Alan Savory
Suid-Afrika het talle swart ontwikkelende boere wat graangewasse
met ’n wye omvang van bedryfskale produseer – van bestaans- en klein
skaalse boere tot uiters intensiewe kommersiële produsente.
Visie 2030
van die Nasionale Ontwikkelingsplan vra vir ’n inklusiewe lande-
like ekonomie waarin landelike gemeenskappe groter geleenthede
moet hê om ten volle aan die ekonomiese, sosiale en politieke lewe
van die land deel te neem
. Daarvolgens sal landelike ekonomieë deur
landbou ondersteun word, en daar sal deur middel van grondhervor
ming, werkskepping en armoedeverligting beter integrasie van lande-
like gebiede wees. Dit is duidelik dat transformasie in die graansektor
die kern van die nasionale regering se beleid bly, dus is ’n veeltakkige
benadering om die kommersiële lewensvatbaarheid en volhoubaarheid
van opkomende kommersiële produsente te verseker vir alle belang-
hebbendes in die landbousektor ’n prioriteit.
Die uitdagings vir die ideaal is groot
. Die sektor staar stygende
insetkoste; ’n ongelyke handelsomgewing, insluitend hoogs gesubsi-
dieerde invoere wat die plaaslike ekonomie en veral kleinskaalse boere
in gevaar stel, byvoorbeeld die mededinging van plaaslike pluimvee- en
suiwelbedrywe teen spotgoedkoop invoere; ’n gebrek aan infrastruktuur,
insluitend spoorvervoer, paaie en elektrisiteitstoevoer; en ’n onseker
en onbetroubare transformasiebeleidomgewing in die gesig. Ons glo
dat strategiese intervensie nodig is indien grondhervormingsprogramme
die verlangde resultate moet behaal – veral op die manier waarop hulle
veronderstel is om landelike gemeenskappe te laat herleef.
Hoewel ons as graanboere van hierdie land nie ’n oneindige
vermoë het om beleid te verander nie, het ons wel kundigheid, en
met hierdie doel voor oë verbind ons ons tot die nastreef van elke
geleentheid om kennis te deel en met die transformasieproses
te help
ten einde lewensvatbare en volhoubare graanproduserende
ondernemings te bevorder wat deur ingeligte en vaardige ontwikkelen
de boere bedryf word. Met die wye netwerk strategiese vennootskappe
wat gevorm is en nou regoor die talle gedifferensieerde platforms
werk waaruit die program bestaan, glo ons dat daar bewyse is van
persoonlike groei en vaardigheidsontwikkeling, wat ’n positiewe impak
op groei in die ontwikkelingsarena het.
Vennootskappe
Elkeen kan ’n verskil maak. Saam kan ons verandering bring.
Ons kan nie alleen enigiets regkry nie. Hierdie verslag aan die
Graan SA Kongres van afgevaardigdes probeer om die kaleidoskoop
van aktiwiteite uiteen te sit wat die Graan SA Landbou-ontwikkelings
program die multidimensionele benadering tot landbou-ontwikkeling
maak wat dit is. Die tabel op bladsy 51 lys die name van trustfondse,
graansektororganisasies, staatsdepartemente en inisiatiewe en
kommersiële ondernemings wat ons vennote is. Let asseblief daarop