Previous Page  9 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 9 / 108 Next Page
Page Background

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendeweg 852, Midrand

,

1685 Tel: +27 11 203 2400

Faks: +27 11 203 2461 Webtuiste: www.agro.basf.co.za Mobiele webtuiste: m.agro.basf.co.za

@BASF_Africa BASF.Africa

Selontra

®

Rodent Bait: Reg. Nr. L10101 (Wet Nr. 36 van 1947) bevat cholecalciferol 0,75 g/kg. Skadelik.

Selontra

®

is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF. Verwys asseblief na die produketiket vir volledige gebruiksaanwysings.

Selontra

®

Die allernuutste benadering

tot knaagdierdoders

Ongeag die aard van jou onderneming, bied

BASF

jou die

nuutste tegnologie in knaagdierdoders. As ’n antikoagulant-

vrye oplossing is dit veiliger as bestaande knaagdierdoders,

maar ook uiters smaaklik. Dit verseker

Selontra

®

as ’n

allesomvattende oplossing wat selfs die hardnekkigste

knaagdierpopulasies beheer vir gemoedsrus in jou

Geïntegreerde Plaagbestuurstelsel.

Selontra

®

– slimmer as knaagdiere.

Uitoorlê knaagdiere:

• Volledige beheer binne 7 dae.

• Laer risiko vir kontaminasie en residu’s.

• Uiters smaaklik en word bo ander kosbronne verkies.

• Bevat die natuurlike eetlusdemper, cholecalciferol.

• Beheer 100% antikoagulant-bestande knaagdiere.

• Minimaliseer nie-teiken en sekondêre vergiftiging.

• Stabiel in bedompige, warm en koue omgewings.

• Werk vinnig met minder aas.

Pakhuise

& Fabrieke

Pluimvee, Varke, Beeste

& algemene Landbou

Kos &

Spyseniering

Konstruksie

uppe marketing A18545/SAG

Ds koos kirsten

woord

Uit die

o

ns kry soms met uitdagende omstandighede in ons

lewens te doen. Soms is dit so droog dat ons nie kan

plant nie, soms kom die reën te laat en as die

bankbestuurder en die koöperasie ongeduldig raak oor

al jou skuld, voel jy asof jy hande in die lug kan gooi en

moedeloos op ‘n hopie kan gaan sit en wag vir beter

dae – wat maar net nie wil kom nie. Dan wonder ‘n mens: Wat nou?

Hoekom al hierdie swaarkry en onaangenaamheid?

As ‘n mens die rampe, ellende en onaangename omstandighede

van hierdie lewe wil verstaan, moet jy met twee dinge rekening

hou: Die eerste is dat die Here altyd in beheer van alles en almal is.

Die tweede is ons eie sonde, gebreke en kortsigtigheid.

In Jer. 45:1 - 5 lees ons dat die Here met Barug praat oor al die

ellende wat oor Israel gaan kom en hoe hy daarop moet reageer.

Barug was Jeremia se sekretaris en hy het ál Jeremia se profesieë

in ‘n boek neergeskryf. Arme Barug kon nie verstaan waarom hy

so saam met die volk onder al die ellende wat oor die volk sou

kom, moes deurloop nie. Hy voel dat die Here kommer by sy smart

gevoeg het. Hy was moedeloos en moeg en het gesug oor alles wat

reeds gebeur het en oor wat nog sou kom.

Die Here wys vir Barug daarop dat Hy self breek waar Hy gebou

het en dat Hy self uitruk waar Hy geplant het – en dat Hy dit oor

die hele wêreld heen doen. Hy alleen is in beheer van alles wat in

die wêreld gebeur. Die Here wys verder vir Barug daarop dat hy nie

groot dinge vir homself moet najaag nie. Barug moet nie altyd net

die beste omstandighede of die grootste moontlike voordeel vir

homself wil hê nie. Waarvan Barug wel verseker kan wees, is dat hy

sy eie siel kan red as hy sy geloofsoog op die Here hou en nie op sy

omstandighede nie.

Só moet ons ook ons oog op Christus, wat aan die regterhand van

die Vader sit, gevestig hou. Christus is Here en Koning oor alles en

almal en Hy sal ons nie laat verlore gaan nie. Selfs in die uitdagend­

ste omstandighede bly Hy in beheer, ook oor elkeen van ons se

lewens. Hy belowe nêrens dat ons nie slegte omstandighede en

selfs die grootste ellende sal ervaar nie, maar Hy het belowe dat

Hy altydby en met ons sal wees en ons deur alles heen sal lei

en dra.

7

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Abigail Herbst 2017