Previous Page  10 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 10 / 108 Next Page
Page Background

8

vat nou voor

by Ouditkomitee

G

raan SA se Ouditkomitee het onlangs ‘n nuwe voorsitter,

mnr André Hanekom, aangestel. Dié voormalige be-

sturende direkteur van Pioneer Voedsel dien ook op ver­

skeie privaat maatskappye se direksies, asook twee

genoteerde maatskappye, te wete Quantum Foods en Sea Harvest.

Hanekom wys daarop dat hy bogenoemde betrokkenheid by ‘n

verskeidenheid van sake-ondernemings uiters bevredigend vind.

Hy het daagliks te doen met kundiges in die sakewêreld en soda­

nige interaksie gee hom die geleentheid om, danksy sy ervaring, ‘n

sinvolle bydrae te probeer lewer tot bestuurspanne.

Unieke uitdaging

‘n Besondere hoogtepunt in sy loopbaan was om uitvoering aan

sy mandaat as besturende direkteur van Pioneer Voedsel, wat tot

stand gekom het na aanleiding van die samesmelting van Bokomo

en Sasko, te gee deur dit as besigheid te laat groei. Dit was ‘n unieke

uitdaging omdat ‘n hele nuwe speelveld betree is na die deregulering

van die maal- en baknywerhede in 1995.

Pioneer se volgehoue groei was egter só suksesvol dat dit in

2008 gelei het tot die notering van die maatskappy op die

Johannesburgse Effektebeurs. Hy skryf hierdie sukses onder meer

aan goeie korporatiewe bestuur toe.

Goeie korporatiewe bestuur

Goeie korporatiewe bestuur is volgens hom van deurslaggewende

belang in die bestuur van ‘n suksesvolle onderneming.

“Dit kan slegs bereik word as daar aan die waardes van die maat­

skappy voldoen word en daar ‘n verbintenis tot etiese gedrag

is. Die strewe moet dus wees om deur alle rolspelers as eties en

verantwoordelik beskou te word. Só 'n reputasie kan slegs verdien

word indien almal in die organisasie hulle toewy aan etiese prakty­

ke,” het hy gesê.

Om gehoor te gee aan die vereistes van die maatskappywet, sal hy

as voorsitter moet verseker dat die Ouditkomitee as statutêre

instelling, nougeset aandag gee aan al die prosesse van finansiële

rapportering. Die Ouditkomitee het ook ‘n verantwoordelikheid

om risikobestuur toe te pas en toe te sien dat die besluitnemings-

raamwerk met die korporatiewe beginsels ooreenstem.

Meer oor die mens

Op ‘n persoonlike noot wys Hanekom daarop dat hy in die eertydse

Duiwelskloof in Limpopo gebore is en as kind saam met sy gesin

na die Wes-Kaap verhuis het. Gevolglik beskou hy homself as ‘n

gesoute Bolander met diep wortels in Stellenbosch.

Die nabyheid van die see het hom dan ook heelwat meer geleent­

heid gegee om sy gunsteling sport, seilplankry, te beoefen. Deesdae

is hy egter ‘n man wat daarvan hou

om in die gimnasium te oefen en

by geleentheid ‘n gholfstok te

swaai.

Hanekom het die leisels

by mnr Fanie van Zyl (pro-

dusent en voormalige

hoofbestuurslid van

Graan SA vir Streek 3),

wat in Maart vanjaar

uitgetree het, oorgeneem.

Van Zyl was vanaf 2006

tot 2018 voorsitter van die

Ouditkomitee.

Graan sa

Mariëtta Cronjé,

SA Graan/Grain

medewerker

André Hanekom neem die

leisels van Graan SA se

Ouditkomitee oor.

Rentmeesterskap beteken

om die beste tegnologie

na die volgende generasie

oor te dra. Dit is belangrik

om ’n toevlugsarea aan te

plant, want dit voorkom

die natuurlike opbou van

weerstand en beskerm

die tegnologie.

Oes die voordele van

YieldGard

®

en

YieldGard

®

II

-tegnologie en

plant jou toevlugsarea aan!

Monsanto, YieldGard

®

en YieldGard

®

II is

geregistreerde handelsname van Monsanto

Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk,

Posbus 69933, Bryanston, 2021.

Tel: +27 11 790-8200

Faks: +27 11 790-8350

www.monsanto.co.za

A18522/SG

JY KAN ’N VERSKIL MAAK!

Sáám kan ons die tegnologie

beskerm en die toekoms verseker.

Profiel