Previous Page  13 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 13 / 108 Next Page
Page Background

Kry jou toekomstige NAMPO-

kaartjies op dié lidmaatskapskaart

11

August 2018

ruimte spandeer ten einde hul produkte in

hoëgehalte uitstalruimtes te vertoon en dit

sodoende vir besoekers ten beste ten toon

te stel. Dit verteenwoordig ‘n totale span-

dering van R94 miljoen en sluit die bou van

uitstalruimtes en vervoer van toerusting in.

Slotsom

Die statistieke toon dat NAMPO as een van

die mees gesogte landbouskoue in die land

– en selfs in die wêreld – beskou kan word.

Die NAMPO-span gaan ook alles in hul

vermoë doen om te bly by die gevestigde

waardes van dié spoguitstalling om so-

doende ook die kwaliteit te behou.

Verder is dit vir Graan SA ‘n riem onder

die hart om dié merkwaardige investering

in die plaaslike ekonomie te sien realiseer,

aangesien die plattelandse omgewing elke

ekonomiese inspuiting broodnodig het.

Ons dank ons Hemelse Vader dat Hy aan

ons die geleentheid bied en bystand

verleen om so ‘n wonderlike geleentheid

te kan aanbied.

Ons wil vir elke uitstaller, kosstalletjie,

diensverskaffer, medialid, karwag, vrywil­

liger, staatsamptenaar, hoofbestuurs-, komi-

tee-, personeellid en besoeker baie dankie

sê vir ‘n besondere NAMPO. Ons kan almal

saam trots wees op ons skou.

Grafiek 3: Negatiewe punte van NAMPO.

GEMIDDELD

TOTAAL

Verblyf, kos en lone

R51 800

R38,7 miljoen

Voorraadwaarde

R1,98 miljoen

R1,5 miljard

Spandeer aan opslaan van

uitstalruimte

R125 753

R94 miljoen

Let wel: Beramings vanaf vraelyste

Tabel 1: Statistiek oor die spandering van uitstallers.

G

raan SA is trots om ‘n unieke digitale lidmaatskapskaart,

eksklusief vir Graan SA-lede, bekend te stel. Jou lidmaat-

skapskaart sal slimtegnologie gebruik en ons die

geleentheid bied om beter, direk en meer koste-

effektief te kommunikeer.

Die digitale lidmaatskapskaart – ‘n eerste in landbou – bied ver­

skeie kenmerke wat waarde toevoeg, waarvan seer seker die

belangrikste lede se NAMPO-toegangskaartjies is. Dié kaartjies

word vooraf gelaai en sal lede van vinnige en maklike toegang tot

die NAMPO Oesdag verseker.

Bo en behalwe toegang tot kortings en spesiale aanbiedings wat

deur middel van ‘n Voordele-teël aan lede gebied word, is alle

Graan SA-inligtingskanale op die kaart gelaai. Verkry só toegang

tot die Graan SA-maatstaf-app, beide Graan SA en NAMPO se

webwerwe en markverslae.

Die nuutste uitgawe van die

SA Graan/Grain

sal ook digitaal op

jou lidmaatskapskaart beskikbaar wees en lede kan die tydskrif

elektronies lees lank voor dit in die pos verskyn.

Die lidmaatskapskaart het ook ‘n Nota-funksie waar lede hul eie

lysie notas kan skep en stoor, foto's van strokies kan neem en te

doen-lyste kan stoor. Verder kan kaartinligting en -instellings

opgedateer word en stootkennisgewings (

push notifications

) kan

geaktiveer of gedeaktiveer word. Die Inboks-funksie sal, bo en

behalwe lede se aanbiedinge, intydse app-boodskappe van

Graan SA toelaat.

‘n Gebruikersreis is saamgestel wat al die inligting en funksies

bekendstel en is elektronies aan lede gestuur. Skakel gerus die

Graan SA-kantoor indien jy enige inligting of bystand verlang.

Alzena Gomes,

skakelbeampte, Graan SA

Gebruik jou selfoonnommer om toegang tot jou Graan SA-

digitale lidmaatskapskaart te verkry, soek die JOYN APP op

die

Google Play

-stoor of op die

Apple-app

-stoor.