Previous Page  14 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 14 / 108 Next Page
Page Background

12

Terugblik

Graan SA/Grain SA

Omri van Zyl (uitvoerende direkteur van Agri SA) ontvang ‘n tjek

ter waarde van R240 000 van Francois Strydom om te verseker dat

die Smart Agriculture Risk Management Desk (SARMD) se werk kan

voortgaan. Die doelwitte van die SARMD is om ‘n ramprisikobe-

stuursplan saam te stel om groter risiko’s wat die landbousektor

in die gesig staar, te identifiseer.

Die persbekendstelling van die NAMPO

Nasie in Gesprek

-reeks het

op Maandag, 14 Mei, plaasgevind. Jannie de Villiers (HUB van

Graan SA), regs, het namens dié organisasie ‘n toekenning van

Francois Strydom (HUB van die Senwes Groep) ontvang as platinum-

borg van hierdie gewilde reeks.

‘n Hoogtepunt van NAMPO is om ou bekendes en nuwe mense te

ontmoet, met hulle te gesels en verhoudinge te bou. Pieter Cilliers

(Welkom), dr Antonie Geyer (Universiteit van die Vrystaat),

Jannie de Villiers en Retief Cilliers (Nelson Mandela Universiteit)

het by die ontvangslokaal vir belangrike gaste (VIP-lokaal) ‘n paar

woorde gewissel.

SA Graan/Grain

het die Woensdagoggend ‘n inligtingsessie vir

adverteerders gehou, waartydens hulle bedank is vir hul ondersteu­

ning en waar inligting oor die tydskrif gedeel is. By die geleentheid

was onder andere Du Preez Kritzinger (Pioneer), Jannie de Villiers,

dr Dirk Strydom (bestuurder: Graanekonomie en Bemarking,

Graan SA) en Kevin Lesser (John Deere).

Chrismari van der Westhuizen is ook tydens die

SA Graan/Grain

-

funksie as die Graan SA/Sasol Fotokompetisiewenner vir 2017

aangewys. Sy kon ongelukkig nie die geleentheid bywoon nie, maar

haar ouers, Josias en Tertia van der Westhuizen van Loeriesfontein,

het ‘n draai by NAMPO gemaak en die fotokompetisie-uitstalling

kom besigtig.

Augustus 2018

Oesdag 2018

deur ‘n kameralens

SA Graan/Grain

redaksiespan

G

raan SA se 52ste NAMPO Oesdag, wat gedurende Mei-

maand aangebied is, het ‘n nuwe rekordbywoningsyfer

behaal: 82 817 besoekers het deur die hekke gestroom.

In dié fotobeeld word ‘n paar van hoogtepunte van die

Oesdag uitgelig en plaas ons graag ‘n paar foto’s van besoekers wat

ons fotograwe raakge”kliek” het.