Previous Page  19 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 19 / 108 Next Page
Page Background

Grafiek 3: Hoeveelheid koring benodig om ‘n 70 kW- en 80 kW-trekker te koop.

* Voorlopig

Grafiek 4: Jaarlikse trekkerverkope.

Grafiek 5: Grootte van trekkervloot.

17

August 2018

vir ‘n trekker van tussen 70 kW en 80 kW.

Trekkers is tans minder bekostigbaar

as die gemiddelde ruilvoet sedert die

1990/1991-produksieseisoen.

Grafiek 3

toon hoeveel koring benodig

word om ‘n trekker van tussen 70 kW en

80 kW aan te koop. Vir die huidige seisoen

kan dit ‘n produsent 222 ton kos om ‘n

trekker aan te koop, terwyl ‘n trekker van

hierdie grootte oor die langtermyn

gemiddeld (sedert 1990/1991) 197 ton ko­

ring gekos het.

Trekkerverkope

Trekkerverkope vir 2017 het 6 362 eenhede

beloop – 8,7% hoër as die vorige jaar se

verkope. Trekkerverkope vir 2018 tot dusver

tot en met Juniemaand, is 11,9% hoër as vir

dieselfde tydperk in 2017. Die gemiddelde

trekkerverkope per jaar sedert 1995 beloop

5 407 eenhede (

Grafiek 4

).

Stroperverkope vir 2017 was 5,4% hoër as

in 2016, en vir die jaar tot dusver (Junie

2018) is verkope 5,3% laer as ‘n jaar gelede

vir dieselfde periode.

Grootte van trekkervloot

Die verandering in die grootte van Suid-

Afrika se algehele trekkervloot (die aantal

trekkers in Suid-Afrika jonger as 20 jaar)

word in

Grafiek 5

vir die afgelope paar jaar

geïllustreer, terwyl

Grafiek 6

die ouderdom

daarvan uiteensit.

Algemene gevolgtrekkings ten opsigte van

die grootte en ouderdomsverspreiding van

die trekkervloot (Agfacts, 2018):

Die algehele trekkervloot het die af­

gelope tien jaar aansienlik toegeneem

sedert ‘n laagtepunt in 2005 bereik is.

Die huidige trekkervloot van 88 150 een-

hede is 7,2% laer as die vloot van bykans

‘n 95 000 eenhede 20 jaar gelede.

Die trekkervloot het 15 jaar gelede

(2002) 64 800 eenhede beslaan. Die

huidige vloot toon ‘n toename van

36% op daardie syfer.

Die totale hoeveelheid trekkers jonger

as tien jaar oud, is tans ongeveer

62 600 eenhede – wat 71% van die

huidige trekkervloot verteenwoordig.

Die persentasie trekkers jonger as tien

jaar oud was in 1993 op ‘n laagtepunt,

toe 35,8% van die trekkervloot jonger

as tien jaar oud was. In 1995 het die

totaal van trekkers jonger as tien jaar

oud 36,7% van die vloot beslaan, waar­

na die grootte van die trekkervloot

jonger as tien jaar oud toenemend

gegroei het. ‘n Skerp toename het die

afgelope agt jaar plaasgevind.

Die gemiddelde ouderdom van die trek­

kervloot staan tans op sewe jaar.