Previous Page  104 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 104 / 108 Next Page
Page Background

Augustus 2018

102

Dis tyd dat

vroue

in landbou opstaan

D

it is noodsaaklik dat vroue hul regmatige plek in landbou

begin inneem, is die slotsom waartoe ‘n paneel van

leiervroue in ‘n gesprek hieroor in die

Nasie in Gesprek

-

reeks op vanjaar se NAMPO Oesdag gekom het.

“Die vrou was nog net altyd daar…die nek van die besigheid en

op die agtergrond. Dit hoort nie so nie,” het me Preline Swart,

visevoorsitter van Graan SA, gesê. Sy bedryf saam met haar man,

Ralph, en sy twee seuns, Jacques en Leaan, die Swart-boerdery

by Elim in die Wes-Kaap. Vandag is dit ‘n suksesvolle kommersiële

boerdery nadat Ralph met net een skaap begin het en vir jare geen

hulp ontvang het om tot op hierdie vlak te vorder nie.

“Jy het net soveel waarde soos wat jou man vir daardie besigheid

het. Neem jou regmatige plek in,” het Swart gesê. Sy het byge­

voeg dat dit voorts bitter belangrik is dat plaaswerkers ook voel

dat hulle deel van die boerdery is. “As ons werkers na iets op die

plaas verwys, verwys hulle na dit as ‘ons’ s’n. Ek is een vrou tussen

‘n klomp mans. Dit kon seker nie vir hulle maklik gewees het om my

te aanvaar nie, maar hulle het dit gedoen.

“Mans sien ons te dikwels as blote emosionele wesens. As jy die

dag blinkoog is, of dalk ‘n traan in die oog het, wonder hulle wat is

nou weer verkeerd. Maar dit is omdat ons passievol is oor wat ons

doen,” het sy gesê.

Dit is juis hierdie dimensie wat vroue na ‘n boerdery kan bring. “Daar

waar ek vandaan kom, is ons deesdae betreklik presies ingestel op

gelykheid. ‘n Man word nie meer voorgetrek net omdat hy ‘n man

is nie. Op ‘n plaas word mos nie meer net op die lande geboer

nie; boerdery is ‘n groot besigheid met heelwat kantoorwerk en

administrasie.

“Gee vir ons (vroue) wat ons kan en wil doen en moenie

ons terughou net omdat ons vroue is nie.” Beide Swart en

me Marion Shikwinya (besturende hoof van Afgri se Harvest Time

Investments) het benadruk dat vroue ook in leierskapstrukture

van groot maatskappye en by die ontwikkeling van beleid en rege­

ring betrek moet word.

“Ons vroue doen deesdae nie meer net primêre produksie nie.

Hoekom kan ‘n vrou nie ook die uitvoerende hoof van ‘n maatskappy

word nie? Wat gedoen moet word, moet gedoen word. Dis hoog

tyd dat ons vroue bevorder word na waar ons mans is.”

Shikwinya meen voorts dat primêre landbouproduksie nie al is

wat by ‘n sterker vroulike hand en insig kan baat nie. Dit behoort

ook op die vlak van beleidsontwikkeling en in die leierskapstrukture

van groot landboumaatskappye waarde te bied.

Meer as een van die paneellede het daarop gewys dat vroue nie

net 50% van die bevolking beslaan nie, maar dat kleinboerderye

ook ten minste 50% van die voedsel wat ‘n bydrae lewer dat hul

gesinne oorleef, lewer. Hierdie vroue moet tot kommersiële vlak

opgehef word.

“In kleinskaalse boerdery is ten minste die helfte van die boere

vroue,” het me Jane McPherson (bestuurder: Ontwikkelende Land­

bou, Graan SA) gesê. Sy sê waar boerdery al meer op winsbejag

ingestel geraak het, het mans toenemend begin oorheers en het

vroue op die agtergrond getree. Dit geld egter nie op alle gebiede

nie. Die meeste vroue voel steeds minderwaardig teenoor mans.

“Daar is ‘n groot klomp vroue in die kleinskaalse sektor – en al hoe

minder waar boerderye groter raak. Daar kleef ‘n soort van ‘n stigma

aan jou as jy ‘n vrou(eboer) is, maar vergeet daarvan; gaan net aan

met die werk.”

McPherson waarsku vroue in landbou om nie skielik hardvogtig

te raak nie. Mans en vroue is wel gelyk, maar het verskillende

aktueel

Vrouemaand

Marleen Smith,

SA Graan/Grain

medewerker

Die Nasie in Gesprek-paneel wat vroue in die landbou op vanjaar se NAMPO Oesdag bespreek het: Rozanne McKenzie (gespreksleier),

Jane McPherson, Preline Swart, Marion Shikwinya en Rita Andreas.

Foto's: Brand Republic