Previous Page  103 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 103 / 108 Next Page
Page Background

Klimaatslim-landbou

is sleutel tot voedselsekerheid

A

lles moet in die stryd gewerp

word om voedselsekerheid in

Suid-Afrika deur klimaatslim-land-

bou te promoveer en só ekono­

miese groei te bevorder, aldus dr Brylyne

Chitsunge, die Pan-Afrika Parlement se

ambassadeur vir voedselsekerheid.

Die kollig het tydens die Nasionale Voed­

selsekerheidsrondetafel, wat op 23 Maart

vanjaar deur die Pan-Afrika Parlement in

Midrand gehou is, skerp op die bevorde-

ring van voedselsekerheid geval.

Dr Chitsunge het die Nasionale Voedsel­

sekerheidsinisiatief, in vennootskap met die

Suid-Afrikaanse Departement van Landbou,

Bosbou en Visserye (DAFF), gefasiliteer.

Die hoofdoel van dié inisiatief is om ‘n wye

reeks aandeelhouers in die landbousektor

bymekaar te bring om strategieë te be­

spreek wat op voedselsekerheid in Suid-

Afrika kan fokus. Mnr Senzeni Zokwana,

Minister van Landbou, Bosbou en Visserye,

sê dit is uiters toepaslik om in die jaar

van wyle oudpresident Nelson Mandela

se 100ste verjaardag op dié merkwaardige

seun van die grond se nalatenskap te fokus.

“Mnr Mandela het in sy eerste Staatsrede

in 1994 die regering verbind tot ‘n same­

lewing van vryheid, wat almal saam­

bind in die stryd teen gierigheid, honger,

ontneming, onkunde, onderdrukking en

vrees. Die regering is steeds volkome ver­

bind tot dié belofte en die nastrewe van

voedselsekerheid,” sê hy.

Die Afrika-unie het ‘n visie vir die kontinent

aangeneem wat bekend staan as Agenda

2063, wat gefokus is op die tema “Die Afrika

wat ons wil sien”.

Zokwana sê landbou-ontwikkeling is die

sleutel daartoe om mense uit armoede te

verlos en nasionale ekonomiese groei aan

te moedig. “Sowat 40% van Suid-Afrika

se minderbevoorregtes woon in landelike

gebiede en is vir hul oorlewing van die

grond afhanklik. ‘n Gebrek aan voedsel­

sekerheid is egter nie tot landelike ge-

meenskappe beperk nie; dit het inteendeel

skerp in stedelike gebiede toegeneem van­

weë die hoë vlakke van migrasie van mense

na stede, wat op soek is na werk en ‘n

beter lewe.

“Een van die grootste redes waarom die

meeste huishoudings in Suid-Afrika nie

voedselsekerheid geniet nie, is omdat

mense netto verbruikers van gekoopte

voedsel is in plaas daarvan dat hul produ­

seerders daarvan is. Dit bring mee dat

huishoudings met ‘n tekort aan kontantvloei

onvoldoende toegang tot voedsel het.

“Die regering wil dié tendens omswaai

met behulp van die Fetsa Tlala Inisiatief en

arm mense se menswaardigheid herstel

deur middel van ondersteuning aan klein­

boere ten einde voldoende voedsel te

produseer om aan die basiese voedingsbe-

hoeftes van arm mense te voldoen,” ver­

duidelik hy.

Zokwana beklemtoon dat groter same­

werking en vennootskappe tussen alle

rolspelers in die landboubedryf nodig is

om ‘n nalatenskap van voorspoed en voed­

selsekerheid in Suid-Afrika te skep.

Statistieke Suid-Afrika het onlangs aan­

gekondig dat die ekonomie, na twee ag­

tereenvolgende kwartale waarin ‘n afname

beleef is, in die tweede kwartaal van 2017

‘n hupstoot gekry het vanweë 33,6% groei

in die landbousektor, wat 0,7% tot die

bruto binnelandse produk bygedra het.

Zokwana meen dié syfer kan egter nog

hoër wees en dat die landbousektor ‘n be­

tekenisvolle bydrae tot ekonomiese groei

en verhoogde werkskepping kan lewer.

“Die landbousektor het die meeste poten­

siaal om ekonomiese groei, werkskepping,

die uitwissing van armoede en die ver­

mindering van inkomste-ongelykheid te

dryf. Ons moet daarom almal saamwerk

om ‘n verenigde en getransformeerde land­

bousektor te skep wat voedselsekerheid

en ekonomiese voorspoed verseker,” sê

hy. Mnr Mooketsa Ramasodi, toe waarne­

mende direkteur-generaal van DAFF, meen

klimaatslim-landbou is die sleutel tot

die bevordering van voedselsekerheid in

Suid-Afrika.

Die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO)

van die Verenigde Nasies het klimaatslim-

landbou gedefinieer as produksiestelsels

wat produktiwiteit en veerkragtigheid

(aanpassing) volhoubaar verbeter, kweek­

huisgasse verminder en nasionale voedsel­

sekerheid vooruitneem.

Ramasodi sê klimaatslim-landbou is deel

van die Suid-Afrikaanse nasionale vlag­

skipprogram wat deur bewese praktiese

tegnieke geïmplementeer word en toe­

gepas word deur middel van programme

wat volhoubare landbou bevorder, soos

waterbewaringstegnologie wat die bio­

diversiteit van grond, water en voeding­

stowwe in ag neem.

Dit sluit bewaringslandbou in, wat geba­

seer is op die beginsels van minimum- of

geenbewerking, die bedekking van grond

deur ‘n deklaag, ‘n tussenverbouings­

program en die rotasie van gewasse;

geïntegreerde grondvrugbaarheid, on­

kruid-, pes- en siektebestuur en die opvang

van reënwater; geïntegreerde gewas- en

lewendehawebestuur, agrobosbou, agro-

ekologie, verbeterde weiding en beter wa­

terbestuur.

DAFF het die Nasionale Klimaatslim-land­

bou Strategiese Raamwerk ontwikkel om

leiding te gee met die implementering van

klimaatslim-landbou. Verskeie gesamentlike

navorsings- en ander projekte is ook deur

DAFF, die Landbounavorsingsraad (LNR),

die georganiseerde landbou, produsente-

organisasies, navorsings- en akademiese

instellings, nie-regeringsorganisasies en

ander tersaaklike rolspelers aangepak.

Ramasodi noem dat klimaatslim-landbou

noodsaaklik is omdat natuurrampe soos

droogtes en vloede in Suid-Afrika en wê­

reldwyd toeneem. “Dié rampe en uiterste

weerstoestande bedreig die produktiwiteit

van landbou, wat tot meer armoede en

ondervoeding lei.

“Wetenskaplike navorsing dui daarop dat

die Suid-Afrikaanse landbousektor ‘n reu­

se-impak met betrekking tot klimaatsver­

andering in vooruitsig het. Dié situasie het

verreikende gevolge vir samelewings, han­

del, werkskepping en voedselsekerheid.”

Hy beklemtoon dat boerderygemeen-

skappe – veral in landelike gebiede en

kleinboere – uiters weerloos is teen die

impak van klimaatsverandering. “Klimaat­

slim-landboupraktyke kan die risiko’s wat

kleinboere bedreig verminder en verligting

bring vir die uitwerking van uiterste

weerstoestande.

“Hoewel veerkragtigheid uiters belangrik

is, is klimaatslim-landbou meer omvattend.

Dit vereis groter innovasie en pro-aktiewe

optrede om die manier waarop geboer

word te verander en só aan te pas dat

dit produktiwiteit en voedselsekerheid

volhoubaar sal verbeter,” het hy gesê.

101

August 2018

Aktueel

Elizabeth Botha,

SA Graan/Grain

medewerker