DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႇႂ
Gevolglik is ʼn werkgroep bestaande uit mnre Beyers, Crawford von Abo, Du Bois
en Hawkins op 15 September 1993 saamgestel om alternatiewe metodes vir
befondsing van die WPO te ondersoek wat geïmplementeer kon word indien
statutêre heffings sou wegval.
In die aanloop tot die veranderings aan die Bemarkingswet van 1968 was winter-
graanprodusente van mening dat die statutêre eenkanaalbemarkingstelsel steeds
die beste metode vir bemarking van die Suid-Afrikaanse wintergraanoes, veral ko-
ring en gars, was. Die WPO se bestuur was van mening dat ʼn gelyke speelveld in
die bedryf slegs moontlik was indien die produsente gesamentlik kon beding.
Die Koringraad het die WPO se siening ondersteun deur die Kassier-komitee daar-
op te wys dat alle graanproduserende lande in die wêreld een of ander vorm van
beskerming aan sy produsente bied of beheer oor sy bemarkingstelsel uitoefen.
Die Koringraad het betoog dat die Wintergraanskema uitstekend daarin geslaag
het om die mark ten opsigte van wintergraan te orden. Die Kassier-komitee het
egter nie met dié siening saamgestem nie.
Nuwe Bemarkingswet
Op die WPO se Hoofbestuursvergadering van 26 Maart 1996 is kennis geneem van
die Wetsontwerp op die Bemarking van Landbouprodukte wat in die Staatskoerant
gepubliseer is. Die Wetsontwerp is ook tydens die vergadering van die Voorsitters-
komitee op 25 Junie 1996 bespreek, by welke vergadering kennis geneem is dat
die nuwe Bemarkingswet waarskynlik voor die einde van 1996 in werking sou tree.
Op 2 Oktober 1996 is die nuwe Wet op Bemarking van Landbouprodukte inderdaad af-
gekondig vir inwerkingtreding op 1 Januarie 1997. Dié wet, wat ingrypende verandering
teenoor die Bemarkingswet van 1968 ingevoer het, het ook baie druk op die winter-
graanbedryf geplaas om aanpassings ooreenkomstig die bepalings daarvan te maak.
Die Koringraad het ʼn besigheidsplan opgestel, soos vereis in terme van die Bemar-
kingswet van 1996. Die besigheidsplan is in sy geheel deur die WPO se strukture
bespreek en die WPO het volledige insette daarop gelewer. Daarbenewens het die
WPO se Hoofbestuur besin oor toekomstige bemarking van wintergraan en besluit
dat die WPO as ʼn produsente-organisasie nie by die bemarking van wintergraan
betrokke sal raak nie. Daar is besluit dat Unie Graan versoek sal word om ʼn winter-
graanbedryfskomitee binne Unie Graan se strukture te vestig waar koördinering ten
opsigte van die bemarking van wintergraan kon plaasvind.
Die WPO se Hoofbestuur het ook besluit dat die volgende twee versoeke in die
besigheidsplan opgeneem moet word:
• ʼn Versoek vir die instelling van ʼn statutêre heffing vir finansiering van navorsing; en
• ʼn versoek dat oorbruggingsfinansiering vir een jaar aan die WPO voorsien word.
Op aanbeveling van die Provinsiale WPO-kongresse is ook besluit dat die WPO
moes bly voorbestaan.
Ten einde die WPO in staat te stel om die belange van die wintergraanprodusente
behoorlik te kan behartig, het die organisasie by die Nasionale Landbou Bemar-
kingsraad (NLBR) aansoek gedoen vir registrasie as ʼn direk geaffekteerde groep.
In terme van die Wintergraanskema wat met die inwerkingtreding van die nuwe
Bemarkingswet gegeld het, was alle produsente verbied om hulle produkte aan
enige ander koper as die Koringraad te lewer. Dit sou in die 1997/1998-seisoen
beteken dat alle koring tot en met die beëindiging van die Wintergraanskema op
30 Oktober 1997 slegs aan die Koringraad verkoop kon word. Daarna sou dit egter
vryelik verhandelbaar wees, wat beteken het dat ʼn gedeelte van die oes in die
beheerde markomgewing verkoop moes word en ʼn gedeelte onder vryemarktoe-
stande. Ten einde die probleme wat dit geskep het aan te spreek, het die WPO se
Hoofbestuur die Koringraad versoek om die verbodsbepaling reeds vanaf 1 Sep-
tember 1997 op te hef. Die versoek is deur die Minister van Landbou goedgekeur.
Befondsing
Aanvanklik was die WPO deur middel van statutêre heffings, die sogenaamde
Artikel 35-heffings, befonds. Dit is egter met die afskaffing van die beheerrade