DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႆႈ
met hulle te vestig. Vir die 1998 NOPO-kongres is ’n “oop gesprek” oor die
toekoms van die oliesadebedryf by die program ingesluit, met uitnodigings
vir voorleggings aan die Oliepersersvereniging, AFMA, die Graan Silo Bedryf,
Safex en Agri Mark tendense. NOPO se Dagbestuur het ook besluit om die Voor-
sitter van NAMPO as openingspreker na die 1998 NOPO-kongres te nooi, sodat
reeds tydens dié Kongres in Februarie 1998, begin kon word om ʼn boodskap
van eenheid in die graanbedryf te vestig.
Besoek aan Minister Derek Hanekom
Op 15 Oktober 1998 het ’n NOPO afvaardiging ’n besoek by Minister Hanekom
afgelê. NOPO is verteenwoordig deur Pretorius, Vermaak en mnr Basie Ntsi-
mane. Die uitnodiging van die Minister vir toeligting, is op kort kennisgewing
ontvang en is die geleentheid benut om die Minister in te lig van die bydrae van
die oliesadebedryf in die plaaslike ekonomie, die skep van werksgeleenthede
en die ondersteuningsrol van NOPO binne die bedryf. Die geleentheid is verder
benut om die Minister in te lig van die NOPO ontwikkelingsprogram.
Besluitneming en mandate vir eenwording in die graanbedryf
Tydens die NOPO Kongres in Februarie 1998, is ’n eenparige mandaat deur
die Kongres aan die Hoofbestuur van NOPO verleen om voort te gaan met
samesprekings met NAMPO en ander bedryfsorganisasies, met die doel om ’n
enkele bediening struktuur vir graanprodusente te vestig.
Die Dagbesture van NOPO en NAMPO het op 19 Augustus 1998 te Bothaville ont-
moet, waartydens besin is oor sleutel elemente om die eenwordingsproses te laat
slaag. Tydens hierdie gesprek is bevestig dat beide die NOPO en NAMPO Kon-
gresse ’n mandaat verleen het om voort te gaan met ’n gesprek oor eenwording.
Goeie gesindhede tussen die leierskap van NOPO en NAMPO het positiewe
gesprekke moontlik gemaak. NOPO en NAMPO was egter twee totaal onafhank-
like organisasies, elk met hul eie kultuur en fokusareas, as gevolg van die ver-
skillende gewasse wat gedien is. Dit bly ’n pluimpie vir die destydse leierskap
dat verskille oorbrug kon word.
Vir die NOPO Dagbestuur was dit noodsaaklik dat in die model van, aanvank-
lik samewerking en later samesmelting, die beginsel van spesialis bediening
vir die onderskeie graan- en oliesade gewasse behou moes word. Binne die
NAMPO-stal was die fokus slegs op wit- en geel mielies, maar binne die NOPO
verwysingsraamwerk is drie bedrywe (sonneblom, sojabone en grondbone)
egter bedien.
Die NOPO Hoofbestuur het besluit dat ewewigtige bediening vir al drie oliesade
moet plaasvind en het die NOPO Kongres ook die praktyk gevestig dat wegbreek-
groepe vir sonneblom, sojabone en grondbone plaasvind, sodat bedryfspesifieke
sake hanteer kon word. Vir NOPO was dit dus ’n kernelement van die gesprek oor
eenwording, dat oliesade steeds per gewas in ’n nuwe organisasie bedien sou word.
Die Grondwet wat uiteindelik deur Graan SA aanvaar is, het spesifiek voorsie-
ning gemaak vir Spesialiswerkgroepe binne Graan SA en dat kundigheid in die
Hoofbestuur gekoöpteer kon word, indien daar nie voldoende kundigheid vir ’n
bedryfsektor onder verkose hoofbestuurslede was nie.
1999: Afsluiting van NOPO en stigting
van die Graanprodusente-organisasie
Gedurende die eerste semester van 1999 is gefokus op finale reëlings vir die
uitfasering van NOPO as bedryfsorganisasie. Talle vergaderings het plaas-
gevind om die oorgang en afsluiting só te hanteer dat die belange van oliesade-
produsente steeds in die proses gedien sou word.
Die nuwe bedryfstrukture wat na die sluiting van die Oliesaderaad gevestig
is, was ook aktief en NOPO het deur sy verteenwoordigers ’n konstruktiewe
bydrae gelewer in die nuwe Oliesadetrust, Oliesade Advieskomitee, Navorsings-
prioriteitskomitee, Sonneblom- en Sojaboonforum, asook die Grondboneforum.