DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႆႄ
Sonneblomsaad word uitgevoer
Die uitvoer van 100 000 ton sonneblomsaad is in die eerste semester van 1996
goedgekeur. Dit was die eerste geleentheid sedert die vroeë tagtiger jare, dat son-
neblom uit Suid-Afrika verkeep is. Die uitvoer van sonneblom is as gevolg van die
massa volume verhouding as onekonomies beskou, maar het die skerp daling van
die rand/dollar-wisselkoers met ’n sterk vraag in Europa, die uitvoer van sonne-
blom winsgewend gemaak.
Implementering van die Wet op
Bemarking van Landbouprodukte: 1997
Gedurende 1996 het die Nasionale Party uit die regering vir Nasionale Eenheid
onttrek en het die destydse Minister van Landbou, dr AI van Niekerk, sy pos ont-
ruim. Die Regerende Party (ANC) het besluit om Minister Hanekom as die nuwe
Minister van Landbou en Grondsake aan te stel. Een van die eerste prioriteite
van die nuwe Minister was om die Wet of Bemarking van Landbouprodukte
(Wet 47 van 1996) te finaliseer.
Die dereguleringsproses van die oliesadebedryf is gedurende 1997 afgehandel
met die uitfasering van die Oliesaderaad op 30 September 1997. Dit is vooraf-
gegaan deur uitgebreide onderhandelinge tussen rolspelers in die bedryf, ter
voorbereiding van die besigheidsplan vir die oliesadebedryf wat vir goedkeu-
ring aan die Minister van Landbou voorgelê moes word.
Die nuwe wetgewing het nie slegs nuwe reëls vir die bemarking van landbou-
produkte daargestel nie, maar dit was ook die einde van ʼn era waar produsente
deur hulle betrokkenheid in die onderskeie beheerrade beleidsbesluite kon rig.
In terme van die Wet, moes alle bates en reserwes van die Oliesaderaad aan die te
stigte Oliesadetrust oorgedra word. Uit ʼn produsenteperspektief was die ervaring
dat bates en reserwes wat deur statutêre heffings van produsente gevorder is, in
effek deur die nuwe Bemarkingswet van produsente vervreem is. Produsente sou
in die toekoms slegs een van vele “geaffekteerde groepe” wees wanneer binne die
bedryfstrukture oor die aanwending van hierdie fondse besluit sou word. Die Be-
markingswet het dus ook ʼn einde gemaak aan die vermoë van bedryfsorganisasies
om hulself deur statutêre heffings te befonds.
NOPO het in Maart 1997 verkennende gesprekke met beide NAMPO asook die
DPO (Droëbone Produsente-organisasie) gevoer oor moontlike samewerkings-
ooreenkomste. Uiteindelike sou die NOPO leierskap besluit het dat daar meer
sake in gemeen was met NAMPO as die DPO. Gesprekke het gevorder van ’n
debat oor samewerking, tot samesmelting tussen NOPO en NAMPO.
Herstrukturering van die Oliesadebedryf
In terme van die besigheidsplan vir die oliesadebedryf is ooreengekom dat die
Oliesaderaad alle funksies op 30 September 1997 sou afsluit. Die Oliesaderaad
wat in 1952 gestig is, se werksaamhede is dus na 45 jaar beëindig. In die besig-
heidsplan wat die Oliesaderaad aan die Minister voorgelê het, is voorsiening
gemaak vir die volgende strukture wat na die sluiting van die Raad na die bedryf
se belange sou omsien, naamlik:
• Die Olie- en Proteïensade Ontwikkelingstrust (OPOT)
Die Trust is op 18 September 1997 geregistreer. Die hoof doelstelling van die
Trust was die bevordering van die oliesadebedryf in Suid-Afrika. Trustinkom-
ste en kapitaal sou slegs aangewend word vir navorsing, inligting en steun-
dienste in die belang van die bedryf. Die akte het voorsiening gemaak vir die
aanstel van sewe Trustees, waarvan een verteenwoordiger van die Minister.
• Oliesade Advieskomitee (OAK)
Die Advieskomitee, bestaande uit tien verteenwoordigers van die bedryf, het op
1 Desember 1997 die eerste keer vergader. Die Advieskomitee moes in terme
van die akte deur die trustees geraadpleeg word, voordat oor enige versoeke
vir finansiële steun besluit is. Die Advieskomitee was in terme van die akte