DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႆႆ
Rolspelers het die voortsetting van die tegniese dienstefunksie as noodsaaklik
beskou. Verskeie alternatiewe is ondersoek en daar is besluit om die funksie na
die PPECB oor te dra. Die Minister van Landbou het die oorplasing vanaf 1 Sep-
tember 1997 goedgekeur.
• Likwidasiekomitee van Oliesaderaad
’n Likwidasiekomitee het na 30 September 1997, die reëlings vir die afhan-
deling van die uitstaande sake van die Raad hanteer. Mnr Gert Pretorius,
Voorsitter van NOPO en destydse Ondervoorsitter van die Oliesaderaad, het
in die Likwidasiekomitee gedien.
Gesprekke oor samewerking tussen NOPO en NAMPO
Reeds vanaf Maart 1997 is gesprekke op beide administratiewe en beleidsvlak tus-
sen NAMPO en NOPO gevoer. Die doel van hierdie gesprekke was om modelle vir
toekomstige samewerking te ontwikkel. Dit was van meet af duidelik dat daar baie
in gemeen tussen NAMPO en NOPO was, aangesien ’n gedeelde visie bestaan het
om die ekonomiese lewensruimte van mielie- en oliesadeprodusente te bevorder.
Die NOPO Hoofbestuur het op 14 Oktober 1997 aanbevelings vir samewerking met
NAMPO goedgekeur. Die Voorsitters van NAMPO en NOPO, Gert Pretorius (NOPO)
en Japie Grobler (NAMPO) het daarna die amptelike samewerking tussen die twee
organisasies op 24 November 1997 met ’n mediaverklaring bekend gemaak. Die
mediaverklaring het spesifiek vermeld dat NOPO en NAMPO steeds afsonderlik
bestuur word en oliesade- en mielieprodusente deur ledegelde moes bydra om
strukture te befonds.
NOPO ledewerwing 1997
Die NOPO Kongres het in Februarie 1997 die beginsel goedgekeur dat die organisa-
sie in die toekoms befonds moes word deur ’n vrywillige bydrae, by die eerste punt
van verhandeling. Die NOPO Kongres sou jaarliks ’n besigheidsplan en begroting
vir dienste aan oliesade produsente goedkeur. Die NOPO Hoofbestuur het op
14 Oktober 1997 voorstelle vir die invordering van ’n vrywillige bydrae as lede-
gelde goedgekeur. Die metodiek van vordering het voorsiening gemaak dat die
Graan Silo bedryf en private kopers die invordering hanteer met die voorbehoud
dat produsente ’n skriftelike mandaat vir die aftrekking onderteken het. Die vrywil-
lige heffing vir die 1998 seisoen is as volg bereken:
• Sonneblom teen R2,60/ton
• Sojabone teen R2,81/ton
• Grondbone teen R5,19/ton
Bogemelde was bereken op 0,22% van die beraamde omset en prys vir die onder-
skeie gewasse.
Die NOPO Hoofbestuur het die beginsel goedgekeur dat ’n bedrag van R30 vir elke
voltooide lidmaatskap aansoekvorm aan lede werwers uitbetaal word, met ’n borg-
skap ooreenkoms om werwingsaksies te ondersteun.
Die metode van ’n vrywillige bydrae per ton as ledegelde by die eerste punt
van verhandeling, was ’n eerste vir landbou. Produsente was gewoond aan
statutêre heffings wat sonder ’n skriftelike mandaat gevorder kon word. Die
oorgang na ’n stelsel waar ’n mandaat afgeteken moes word om vrywillige as-
sosiasie te bevestig het unieke uitdagings gebied. Ooreenkomste is met ko-
pers en koöperasies aangegaan maar is die proses verder bemoeilik aangesien
tradisionele koöperasie grense vir die lewering van produkte vervaag het in ’n
vryemark omgewing.
Die proses van skakeling en kommunikasie met landbou besighede en oliesade-
produsente het egter die bewustheid gevestig vir ’n stelsel van vrywillige heffings,
wat later suksesvol deur Graan SA geïmplementeer is. Hoewel die stelsel binne die
NOPO strukture aanvaar is, het die implementering van die stelsel nooit werklik van
die grond gekom nie, nadat bekendgemaak is dat NOPO en NAMPO ’n samewer-
kingsooreenkoms gesluit het. (Mediaverklaring, November 1997)