Table of Contents Table of Contents
Previous Page  34 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 34 / 116 Next Page
Page Background

32

BYDRAE TOT LANDBOU

Die CRC ondersoek die huidige aanpasbaarheid van mielies en koring

ten opsigte van verwagte toekomstige klimaatsimpak, en werk aktief

daaraan om die uitwerking van hierdie impak met behulp van telings-

benaderings te verminder. Die konsortium beoog ook om streekspesi-

fieke inligting oor verwagte klimaatsveranderingimpak te verskaf.

BEWARINGSLANDBOU

Graan SA, met die finansiële ondersteuning van die Mielietrust en

Wintergraantrust, het ’n Boere-innoveringsprogram vir Bewarings-

landbou (BIP-BL) begin om bekommernisse oor buitensporig hoë

gronddegradasiekoerse, winsgewendheid en armoede in graanpro-

duserende gebiede te ondersoek.

Vordering en belangrikste prestasies

Terugvoer en waarnemings tydens BIP-BL-uitreik- en bewusmakings-

aktiwiteite in 2019 het getoon dat daar die afgelope ses jaar geweldige

belangstelling onder graanprodusente en ander belanghebbendes

ontwikkel het. Die innoveerders en vroeë gebruikers (met ander woorde

produsente, aktiewe navorsers en joernaliste) is aan die voorpunt van

die proses. Die BIP-BL is een van die sleutelinisiatiewe wat hierdie

proses ondersteun, en is prominent geposisioneer om die interaksie

tussen produsente en ander sleutelbelanghebbendes te fasiliteer.

Die BIP-BL by Graan SA het verskeie inisiatiewe en projekte vir BL

met sukses ontwerp, geïmplementeer en bestuur. Die projekte word

grotendeels deur die Mielietrust, en in ’n mindere mate deur die

Wintergraantrust, befonds. Die BIP-BL het sy sesde jaar (seisoen)

agter die rug en beduidende momentum is reeds in die huidige

seisoen opgebou.

Een van die groot bronne van BL-inligting wat suksesvol benut word, is

die BL-verwante artikels wat gepubliseer word, veral in die

SA Graan/

Grain

-tydskrif. Ander gewilde tydskrifte (byvoorbeeld

Landbouweek-

blad

,

Farmers Weekly

en

Veeplaas

) is baie ondersteunend om hierdie

proses te versnel. Toegang tot al die artikels in

SA Graan/Grain

kan deur

die Graan SA-webwerf verkry word.

Verskeie bewusmakingsgeleenthede, byvoorbeeld jaarlikse konferen-

sies en boeredae, is gehou of ondersteun. Hierdie gebeure word

beskou as geleenthede om die beste plaaslike en internasionale

praktyke te deel oor hoe BL-beginsels in spesifieke kontekste aange-

pas is. ’n Aantal suksesvolle bewusmakingsgeleenthede is in hierdie

tydperk gehou, byvoorbeeld die Vrede-produsentedag by Ascent-

silo's, en ook die Ottosdal- en Reitz-konferensies. Laasgenoemde is

in samewerking met die Ottosdal Geenbewerkingklub, die Riemland-

studiegroep,

Landbouweekblad

en VKB aangebied.

Die ontwikkeling van ’n reeks BL-video’s (

Shepherds of the soil

) wat

suksesvolle BL-produsente en belangrike beginsels beklemtoon,

is in November 2016 bekend gestel. Vier nuwe video’s is in 2019

gemaak, en al die video’s is op die Graan SA-webwerf beskikbaar.

Die implementering van BL-navorsing op plase en ontwikkelings-

projekte onder kommersiële en kleinskaalse boere word as belangrike

intervensies in die aanpassing van BL by verskillende kontekste

in Suid-Afrika beskou. ’n Aantal projekte word tans in verskillende

studiegebiede geïmplementeer en volg ’n stelselbenadering, wat

boere as belangrike deelnemers aan die innoveringsproses betrek

en proewe op plase as een van die instrumente vir navorsing en

aanpassing gebruik. Met kommersiële produsente word sleutelpro-

jekte in Noordwes (saam met die Ottosdal Geenbewerkingsklub), in

die noordoos-Vrystaat (saam met die Ascent-studiegroep) en by Reitz

(saam met die Riemland-studiegroep) geïmplementeer.

Met kleinskaalse boere is BL-projekte in al drie studiegebiede,

naamlik Bergville (KwaZulu-Natal), die KwaZulu-Natal Middellande

en suidelike KwaZulu-Natal, asook in Matatiele (Oos-Kaap) geïm-

plementeer. Op hierdie stadium toon hierdie projekte merkwaardige

sukses, vordering en impak, en belangrike mylpale is bereik.

Te midde van verskillende ernstige omgewingsbedreigings en die

swak ekonomiese situasie van talle graanprodusente is ’n groter

dringendheid geïdentifiseer om BL baie vinniger by verskillende

plaaslike situasies aan te pas.

CONTRIBUTION TO AGRICULTURE

The CRC is investigating the current resilience of maize and wheat

to expected future climatic impacts and is actively working toward

decreasing the effects of these impacts using breeding approaches. In

addition, the consortium aims to provide region-specific information on

expected climate change impacts.

CONSERVATION AGRICULTURE

Grain SA, financially supported by the Maize Trust and the Winter

Cereal Trust, established a Conservation Agriculture Farmer Innovation

Programme (CA FIP) to address concerns about excessively high soil

degradation rates, profitability and poverty in grain producing regions.

Progress and major achievements

Feedback and observations during CA FIP outreach and awareness

activities in 2019 showed that an enormous interest has been

developed among grain producers and other key stakeholders

during the last six years. It has been the innovators and early

adopters (i.e. producers, active researchers and journalists) who are

leading this process. The CA FIP has been one of the key initiatives

supporting this process, prominently positioned to facilitate the

interaction between producers and other key stakeholders.

The CA FIP at Grain SA has successfully designed, implemented

and managed various CA initiatives and projects, mostly funded by

the Maize Trust and to a lesser extent by the Winter Cereal Trust. The

CA FIP has completed its sixth year (season) and significant

momentum has already been built into the current season.

One of the prime sources of CA information that has continued

successfully, is the amount of CA related articles published,

especially in the

SA Graan/Grain

magazine. Other popular

magazines (e.g.

Landbouweekblad

,

Farmers Weekly

and

Stock

Farm

) have been very supportive to accelerate this process. All the

articles in

SA Graan/Grain

can be accessed through the Grain SA

website.

Various awareness events were held or supported, such as annual

conferences and farmers’ days. These events are seen as opportunities

to share best local and international practices on how CA principles

have been adapted in specific contexts. A number of successful

awareness events were held in this period, especially the Vrede Farmers

Day at Ascent silos, as well as the Ottosdal and Reitz conferences, the

latter two jointly done with Ottosdal No-till Club, Riemland Study Group,

Landbouweekblad

and VKB.

The development of a series of CA videos (Shepherds of the soil)

highlighting successful CA producers and important principles, was

launched in November 2016. Four new videos were finalised in 2019

and all these videos are available on the Grain SA website.

The implementation of on-farm CA research and development

projects among commercial and smallholder farmers are seen as

key interventions in the adaptation of CA in different contexts in

South Africa. At the moment a number of projects are implemented

at various study areas, which follow a systems approach, involving

farmers as key actors in the innovation process, using on-farm

trials as one of the tools to research and adapt. With commercial

farmers, key projects are implemented in the North West Province

(with the Ottosdal No-till Club), in the north-eastern Free State

at Vrede (with the Ascent Study Group) and at Reitz (with the

Riemland Study Group).

With smallholders, CA projects have been implemented at three study

areas, namely Bergville (KwaZulu-Natal), KwaZulu-Natal Midlands

and southern KwaZulu-Natal as well as in Matatiele (Eastern Cape). At

this stage these projects have shown remarkable success, progress

and impact with significant milestones being achieved.

Amidst the various serious environmental threats and dire economic

situation of many grain producers, a greater urgency has emerged

to adapt CA in various local situations much faster.