Table of Contents Table of Contents
Previous Page  33 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 33 / 116 Next Page
Page Background

31

en die bedryf indringerplae en patogene se binnekoms in Suid-Afrika

moet identifiseer en bestuur, aangesien gewasverliese nasionale

voedselsekerheid bedreig.

Klimaatsaanpasbaarheid

Daar word toenemend voorspellings gemaak oor hoe klimaats-

toestande in die komende jare sal verander, maar hierdie voorspellings

sal betekenisloos wees as strategieë om by hierdie toestande aan te

pas, nie in plek is nie. Ten einde te verseker dat produsente – veral

kleinskaalse produsente – sal voortgaan om volhoubaar te wees, is

die Klimaataanpasbaarheidskonsortium (CRC) gestig. Navorsers van

Sensako, Rhodes Universiteit (RU) en Universiteit Stellenbosch (US)

werk saam om klimaataanpasbare mielielyne met meer voedingswaarde

en beter siekteweerstandigheid te teel.

Hierdie lyne word dan by die ultramoderne verhoogde-CO

2

-fasiliteit by

die RU aan die hand van voorspelde toekomstige toestande geëvalueer.

Gedurende die afgelope jaar is daar ’n paar opwindende treë vorentoe

gegee toe koring ook bygevoeg is (onder leierskap van die Universiteit

van Fort Hare). Dit word tans by die RU geëvalueer. Studies oor die kort-

tot mediumtermynuitwerking van klimaatsverandering en aanpassings

word ook deur navorsers by die Universiteit van Kaapstad gedoen.

UITBREIDING VAN MIELIES SE GENETIESE

VERANDERLIKHEID VIR HITTE EN DROOGTE

Nuwe mieliekiemplasma met materiaal van die LNR en CIMMYT word

tans gebruik om die hitte- en droogteverdraagsaamheid van Suid-

Afrikaanse kultivars te verhoog. Die grootte van die telingsprogram word

uitgebrei om groter keuringsintensiteit moontlik te maak, te verseker dat

daar voldoende genetiese verandering is, die akkuraatheid van seleksie

te verhoog, en instrumente vir die ondersteuning van besluitneming te

verbeter. Die klem van hierdie telingsprogram is om materiaal te verskaf

wat vir kleinskaalse produsente nuttig sal wees, hoewel die materiaal tot

alle produsente in Suider-Afrika se beskikking sal wees.

MIELIES EN KORING SE REAKSIE OP DROOGTE ONDER

TOEKOMSTIGE KLIMAATSTOESTANDE

Die verhoogde-CO

2

-fasiliteit by die RU maak dit moontlik om gewasse

onder toekomstige klimaatstoestande, met ander woorde verhoogde

CO

2

en hoër temperature, te toets. Tot dusver lyk dit asof verhoogde

CO

2

mielies se droogteverdraagsaamheid verhoog, maar dit verlaag die

opbrengs en voedingswaarde. Koringgenotipes word tans geëvalueer.

Klimaataanpasbare lyne wat tot dusver geteel is, sal in die toekoms by

hierdie fasiliteit getoets word om seker te maak dat gewasse voorspelde

klimaatstoestande kan weerstaan.

KLIMAATSRISIKO

Klimaatsrisiko word omskryf as die risiko voortspruitend uit klimaatsver-

andering en wat natuurlike en menslike stelsels en streke aantas.

Produsente kan hierdie risiko’s bestuur deur ingeligte besluite oor

gewaskeuse, plantdatums, bemestingsbehandeling en siektebestuur-

strategieë te neem. Die bestuur van klimaatsrisiko’s verg egter ’n deeg-

like begrip van ’n produsent se spesifieke boerderypraktyke en die

streek se klimaatstoestande. Ten einde nuttige inligting te produseer

oor klimaatsrisiko’s en hoe om dit te bestuur, is belanghebberinteraksie

noodsaaklik. ’n Projek is tans aan die gang om klimaatsrisiko’s vir belang-

rike (en miskende) mielieproduksiegebiede van Suid-Afrika te evalueer.

VENSTER VIR MIELIE-AANPLANTINGS

Reënvalpatrone sal na verwagting beduidend deur klimaatsveran-

dering geraak word, en daar word voorspel dat dit tot ’n afname in die

getal reëndae en langer droë tye sal lei. Hierdie verskynsel is in die

2018/2019-seisoen algemeen in Suid-Afrika waargeneem, aangesien

die gebrek aan reën tydens optimale plantvensters plantdatums

vertraag het – tot op die punt waar heelwat van die aanplantings buite

die normale plantvensters plaasgevind het. Die Graannavorsing- en

Beleidsentrumspan is tans besig om ’n projek te loods om die impak van

laat aanplanting van mieliekultivars te ondersoek – veral ten opsigte van

opbrengs, gehalte en fisiologiese reaksies.

Climate resilience

Predictions of how climatic conditions will change in the coming years

is becoming increasingly available; however, these predictions will

be meaningless if strategies to adapt to these conditions are not in

place. In order to ensure that producers will continue to be sustainable,

specifically smallholder producers, the Climate Resilience Consortium

(CRC) was founded. Researchers from Sensako, Rhodes University

(RU) and Stellenbosch University (SU) are collaborating to breed climate

resilient maize lines with increased nutritional value and improved

disease resistance.

These lines will then be evaluated under predicted future conditions

at the state-of-the-art elevated CO

2

facility at RU. The past year has

seen some exciting strides forward in this consortium as wheat was

also added (under the leadership of the University of Fort Hare) and is

currently being evaluated at RU. Furthermore, studies concerning the

short to medium term effects of climate change and adaptations are

also being conducted by researchers from the University of Cape Town.

EXPANDING MAIZE GENETIC VARIABILITY

FOR HEAT AND DROUGHT

New maize germplasm using material from the ARC and CIMMYT is

currently being used to increase heat and drought tolerance of South

African cultivars. The size of the breeding programme is being increased

to enable higher selection intensity, ensure adequate genetic variation,

increase accuracy of selection, accelerate breeding cycles and improve

decision support tools. The emphasis of this breeding programme is to

deliver material which will be useful to smallholder producers, although

the material will be available to all producers in Southern Africa.

MAIZE AND WHEAT DROUGHT RESPONSE UNDER

FUTURE CLIMATIC CONDITIONS

The elevated CO

2

facility at RU enables testing of crops under future

climatic conditions – i.e. increased CO

2

and increased temperatures.

Thus far it seems that elevated CO

2

increases maize drought

tolerance, however, this comes at a cost to yield and nutritional value.

Wheat genotypes are currently being evaluated. In future, climate

resilient lines bred thus far will be tested at this facility to ensure

crops can withstand predicted climatic conditions.

CLIMATE RISK

Climate risk is defined as the risk resulting from climate change and

affecting natural and human systems and regions. Producers can man-

age these risks by making informed decisions regarding crop choice,

planting date, fertiliser application and disease management strategies.

However, to manage climate risks require a sound understanding of a

producer’s specific farming practices and the region’s climatic condi-

tions. In order to produce useful information regarding climate risks and

how to manage them, stakeholder interaction is essential. A project is

currently being conducted to assess climate risks for important (and

overlooked) maize production regions in South Africa.

MAIZE PLANTING WINDOW

Rainfall patterns is expected to be significantly impacted by climate

change and is predicted to lead to decreases in the number of

rainy days and increased duration of dry spells. This phenomenon

was widely observed in South Africa during the 2018/2019 season,

as lack of rainfall during optimal planting windows led to delayed

planting dates; to the point where much of the planting took place

beyond normal planting windows. The Grain SA Research and Policy

Centre team launched a project to investigate the impact of late

planting of maize cultivars, specifically addressing yield, quality and

physiological responses.