Background Image
Previous Page  6 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 84 Next Page
Page Background

4

d

ie vroeë reën in die noorde laat ‘n mens sommer

effe skuldig voel as jy dink aan die Wes-Kaap wat elke

dag wonder hoe hulle damme vol gaan word en hoe

hulle die seisoen gaan deurleef sonder water.

Daar was lank laas voor planttyd soveel onsekerheid

in die mark.

Wat staan ons te doen? Dat ons minder moet plant, is gewis, maar

hoeveel minder en waarvan moet ons meer plant? Dít is die debatte

om die kampvuur. Graan SA en al wat rolspeler in die mark is, kan

raad gee, maar jy is al een wat die finale besluit kan neem.

Dit is maar ‘n alleen plek om te wees wanneer só ‘n besluit ge-

neem moet word. Die reën wat vroeg gekom het, het alles boonop

vervroeg.

Gedurende die afgelope maand was daar ‘n kritiese grondhervor-

mingshofsaak waarby Graan SA via Agri SA betrokke was. Die saak

was ‘n appèl op ‘n uitspraak dat die markwaarde van grond wat

vir grondhervorming onteien is, met ‘n arbitrêre 20% deur die

regter verlaag is as die eienaar se sogenaamde bydrae tot grond-

hervorming.

Daar is geensins by ‘n antwoord uitgekom oor wat die Grondwet

bedoel met ‘n regverdige en billike vergoeding nie, maar dit is nie

sommer net so duimsuig-afslag op markwaarde nie; dit is verseker!

Die manier waarop die regerende party die opvolging van leier-

skap hanteer, gaan ‘n massiewe invloed hê op die getal stemme

wat hulle in 2019 gaan kry. Dit gaan bepaal of hulle weer alleen die

geleentheid gaan hê om die land te regeer en of hulle dit in koalisie

met ‘n ander party sal moet doen.

Dit is juis hier waar die knoop in die derm lê. Gaan dit ‘n blou of

rooi koalisie wees? Hierdie koalisie-sprong kan uiters bepalend vir

landbou en eiendomsreg in Suid-Afrika wees. ‘n Blou koalisie sal

waarskynlik nie die Grondwet wil verander nie en ‘n rooi koalisie

gaan hopelik nie genoeg steun kry om dit te verander nie.

Hoe dit ook al sy, dit bly groot risiko’s. Daar word gedurig daar-

oor gespekuleer. Wat al die scenario’s vir my sê, is: Beplan vir alles,

maar om pad te gee uit die land, bly steeds nie ‘n opsie nie.

Met die skrywe van die artikel was die 2017 Agri SA Kongres

op hande. Dit is asof hierdie gees van verdeeldheid nie net ons

politieke leiers beetgepak het nie, maar ook in georganiseerde

landbou kop uitsteek.

Is daar dan geen plek meer oor waar sake net normaal kan

verloop nie? Seker nie. As die druk in ons huis hoog geraak het, het

ons mekaar altyd gewaarsku om versigtig met mekaar om te gaan.

Die reël geld sekerlik ook vir georganiseerde landbou. Kom ons raak

nie met mekaar besig terwyl Rome brand nie.

My bekommernis is dat ons in die proses goeie leiers, wat net

eenvoudig nie kans sien om van hulle eie tyd en energie (gratis)

te gee om dag vir dag nie net met die regering besig te wees nie,

maar ook met kollegas in eie geledere, kan verloor. Dit is uit-

mergelend.

Ek wonder hoe lank dit gaan neem voor ons eie visepresident

Ramaphosa dalk ook gaan besluit dit is veel aangenamer om

onder die bome te sit en kyk hoe sy buffels se horings groei as

om dag vir dag die sorge van ‘n land en sy mense te dra. Kom ons

hoop dat hy uithou!

Wat staan ons te doen?

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Graan SA en al wat

rolspeler in die mark

is, kan raad gee, maar

jy is al een wat die

finale besluit

kan neem.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

November 2017