Background Image
Previous Page  3 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 84 Next Page
Page Background

1

November 2017

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Nelus Bantjes, dr Annelie Barnard, Johan Bezuidenhout, Stefan Boshoff, Pietman Botha, Valerie Celliers, Jannie de Villiers, prof Attie Gerber, Hesta Hatting,

dr Belinda Janse van Rensburg, ds Koos Kirsten, Helenus Kruger, Louise Kunz, Corné Louw, dr Roger McCallum, Jurie Mentz, Ruth Schultz, Gerrie Smit, dr Johann Strauss,

Dirk Strydom, dr Scott Sydenham, dr Johan van Biljon, Luan van der Walt, Annelie van Deventer, Madelaine van Heerden en Theo Venter

o

ns is besig om die huis op te knap. Maar ooooo my aarde:

Wat ‘n deurmekaarspul! Ons gesinnetjie het vir drie weke

in die televisiekamer ‘n groot kermisbed gedeel – wat (ek

moet erken) toe eintlik heel avontuurlik was.

Die geharwar en gesoekery na goed het soms gedreig om my onder

te kry. En hoe besluit ‘n mens watter teëls om in die kombuis en die

badkamer te gebruik as daar soveel opsies is? My kop het behoorlik

gedraai!

So ‘n gebou-en-brekery bied natuurlik ’n ideale geleentheid om

bietjie huis en kaste skoon te maak en onnodige items uit te gooi. Dít

was vir my as ‘n sentimentele siel taamlik moeilik. Ek het ‘n hele paar

onthoubokse waarin briefies, kaartjies, verdroogde blommetjies

(wat ek nie eers meer weet van wie af nie) en sjokoladepapiere van

boyfriends

gebêre is. Wat ‘n

trip down memory lane

was dit nie!

Daar was alles van troukaartjies (van mense wat intussen geskei is),

begrafnisbriewe tot doop- en 21ste verjaarsdagkaartjies daarin.

Die kaartjies en briefies wat ek van my oumas af gekry het, in hul

unieke handskrif, het my laat sluk aan ‘n knop in my keel en ek

moes dit net eenvoudig weer bêre – weliswaar in ‘n heelwat kleiner

onthouboks.

Nuwe seisoen

Ek reken ook graanprodusente se koppe draai behoorlik hierdie sei-

soen van al die besluite wat geneem moet word oor hoeveel van

watter gewas aangeplant moet word. Soos wat Jannie de Villiers

tereg in sy rubriek

Graan SA Standpunt

op bladsy 4 skryf:

“Daar was lank laas voor planttyd soveel onsekerheid in die mark.

Wat staan ons te doen? Dat ons minder moet plant, is gewis, maar

hoeveel minder en waarvan moet ons meer plant? Dít is die debatte

om die kampvuur. Graan SA en al wat rolspeler in die mark is, kan

raad gee, maar jy is al een wat die finale besluit kan neem.”

Op bladsy 40 gee Luan van der Walt (Graan SA) ‘n seisoensoorsig

en neem die oorwegings vir die komende seisoen onder die loep.

Daar word veral gekyk na die vraag na sojabone, hoe jy risiko kan

bestuur en verliese kan beperk en hy noem ook die faktore waar-

op produsente moet let wanneer hulle besluite in die komende

seisoen neem.

Produsente belê in die beste bekostigbare genetika, volg bestuurs-

programme vir inentings, dip en dosering noukeurig, maar ontsluit

ons die jong diere se genetiese potensiaal optimaal? Dít is die vraag

waarmee Annelie van Deventer (Feedtek) produsente op bladsy 58

konfronteer en verduidelik waarom dit nodig is om kruipvoeding

vir jong herkouerdiere te gee.

Sterkte aan elke produsent met die besluite wat in die nuwe seisoen

geneem moet word.

Groetnis

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Ontmoet ons

medewerkers...

P

ROF ATTIE GERBER

(dosent aan die Noordwes-

Universiteit), wat ook ‘n beoordelaar in die

Graan SA/Sasol fotokompetisie is, gee op

bladsy 28

(in ons eerste buitelewe en reis-fokus)

vir ons ‘n blik op die Vredefort koepel. Hy verduide-

lik wat die leek se koepel, die sigbare koepel en die

wetenskaplike koepel is en die ongelooflike foto’s

wat in die artikel gebruik is, maak ‘n mens sommer

lus om vir ‘n naweek daarheen weg te breek.

B

aie geluk aan elke produsent wat ‘n toekenning

tydens die jaarlikse Graan SA-toekenningsfunk-

sie ontvang het.

RUTH SCHULTZ

(S

A Graan/Grain

medewerker

) het die glansgeleentheid in Oktober

vanjaar bygewoon – meer daaroor op

bladsy 12

.

Lees gerus ook meer oor elke kategoriewenner

in die uitgawe (

bladsy 14

tot

bladsy 18

) en kyk

op

bladsy 19

wie van die graanbedryf saam fees

gevier het.

G

rondkompaksie is ‘n aspek wat volgens

PIETMAN BOTHA

(

SA Graan/Grain

medewer-

ker) algemeen deur produsente oor die hoof gesien

word en sodoende word, sonder dat hulle dit

besef, heelwat opbrengs prysgegee. Op

bladsy 36

skryf hy meer oor die stil opbrengsdief wat soms

‘n ander baadjie dra.

Regstelling

D

ie artikel in verlede maand se uitgawe

Lesse geleer uit die 2016/2017-plantsei-

soen

” –

op bladsy 74

– wat die uitdagings wat in

die vorige plantseisoen voorgekom het, uitgelig

en produsente aangeraai het om te probeer om

dié foute hierdie seisoen te vermy, is deur

AK GELDENHUYS

(produklandboukundige:

Weste, Pannar Saad) geskryf en nie deur Sakkie Koster soos

berig nie. Jammer vir enige ongerief of verwarring wat dit

veroorsaak het. –

Red.

J

URIE MENTZ

is op Vryheid gebore en

het op Louwsburg en later op Vryheid

skoolgegaan. Hy het aan die Technikon

Pretoria ‘n landbousertifikaat (Diereproduk-

sie) behaal en in 1987 vir sy pa begin boer.

Na agt jaar het hy sy eie grond gekoop en

het hy ‘n saaiboerdery met bosbou, beeste

en blomboerdery bedryf. “Na ‘n grondeis in

2007 het dit gevoel asof alles in duie stort,

maar ek is deur Graan SA genader om te help met landbou-ontwik-

keling. ‘n Nuwe wêreld het vir my oopgegaan, want ek boer nou op

‘n groot aantal plase en maak ‘n verskil in ‘n verskeidenheid mense

se lewens. Dít is vir my lekker om op so ‘n manier ‘n verskil in an-

der mense se lewens te maak,” vertel hy. Jurie is getroud met Niekie

en hulle het twee seuns en ‘n dogter – wat sy grootste rykdom is.

Wanneer hy ‘n kansie kry, vang hy graag vis – varswater of in die see,

maar tiervis vang bly volgens hom die lekkerste.

Op

bladsy 8

vertel hy van die vervulling wat dit meebring om by die

Jobs Fund-projek betrokke te wees.