Background Image
Previous Page  9 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 9 / 84 Next Page
Page Background

KANTLYN

Op die

Die geskatte mielie-oordragvoorraad vir die einde van die

2017/2018-bemarkingseisoen is ongeveer 4,5 miljoen ton.

Die vyf jaar gemiddelde plaaslike mielieverbruik is ongeveer

10,9 miljoen ton. Die mielie-eindvoorraad is dus 41% van die

gemiddelde plaaslike mielieverbruik.

– Die Suid-Afrikaanse Graan en Oliesade vraag-en-aanbodskattingskomitee

(S&DEC) en SAGIS

41%

7

November 2017

DS KOOS KIRSTEN

WOORD

Uit die

‘n

Mens hoor nogal dikwels dat mense sê dat die ver-

lede beter was as die hede. Dit gebeur veral wanneer

dit in die algemeen sleg gaan. Veral ouer mense

verwys graag na hul jong dae asof dit beter was as wat

vandag is. In die verlede was die skole beter, dinge was

nie so deurmekaar op universiteite nie, daar was droogtes, maar dit

was nie so erg nie, die ekonomie was beter – en so kan ons aangaan.

Is dit werklik so?

Ons lees in Prediker 7:10 dat dit nie wys is om so te redeneer nie. Dit

is so dat sommige dinge beter was as vandag, maar sekere dinge

is vandag beter as in die verlede. As ‘n mens egter aanhou om na

die verlede terug te verlang, raak jy later so deur hierdie idees en

gedagtes opgeneem dat jy vergeet om vandag voluit te leef.

Ons moet verder ook onthou dat alles in die verlede nie net goed

en mooi was nie. Elke dag het sy deel van kwaad en van slegte en

verkeerde dinge. Ons is egter geneig om eerder die goeie en mooie

te onthou as die slegte.

Die Prediker wys daarop dat die goeie en slegte van die verlede

en van vandag, alles uit die hand van die Here kom. Hy is immers

in beheer van alles en almal en soos die Prediker dit in hoof-

stuk 7:13 stel: "Aanskou die werk van God, want wie kan reguit maak

wat Hy krom gemaak het?" As die Here dan vandag "krom" gemaak

het, kan ons nie veel daaraan doen nie. Dit beteken egter nie dat ons

nou maar alles kan laat vaar en Gods water oor Gods akker laat

loop nie. Die Here leer ons dat ons die tyd moet uitkoop omdat die

dae boos is (Efesiërs 5:16). Dit beteken dat ons die beste van elke

geleentheid moet maak. Ons leef nie in die verlede nie, maar vandag.

Ons kan niks meer aan die verlede doen nie, maar ons kan vandag

voluit tot eer van die Here leef. Dit is wys om te vra na wat die wil van

die Here vir jou vir vandag is en om dan daarvolgens te lewe.

Ons mag die goeie oue tyd onthou, maar dit mag nooit die sentrum

en uitgang van ons lewe word nie. Ons leef vandag en moet die beste

van vandag maak, want ons het ook vandag uit die hand van die

Here ontvang – net soos ons die verlede uit Sy hand ontvang het.

Baie geluk aan

Koos van Rensburg van

Heidelberg wat vir die

Oktober-uitgawe

van

SA Graan/Grain

die

gratis Bybel gewen het.

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estie@infoworks.biz

083 490 9449

Greenhouse gas emissions must peak by 2020.

Some say that is impossible but impossible is an

attitude, not a fact. Agriculture has a critical role to play

– both in dramatically reducing emissions and by

providing a sink to draw down carbon from the

atmosphere.

– Christiana Figueres, former executive secretary, United Nations Framework

Convention on Climate Change (UNFCCC) in

Sequestering carbon in soil

– addressing the climate threat

Sustainable land management strategies have the

potential to measurably reduce global temperatures by

the end of the century, but only with widespread

adoption coupled with aggressive emissions reductions.

– Whendee Silver, University of California, Berkeley in

Sequestering

carbon in

soil – addressing the climate threat

We need demonstration farms, farmer to farmer

mentoring and training programmes and financial

support to build healthy soils and sequester

carbon as quickly as possible.

– Kofi Boa, Centre for No-Till Agriculture in Ghana in

Sequestering

carbon in soil

– addressing the climate threat

–BayerCropScience;

resultate vandie stemmingbydie

WeedResistanceGlobalSymposium 2015