Background Image
Previous Page  41 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 41 / 44 Next Page
Page Background

GWM Steed 5

– goedkoopste

turbodieselbakkie in die land

m

et Great Wall Motors (GWM) se toetrede tot die

Suid-Afrikaanse mark tien jaar gelede, was die

publiek erg skepties oor die vermoë van Chinese

voertuigvervaardigers om ‘n kwaliteit betroubare

voertuig te bou. Daar was te veel assosiasie

met ander Chinees-vervaardigde goedere soos

speelgoed en snuisterye, wat soos ons almal weet baie goedkoop

is, maar waarvan die kwaliteit onder verdenking was.

Sedertdien het GWM-modelle soos die H5-sportnutsvoertuig en

die Steed 5-, 5E- en 6-bakkies egter by Suid-Afrikaanse motoriste

byval gevind en veral die bakkies het gewys dat hulle nie bang is vir

harde werk nie.

Daar is tans vier Steed 5-enkelkajuitbakkies beskikbaar en veral

die 2,0 VGT Workhorse, die goedkoopste turbodieselbakkie op

die Suid-Afrikaanse mark, bied goeie waarde vir geld. Hierdie

bakkie se turbo-aangejaagde 2 liter-dieselenjin lewer 78 kW teen

4 000 omwentelinge en het ‘n wringkrag van 225 Nm tussen

1 400 en 2 800 omwentelinge. Die gemiddelde brandstofverbruik is

8,1 liter per 100 km.

Die Stee 5 Workhorse k n ‘ vrag van meer as ‘n ton dra en die

dubbel-geïsoleerde laaibak het verskeie hegpunte om ‘n vrag vas te

maak. Die laairuim is 2 280 mm lank, 1 520 mm breed en 460 mm

diep. Onder die standaardkenmerke is lugversorging, kragstuur, ‘n

verstelbare stuurkolom, misligte voor en agter en ‘n kleurgekodeer-

de voorste stamper, asook staalwiele van 16 duim.

Die 2,0 VGT Workhorse se prys is nou ‘n verminderde R179 900. Dit

is ‘n besparing van R20 000 ter viering van GWM se tiende

bestaansjaar in Suid-Afrika. Die prys van die petrolmodel, met ‘n

enjin van 2,4 liter, is R149 900. Die pryse sluit ‘n waarborg van drie

jaar of 100 000 km in en ‘n diensplan is opsioneel. Dienstussen-

poses is 15 000 km.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

Die Steed 5-bakkies het byval by Suid-Afrikaanse motoriste gevind en gewys dat hulle nie bang is

vir harde werk nie.

39

Desember 2017