Background Image
Previous Page  40 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 40 / 44 Next Page
Page Background

Desember 2017

38

Eenheid en groter deelname nodig

vir ‘n beter Suid-Afrika

D

ie tema van Agri NW se 2017-kongres, “Volhoubaarheid

deur eiendomsregsekerheid en verhoogde produktiwiteit”

het groot byval gevind by kongresgangers. Produsente

is opnuut toegerus met inligting wat hulle in staat stel

om te midde van toenemende veranderde landbou- en politieke

omstandighede meer volhoubaar te kan produseer.

Sprekers sê hul sê

Verskeie sprekers het kongresgangers op 5 en 6 September by

die NWK Opleidingsentrum op Lichtenburg toegespreek. Regter

Antonie Gildenhuys, ‘n kenner op die gebied van onteienings-,

waardasie- en waterregte, het die invloed van grondhervorming op

eiendomsregsekerheid onder die loep geneem. Hy het dit duidelik

gemaak dat niemand van hul eiendom ontneem mag word nie,

behalwe ingevolge ‘n algemeen-geldende regsvoorskrif en genoem

dat geen regsvoorskrif die arbitrêre ontneming van eiendom mag

veroorloof nie.

Volgens Gildenhuys lê die uitdaging nie by volle vergoeding met

onteiening nie, maar eerder waar die regering die geld gaan kry om

al sy beloftes gestand te doen. Suid-Afrika kan grondhervorming

nie bekostig nie – veral as gekyk word na die eise, soos gratis

onderwys en nasionale gesondheidsversekering, wat reeds op die

tafel geplaas is.

Agri SA se parlementêre skakelbeampte en regs- en grondbeleids-

adviseur, me Annelize Crosby, het grondhervorming, politiek en

die openbare mening in 2017 bespreek. Gedurende 2015 was

Crosby deel van ‘n groep met uiteenlopende perspektiewe oor

grondhervorming, wat deelgeneem het aan die ontwikkeling van

die Vumelana-grondhervormingscenario’s. Hierdie scenario’s

wys daarop dat grootskaalse grondbesetting, radikale wetgewing

asook beleid- en voedselonsekerheid waarskynlik Suid-Afrika se

voorland kan wees as die grondhervormingskwessie nie dringend

aangespreek word nie.

Dit is duidelik dat die frustrasievlakke van die mense aan wie

beloftes gemaak is, besig is om die hoogte in te skiet met die

stadige vordering ten opsigte van grondhervorming. Crosby het ook

gedeel dat haatspraak teen grondeienaars besig is om toe te neem

en aangevuur word deur die onverantwoordelike uitlatings wat deur

politici en opportuniste gemaak word. ‘n Elite-groepering is besig

om grondhervorming tot ‘n mate te kaap. Dreigemente ten opsigte

van die wysigings of skrapping van Artikel 25 van die Grondwet

moet volgens haar nie ligtelik opgeneem word nie.

Sy het Agri SA-lede aangemoedig om hulle volle ondersteuning

aan hul organisasie te gee. “Moenie van stryk gebring word deur

politiekery, bangmaakpraatjies en halwe waarhede nie,” het sy gesê

en bygevoeg, “Wees ingelig, wees pro-aktief en bou positiewe

verhoudings op alle vlakke.”

Dr Herman van Schalkwyk (groep hoof uitvoerende beampte:

Suidwes Groep) se tema was “Mededingendheid, beleid en die vol-

houbaarheid van die Suid-Afrikaanse landbou”.

Hy het genoem dat ekonomiese groei Suid-Afrika steeds ontwyk

en verduidelik dat Suid-Afrika meer as ‘n 3%-groei in bruto binne-

landse produk (BBP) nodig het om ‘n verskil aan die ekonomie te

kan maak. Volgens hom maak die agteruitgang in langtermyninfra-

struktuur dit ‘n al groter uitdaging vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

om te presteer. Suid-Afrika se fokus sal op verhoogde produktiwiteit

moet wees om volhoubaar te kan wees. Een van die faktore wat

produktiwiteit in die wiele ry, is die toenemende arbeidsonrus.

Mnr Johannes Möller (toe nog president: Agri SA) het die omskake-

ling van Agri SA na ‘n maatskappy aan die kongres voorgehou.

Daarna het mnr Omri van Zyl (uitvoerende direkteur: Agri SA)

gepraat oor Agri SA as voorkeurbesigheidsvennoot vir die landbouer

en het ook genoem hoe Agri SA se struktuur die landbouer in die

toekoms gaan bedien.

Algemeen

Mnr Pierre Vercueil is onbestrede as president van Agri NW her-

kies, met mnre Cobus van Zyl en Willem de Chavonnes Vrugt wat as

vise-presidente aangewys is.

AKTUEEL

LOUISE KUNZ,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Van die hoofsprekers tydens Agri NW se kongres was Annelize Crosby,

regter Antonie Gildenhuys en dr Herman van Schalkwyk.

2: Obaro was die hoofborg van die kongres. Hier is Boeta du Toit

(uitvoerende hoofbestuurder: Agri NW) en Pierre Vercueil saam met

Eben Pienaar (voorsitter: Obaro) en Nic Bronkhorst (besturende

direkteur: Obaro).

1

2