Background Image
Previous Page  38 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 38 / 44 Next Page
Page Background

Desember 2017

36

Samewerking verseker

‘n beter toekoms

S

owat 350 produsente uit sentraal Suid-Afrika het die 14de

Senwes Toekomsfokusdag op 27 September op NAMPO

Park buite Bothaville bygewoon. Dié geleentheid, wat in

die

Nasie in Gesprek

-formaat aangebied is, met die tema,

Landelike gemeenskapsamewerking, het die kollig laat val op

samewerking tussen plaaslike gemeenskappe, besighede, muni-

sipaliteite en produsente.

Die paneelbespreking is voorafgegaan deur kort boodskappe van

die verteenwoordigers van Senwes, Graan SA en die Jongboer-

komitees van Vrystaat Landbou en Agri Noordwes. Mnr Luan van

der Walt (landbou-ekonoom: Graan SA) het jongboere aangemoedig

om by georganiseerde landbou betrokke te raak.

“‘n Ware leier neem nie net verantwoordelikheid vir sy eie werk nie,

maar ook vir dit wat sy toekoms beïnvloed. Neem eienaarskap deur

betrokke te raak by georganiseerde strukture wat tyd en geld in die

toekoms van die landboubedryf belê,” het hy gesê.

Gemeenskapsamewerking vir

beter dienslewering

Die hoofspreker, mnr Andries Nel, adjunkminister van Samewer-

kende Regering en Tradisionele Sake, het produsente bedank vir

hul bydrae tot die ekonomiese groei in Suid-Afrika en genoem dat

die onlangse 2%-groeisyfer grotendeels aan die landbousektor te

danke is.

Hy het tong in die kies bygevoeg dat hy ook boer, omdat diegene

wat in die politiek betrokke is volgens die Chinese met die tong boer.

In sy toespraak het hy die wanprestasie van munisipaliteite

bespreek, wat volgens hom toegeskryf kan word aan swak leierskap,

politieke onstabiliteit en kompetisie om beskikbare bronne. Nel

het genoem dat navorsing toon dat ‘n derde van Suid-Afrikaanse

munisipaliteite na wense funksioneer met ‘n derde wat disfunk-

sioneel is.

AKTUEEL

1: Die paneel geniet ‘n ligte oomblik tydens die

Nasie in Gesprek

-opname:

Theo Vorster (fasiliteerder), Johan van Huyssteen, Nompumelelo Runji,

Andries Nel, oudminister Roelf Meyer en Francois Strydom.

2: Senwes se Jongboer Toekomsfokusdag is in samewerking met Senwes,

Graan SA en die Jongboerkomitees van Agri Noordwes en Vrystaat Landbou

aangebied. Dié organisasies is verteenwoordig deur Boet Wilken (voorsitter:

Vrystaat Landbou se Jongboerkomitee), Luan van der Walt, Danie Minnaar

(voorsitter: Senwes) asook Agri NW Jongboerkomitee se visevoorsitter,

Louis Wessels en voorsitter, Gideon van Zyl.

3: Dit was die eerste keer dat verteenwoordigers van die African Farmer’s

Association (AFASA) die Senwes Toekomsfokusdag bygewoon het. In die middel

is voorsitter van AFASA in die Vrystaat, Esther Moloi, saam met twee ander

vroulike produsente van Harrismith, Mavis Mtlokwa, links, en Joyce Maphisa.

LOUISE KUNZ,

SA Graan/Grain

medewerker

1

2

3