Background Image
Previous Page  9 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 9 / 84 Next Page
Page Background

7

WAARHEID

Om die

te sê...

KANTLYN

Op die

Deelnemende rondetafel-gesprekke en intydse meningspeilings onder afgevaardigdes is met sukses by Kongres 2016 ingespan om meer

opinies van grondvlak af te hoor. Beide die rondetafel-formaat en meningspeilingstelsel het afgevaardigdes se goedkeuring weggedra.

In order to obtain more opinions from ground level, participating roundtable discussions as well as real time polls were used

successfully during Congress 2016. The roundtable format and poll system both met delegates’ approval.

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estiedv@mweb.co.za

083 490 9449

Die waarde van landbouchemikalieë wat in mielieproduksie

gebruik is, was volgens Graan SA se produksiekostesyfers in

die 2014/2015-produksieseisoen R2,331 miljard.

– Corné Louw (senior ekonoom: Graan SA)

geneem uit:

Graan SA Jaarverslag 2015

Saad is ‘n belangrike produksie-inset en maak ongeveer 12% van

‘n mielieprodusent se veranderlike produksiekosterekening uit.

Volgens die produksiekostesyfers van Graan SA beloop die waarde

van die kunsmis wat in die 2014/2015-produksieseisoen in

mielieproduksie gebruik is, R6,090 miljard.

R6,090 miljard

R2,331 miljard

12%

April 2016

Beste Kleinneef

Jou skrywe in

SA Graan/Grain

Februarie 2016 het my aan ons

army

-dae jare terug laat dink. Dit was nog goeie tye daardie. ‘n

Witbrood was toe nog ‘n witbrood en ‘n rand was nog ‘n rand

werd. En een pond het R2 gekos. Ai, het ek maar die luukse gehad om te weet

wat in môre se koerant staan, kon ek ook darem nou ‘n neseier gehad het!

Maar nou ja, terug by samjoor. Op ‘n vreemde manier het ek nogal van hom ge-

hou. Immers het ‘n mens presies geweet waar jy met hom staan. Of liewer waar

hy met jou staan. ‘n Ding was óf swart óf wit en die woord “korrupsie” was nie

in sy woordeskat nie.

Onthou jy nog hoe bang ons was die Maandagoggend met parade toe hy aan-

kondig dat hy te hore gekom het dat ons Sondagmiddag vir hom ‘n boodskap

op

Springbokradio

laat uitsaai het. Tannie Esmé het so mooi en opreg gelees:

“Die troepe van Bravo-kompanie stuur ‘n toffie vir hul samjoor. En nie net

sommer ‘n toffie nie, sommer ‘n sak vol toffies. Hoe mooi is dit nie.”

Samjoor was só aangedaan dat hy met bewing in sy stem aangekondig het dat

die hele regiment ‘n ekstra naweekpas kry, net omdat ons aan hom gedink het.

Groete en ek hoop dat teen die tyd

wat die brief met slakkepos by jou

aankom, die groot reën al gekom

het. Dat dit net water sal wees

waar jy kyk; amper soos 1976 – net

‘n bietjie minder. Onthou jy hoe

Oompie gekla het dat die babers

sy koeie uitsuip?

Tot weersiens

Niel Dippenaar

Springbokvlakte