Background Image
Previous Page  11 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 84 Next Page
Page Background

9

April 2016

Hy het verder bevestig dat warmer en droër toestande oor Afrika

tydens ‘n El Niño ervaar word en dat die El Niño wat ons tans beleef,

die sterkste is wat nog waargeneem is sedert hierdie modelle in

gebruik is. Verder, deur na die geskiedenis te kyk, is dit duidelik

dat ‘n La Niña gewoonlik op ‘n El Niño volg. Dit is op sigself goeie

nuus vir produsente, want die verskynsel bring baie reën, maar

prof Landman het gewaarsku dat om enige van die twee verskyn-

sels te voorspel, daar eintlik tot die aanbreek van die winter gewag

moet word.

Hy het ook klem gelê op die belangrikheid van samewerking tus-

sen klimaatmodeleerders en organisasies soos Graan SA – raken-

de moontlike nuwe inligting wat met produsente gedeel kan word

en waarvoor klimaatmodelle reeds bestaan – om die probleme wat

‘n veranderde klimaat teweegbring, die hoof te kan bied.

Droogte: Beplanning en aanbevelings

Toepaslik tot die tema, het Van Zyl Kongres toegespreek en

Agri SA se benadering tot die droogtebeplanning en hul aanbeve-

lings verduidelik. Tydens sy aanbieding is duidelik getoon dat al-

hoewel landbou se bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP)

van 21% in 1910 tot 2,65% in die laaste paar jaar geval het, daar tog

‘n sterk opwaartse tendens in die landbousektor te bespeur is.

Agri SA het ‘n droogtetaakspan, bestaande uit verskeie rolspelers,

op die been gebring en ondersoek ingestel na die kommoditeite

wat akuut deur die droogte geraak word – en waarvan grane een

van die ergste is, gevolg deur oliesade wat tans in ‘n mindere mate

geraak word.

Van Zyl het beklemtoon dat landbou herstel moet word en hoewel

Agri SA fokus op ‘n vier jaar-herstelperiode, is daar belangrike

faktore wat die proses gaan beïnvloed en addisionele sosiaal-

maatskaplike uitdagings gaan skep, naamlik voedselinflasie, die

migrasie van mense en die verstedeliking van Afrika, werkloosheid

en nuwe era-boere wat deur die droogte geaffekteer word. Die

grootste risiko’s om die droogte te bestuur, naamlik die gebrek

aan nodige befondsing en finansiële ondersteuning om geaffek-

teerde produsente deur hierdie tyd te dra, is verder uitgelig en

Van Zyl het verskeie scenario’s geskep waar enige-iets van R7 miljard

tot R11 miljard benodig word.

Hierdie befondsing kan onder andere aangewend word om by-

stand te verleen met die aankoop van voer; kontantvoorsiening

vir nuwe era-boere; sagte lenings vir kommersiële produsente;

produksiekrediet of rentekoerssubsidies en om produsente in erge

nood te help deur subsidies vir plaaswerkers te betaal. Agri SA het

voorts die regering genader vir moontlike staatswaarborge op uit-

staande skuld en sagte lenings deur instansies soos die Land Bank

en Industrial Development Corporation (IDC).

Ter afsluiting het Van Zyl beklemtoon dat voedselsekerheid in

Suider-Afrika ‘n primêre prioriteit vir Afrika is en inisiatiewe soos

die Nasionale Droogterampfonds, Agri SA in staat stel om geld in

te samel om die algehele waardeketting by te staan om die droog-

te te oorkom. Hy het afgevaardigdes verder verseker dat Agri SA op

droogteverligting sal bly fokus, toenemend rolspelers sal beïnvloed

en verhoudings versterk, beide in die politieke- en privaatsektore

om sodoende te verseker dat almal betrek word tot wat sekerlik nie

‘n landbouprobleem is nie, maar ‘n Suid-Afrikaanse probleem.

Die pad vorentoe

Graan SA bedank alle rolspelers, borge en vennote wat bygedra

het tot ‘n uiters suksesvolle 2016 Kongres. Ons sal in die komen-

de jaar hande vat om ‘n verskil in georganiseerde landbou te-

weeg te bring, struikelblokke soos die droogte te oorkom en ‘n

positiewe en sinvolle bydrae te lewer tot die voedselsekerheid in

ons mooi land.

1: Graan SA se leierskap wat Kongres 2016

voorafgegaan het: Nico Vermaak (bestuur-

der: Korporatiewe Dienste), Andries Theron

(visevoorsitter), Louw Steytler (voorsitter),

Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder)

en Victor Mongoato (visevoorsitter).

2a en 2b: Kongres 2016 in sitting.

3a tot 3d: Kongreslede is vanjaar rondom

ronde tafels geplaas, wat bygedra het tot baie

goeie deelname van afgevaardigdes aan die

besprekings.

Farmer’s Weekley SA @FarmersWeeklySA

#GSAKongres @Omrivz: The drought is not

a farmer’s problem; it is a South African

problem.

1

2a

3a

3b

3c

3d

2b

Magda du Toit @ToitMagda

Versprei jou risiko’s en fokus op

bewaringsboerdery – Kallie Schoeman

#GSAKongres @Grain SA