Background Image
Previous Page  10 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 84 Next Page
Page Background

April 2016

8

Nuwe realiteite en leierskap in

‘n veranderde klimaat

G

raanprodusente, landbourolspelers, akademici, regerings-

amptenare en belanghebbendes het op 2 en 3 Maart

by NAMPO Park byeengekom vir die jaarlikse Graan SA

Kongres. Die tema “Nuwe realiteite in ‘n veranderde

klimaat”, toepaslik op ekonomiese, politieke en klimaatsverande-

ringe, tesame met ‘n heel nuwe benadering tot die uitleg van

Kongres, het afgevaardigdes laat besef dat Graan SA dié jaar inter-

aktiewe deelname tussen lede aanmoedig om sodoende bespre-

kingsgeleenthede te bevorder.

Verder het die instelling van ‘n nuwe elektroniese stemtoestel die

weg gebaan vir konstruktiewe terugvoer na elke sessie en die ge-

leentheid geskep om belangrike insette en opinies van ons lede in

te win.

Nuwe leierskap is ook tydens Kongres verkies en mnr Jaco Minnaar

is die nuwe voorsitter van Graan SA wat die leisels by die uittreden-

de voorsitter, mnr Louw Steytler, oorneem. Die ondervoorsitters is

mnr Andries Theron en me Preline Swart en saam is hierdie span

reg vir die uitdagings wat voorlê, waarvan die belangrikste sekerlik is

om die saak van die graanprodusent te beklemtoon, te beskerm en

te bevorder te midde van die konstante veranderinge en uitdagings

in die landbou-omgewing.

Die Kongresagenda het onder meer die temas

Nuwe realiteite vir

‘n vrye mark

, gelei deur mnr Hamish McBain (afgetrede uitvoeren-

de direkteur: Tiger Brands);

Hoe gemaak met klimaatsverande-

ring?

gelei deur prof Willem Landman (professor in Meteorologie

van die Universiteit van Pretoria); en

Droogte: Beplanning en aan-

bevelings

gelei deur mnr Omri van Zyl (uitvoerende direkteur:

Agri SA) gedek.

In die oudiovisuele voorsittersverslag het mnre Louw Steytler en

Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA) die voor-

afgaande jaar se hoogtepunte uitgelig en die strategiese fokus van

die organisasie vir die komende jaar beklemtoon. Die veranderinge

in onder meer die klimaat, politieke sfeer, die verswakking van die

wisselkoers en die stadige ekonomiese groei, het die omgewing

waarin produsente produseer verander en noop die organisasie

om te fokus op dít wat die produsent in die toekoms gaan benodig

– om steeds volhoubaar en winsgewend te produseer.

Steytler het in sy verslag ‘n beroep gedoen op alle rolspelers om

onmiddellike oplossings vir die rimpeleffek van die droogte te vind

– ‘n kwessie wat almal raak – en op finansiële instellings om, binne

die raamwerk van die kredietwet, produsente by te staan met ver-

lengings en konsolidasie van skulde, om te verseker dat daar in die

volgende seisoen geplant kan word, maar ook met bystand teen

die grootste uitdaging wat ons in die gesig staar.

De Villiers het in aansluiting die belangrikheid van ‘n nuwe uitkyk

op oesversekering beklemtoon, wat benodig word vir die langer

termyn-stabiliteit van die bedryf. Verder is ‘n beroep op die rege-

ring in hierdie verband gedoen en die belangrikheid van voedsel-

sekerheid – bo politieke agendas – uitgelig.

Graan SA se fokus van die afgelope jaar is gesetel in volhoubaar-

heid op die plaas en beide navorsing en datawetenskap sal gebruik

word om produsente met volhoubare produksie by te staan in hier-

die nuwe omgewing. Graan SA het ook opwindende nuwe strate-

giese vennootskappe gesluit met regeringsdepartemente in die

Jobs Fund om sodoende nuwe era-boere te help om kommersiële

opbrengste te verkry.

In afsluiting van sy boodskap, het Steytler beklemtoon dat 2015 vol

prestasies en uitdagings was en dat hy gedurende sy termyn die

mees ongelooflike dinge in die boeregemeenskap gesien het – oor

die kleurgrens heen – wat hom enorme hoop gee.

Redelike mense is mense wat die ekonomie van landbou verstaan,

sowel as die enorme uitdagings wat met kommoditeitproduksie

in ons land gepaard gaan. “Ons verantwoordelikheid teenoor die

samelewing is om toe te sien dat daar by wyse van ons produksie,

politieke stabiliteit in hierdie pragtige land van ons heers – ek het dit

alles gesien en dit is wonderlik,” het Steytler afgesluit. Die video is

ook beskikbaar op die Graan SA-webwerf.

Nuwe realiteite vir ‘n vrye mark

Die openingstoespraak deur McBain het gehandel oor nuwe reali-

teite vir ‘n vrye mark. In sy toespraak het hy klem gelê op die

verandering in die hele sosio-ekonomiese omgewing en gemeld

dat boerdery in Suid-Afrika ‘n baie moeilike en gevaarlike besigheid

is en baie harde werk, deursettingsvermoë en volharding vereis.

Hy het verder gesê dat Suid-Afrika by ‘n kruispad is en een van die

belangrikste kwessies wat produsente konfronteer, is dat die vrye

mark nie regtig vry is nie. Die reëls verander voortdurend en die

vrye mark is dus ‘n funksie van politieke en ekonomiese doelwitte

eerder as om vrye handel te bevorder.

McBain het verder sleutelkwessies vir strategie uitgelig, wat onder

meer die volgende konsepte ingesluit het:

Bestuurders se huiwering om moeilike werklikhede te aanvaar;

die kardinale belang van produktiwiteit, kwaliteit en innovasie;

lae kostes en differensiasie as ‘n bron van mededinger-voordeel

in ‘n besigheid; en

dat ‘n besigheid se bestaan verseker word wanneer hy doel-

treffend is.

In ‘n neutedop het McBain produsente genoop om te fokus op

produktiwiteit, innovasie en die gebruik van tegnologie om dinge

beter of meer doeltreffend te doen, om verder as die plaashek te

kyk na alles wat ‘n impak op die produsent se besigheid het en om

altyd aandag te skenk aan moontlike negatiewe invloede.

Ten slotte het hy saamgestem dat die klimaat beslis besig is om te

verander, onrus en moeilike tye oorheers en voedselsekerheid be-

dreig word. Die vrye mark is nie regtig vry nie, beskermingsgrense

gaan waarskynlik toeneem en sukses hang van produktiwiteit af

wat vaardigheid, opleiding en navorsing vereis bo en behalwe dat

die regering en privaatsektor moet saamwerk

Hoe gemaak met klimaatsverandering?

Prof Landman het tydens sy voorlegging die klimaatsverandering

aangespreek om sodoende klem te plaas op die verskil tussen

klimaatsveranderlikheid – waar die klimaat jaar-op-jaar verander, wat

dus die natuurlike verandering in klimaat aanspreek en klimaatsver-

andering – wat meer te doen het met die langdurige verandering

van statistiek.

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA en foto’s:

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur:

SA Graan/Grain