Background Image
Previous Page  6 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 84 Next Page
Page Background

4

e

en ding wat by vanjaar se Graan SA Kongres vir my uit-

gestaan het, was dat ons graanprodusente beslis nie

tydens die droogte gaan lê het nie. Hulle praat oor die

toekoms en droom ook nog oor die toekoms! Dit het my

só bemoedig.

Daar moet steeds met die pyn van die droogte gedeel word, maar

beplanning vir die volgende seisoen moet voortgaan. Selfs na

twee dae se lang sit en amper net moeilike scenario’s evalueer, het

die nuwe Hoofbestuur gaan sit en ‘n baie netelige saak hanteer oor

die ongelukkigheid van die verteenwoordiging van ons nuwe era-

boere rakende die Graan SA-strukture.

Wel gedaan manne...en vrou! Welkom aan die tweede vrou op ons

Hoofbestuur – Preline Swart. Sy is egter die eerste vrou op Graan SA

se Dagbestuur en ons sien uit na haar bydrae in die tyd wat voorlê.

Dit wil lyk of die ronde tafels by Kongres en die stemtoerusting

hulle ding gedoen het. Ons het baie goeie deelname aan die bespre-

kings gehad en kon sommer so vinnig-vinnig baie goeie opnames

en menings van almal kry. Dit het behoorlik gegons.

Die Dagbestuur gaan die resultate saam met die personeel ont-

leed om ons te rig en te lei vir die toekoms. Alhoewel die scenario’s

wat deur mnr Hamish McBain aan ons graanprodusente geskets is,

ietwat meer negatief as positief was, is dit die feite wat ons in die

oë moet kyk. Graan SA gaan beslis gefokus moet werk om te sorg

dat ons steeds volhoubaar kan produseer en dat Suid-Afrika steeds

kan staatmaak op voedselsekerheid.

Een van die uiters bemoedigende waarnemings die afgelope maand

was die eerste Alumni-byeenkoms van sowat 40 van ons jong

leiergraanprodusente wat al die Graan Akademie bygewoon het.

Syngenta het vir ons die byeenkoms gereël en die manne kon hul

stories met ons deel oor wat sedertdien in hul lewens en boerdery-

bedrywighede gebeur het. Dit was om die minste te sê roerend!

Die manne het persoonlike stories gedeel oor hoe die kennis wat

hulle opgedoen het hul lewens verander het en ook die manier waar-

op hulle met hul gesinne en werkers op die plaas omgaan. Ek is meer

as ooit tevore oortuig daarvan dat hierdie belegging ons graanleier-

skap in die toekoms net tot voordeel kan wees. Ek sien uit na die

deelname van die persone in ons Graan SA-strukture.

Ek het hierdie jaar met ‘n fyn oor na die Staatsrede (SONA) van ons

President geluister om te hoor hoe hy die droogte sien. Die ont-

wrigtende gebeure tydens die gebeurtenis het ‘n mens laat won-

der of ons leiers nog die land en sy mense as fokus het en nie net

hulle eie politieke loopbane nie. Ek het egter nog nooit in my meer

as 30 jaar in die graanbedryf gehoor van ‘n Graan SONA nie. Wel, dit

is wat ek en Wandile Sihlobo (ekonoom: Graan SA) op 19 Februarie

te beurt geval het.

Ons is genooi om die Landbouportefeuljekomitee vir drie ure lank,

ononderbroke, in te lig oor die stand van die graanbedryf in Suid-

Afrika. Die partye wat dit bygewoon het, was almal op een doel

gefokus en dit is voedselsekerheid vir ons land en sy mense. Die

partye het saamgewerk en die vrae wat daaruit voortgespruit het,

het my bemoedig dat ons boodskap ter harte geneem is.

Só moet ons maar saai in die oggend en ook in die middag, want

ons weet nie watter saad gaan ‘n oes oplewer nie. Dalk, en net dalk,

het daar ‘n einde aan die politieke droogte gekom waar ons as graan-

produsente nie aangehoor is nie.

Ons graanprodusente het nie

tydens die droogte gaan lê nie

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

April 2016

Jannie de Villiers en Wandile Sihlobo is genooi om die Landbouporte-

feuljekomitee in te lig oor die stand van die graanbedryf in Suid-Afrika.

Jannie de Villiers and Wandile Sihlobo were invited to inform the Agri-

cultural Portfolio Committee of the status quo of the grain industry in

South Africa.