Previous Page  18 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 18 / 108 Next Page
Page Background

‘n Blik op die

plaaslike

landboumasjineriemark

Corné Louw,

senior ekonoom, Graan SA

Inset

-oorsig

Augustus 2018

16

Fokus

Werktuie & toerusting

g

raanprodusente kla al hoe meer

oor trekkerpryse wat styg en

heeltemal te duur raak. Onder

andere word daar beweer dat

trekkerpryse oor tyd heelwat

vinniger toegeneem het as dié

van vragmotors.

Gemiddelde pryse van trekkers en vrag­

motors is oor ‘n 15-jaar-periode met me­

kaar vergelyk en verskyn in

Grafiek 1

in ‘n

indeksformaat. Uit die grafiek kan afgelei

word dat gemiddelde trekkerpryse in die

afgelope 15 jaar met 116% toegeneem het,

terwyl dié van vragmotors op ‘n gemiddel-

de basis met 43% toegeneem het.

Jaar-op-jaar-

landboumasjineriepryse

Die jaar-tot-jaar-prysveranderinge van die

verskillende kategorieë landboumasjinerie

kan in

Tabel 1

op bladsy 19 waargeneem

word. Landboumasjineriepryse het ge­

middeld vanaf Mei verlede jaar tot Mei

vanjaar met 2% gedaal, terwyl trekkerpryse

gemiddeld met 5,1% afgeneem het. Oor

dieselfde tydperk het die wisselkoers met

5,5% versterk.

Bekostigbaarheid

Om die bekostigbaarheid van trekkers oor

tyd te evalueer, is ruilvoetberekeninge van

trekkers en graan gedoen.

Grafiek 2

toon hoeveel mielies benodig

word om ‘n trekker van tussen 70 kW en

80 kW aan te koop. Om ‘n trekker van hier-

die grootte aan te koop, kan ‘n produsent

in die komende seisoen 442 ton mielies

uit die sak jaag, terwyl dit tien jaar gele­

de 357 ton gekos het. Die gemiddelde

ruilvoet sedert 1990 is 309 ton mielies

Grafiek 1: Trekkerprysindeks versus vragmotorprysindeks.

Grafiek 2: Hoeveelheid mielies benodig om ‘n 70 kW- en 80 kW-trekker te koop.

* Voorlopig