Previous Page  24 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 24 / 108 Next Page
Page Background

Augustus 2018

22

Meganisering van grondbone:

‘n Praktiese

M

eganisering begin al hoe

meer ‘n prominente rol in die

landbousektor speel. Dit is ver­

al belangrik dat produsente

sal byhou by die nuutste tegnologie om te

verhoed dat die stelsels wat gebruik word,

te oud word – wat die vervangingskoste

daarvan feitlik onmoontlik maak.

Die meganisering van boerderye speel

boonop ‘n uiters belangrike rol in doel­

treffende graanproduksie – wat noodsaaklik

is vir volhoubaarheid.

Grafiek 1

toon die

waarde van kapitale bates op kommersiële

plase sedert 1980 op ‘n indeksbasis. Uit

Grafiek 1 kan afgelei word dat die waarde

van masjinerie, implemente, voertuie en

trekkers op kommersiële plase oor dié

tydperk drasties toegeneem het en dat die

toename in die waarde daarvan aansienlik

vinniger toegeneem het as die waarde van

grond en vaste verbeteringe.

Die grondboonmark

Alhoewel die grondboonmark in Suid-

Afrika, in vergelyking met ander grane en

oliesade, relatief klein is, is die produksie

daarvan steeds betreklik ekonomies le­

wensvatbaar en speel dit veral ‘n pro­

minente rol in die droëlandgebiede van

die Vrystaat en Noordwes Provinsie. Die

aanplant van grondbone is ook geneig om

al hoe meer toe te neem in dié jare wan-

neer die pryse van die belangrikste somer­

grane, soos mielies, laag is.

Dit dui daarop dat grondbone – veral in die

westelike gedeeltes van die land – wanneer

die winsgewendheid van ander gewasse

onder druk is, ‘n uiters belangrike rol as

alternatiewe gewas speel.

Grafiek 2

toon

die oppervlakte waarop grondbone aan­

geplant is in die drie grootste produserende

provinsies van die land, naamlik die Noord-

Kaap, waar dit onder besproeiing verbou

word, asook die Vrystaat en Noordwes

Provinsie.

Meganisering

Daar is twee belangrike aspekte wat

oorweeg kan word, waarvan die een

die meganisering van landbou in die

algemeen is – en dan meer spesifiek die

verbouing van grondbone as ‘n alterna­

tiewe somergewas. Dit is ook krities dat

die plaaslike grondboonproduksie so doel­

treffend moontlik gedoen moet word om

volhoubaarheid en die winsgewendheid

te verseker.

Volgens mnr Gerhard Bruwer van Genade

Boerdery by Douglas en ook die voorsitter

van Graan SA se Grondboonspesialis­

werkgroep, is dit uit ‘n praktiese perspektief

noodsaaklik om te meganiseer wanneer

dit by grondboonproduksie kom. Daar is

verskeie belangrike aspekte wat oorweeg

moet word wanneer produsente me­

ganisering by grondbone oorweeg. Dit is

egter noodsaaklik dat produsente eerstens

die voor- en nadele teen mekaar opweeg.

Deur dit te doen, sal hulle in ‘n beter posi­

sie wees om vas te stel of meganisering

die moeite werd is al dan nie.

Oorweeg hierdié faktore

Aangesien die grondboonbedryf uiters

kompleks is en dit uit ‘n reeks verskillende

grade (keur, divers en pers) bestaan,

is dit belangrik om soveel as moontlik

van die beste graad (keur) grondbone te

produseer. Alhoewel algemene omge­

wings- en weerstoestande buite die pro­

dusent se beheer is, speel dit ‘n groot rol

in die kwaliteit van die grondboonoes.

Daar is egter ook ‘n paar belangrike be­

stuursaspekte wat produsente in gedagte

móét hou: Tydsberekening is een van die

belangrikste bestuursaspekte – en dit sluit

in van wanneer die grondbone aangeplant

word tot en met wanneer dit uitgehaal en

geoes word.

Ekonomiese voordele

Bruwer sê voorts dat die tempo waarteen

grondbone uitgehaal en geoes word,

een van die grootste voordele is wat die

meganisering van grondbone vir die pro­

dusent inhou. Met die beskikbare masjine-

rie kan veel meer hektare in ‘n korter tydperk

geoes word.

Die feit dat die gewas vinniger van die

lande afgehaal kan word, lewer nie net ‘n

bydrae met die produsent se algemene

bestuur nie, maar speel ook ‘n kardinale

rol in die kwaliteit van grondbone. Omdat

grondbone só vinniger van die lande

afgehaal kan word, word dit vir ‘n korter

tydperk blootgestel aan faktore soos reën

en/of ander omgewingsfaktore – wat tot

minder kwaliteitsprobleme kan lei en die

moontlike voorkoms van aflatoksien kan

uitskakel.

Die gebruik van meganiese toerusting by

die uithaal van grondbone verhoog ook die

Fokus

Werktuie & toerusting

Luan van der Walt,

landbou-ekonoom, Graan SA

Grafiek 1: Indeksbasis van die waarde van kapitale bates op kommersiële plase sedert 1980.

Bron: DAFF, 2018