Previous Page  15 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 15 / 108 Next Page
Page Background

Jongmense wat aan die Jeugskou-vertoning deelgeneem het.

Met hul oë op die beoordelaar, hou hulle hul kleinvee in die

voorgeskrewe posisie ten einde die diere ten beste te vertoon. Hy

gee deurentyd instruksie dat die voor-, agter-, linker- of regterkant

vertoon moet word. Hier is Marnus Labuchagne van Stella,

Nelius Nortjé van Groblershoop, Conrad van Wyk van Fraserburg,

Miadrie van Wyk van Fraserburg en Rudo Conradie van Sannieshof.

Al die pad van Queenstown af om deel te hê aan NAMPO en alles

wat die geleentheid bied: Gladys Dyakopu, Bumnandi Dyakopu

en Nomathamsangu Dyakopu het hul aangesluit by die groot

getal produsente wat inligting oor die nuutste tegnologie kom

inwin. Hulle boer in Queenstown, Oos-Kaap.

Hierdie produsente van Balfour in die Vrystaat het ook hul tegno­

logiepotlode by NAMPO kom skerp maak: Ditomelo Zitha en Zakhele

Manatha is albei produsente wat hope inligting bymekaar kom

maak het om in hul boerderye te gebruik.

UDS-UAV & Drone Solutions het by die Maxxi 4x4-baan aan

Oesdaggangers gedemonstreer hoe dié tuie vir ‘n verskeidenheid

doeleindes aangewend kan word, waaronder omgewingsbewaring,

sekuriteit, nywerheidsinspeksies en bewaking.

13