Previous Page  22 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 22 / 108 Next Page
Page Background

Fokus

Werktuie en toerusting

Produkinligting

B

ewaringslandbou is nie slegs ‘n filosofie vir Rovic Leers

nie – dit is ‘n lewenswyse. Daarom is hul benadering tot

die ontwikkeling van produkte onder hul eie handelsmerk,

Rovic, daarop gefokus om die volhoubaarheid van kom­

mersiële landbou in Suid-Afrika en die res van Afrika volgens die

standaarde van bewaringslandbou te bedryf.

Die handelsmerk Syncro™ verwys na die strewe om in die ont­

werp en toepassing van meganisasie-oplossings ‘n delikate balans

tussen die beskerming van natuurlike hulpbronne (water en grond)

en die optimalisering van volhoubare boerdery met maksimum

winsgewendheid te bring.

Die uitvoerbeen van Rovic Leers, Rovic Africa, het onlangs groot

deurbrake by klein- en mediumskaal boerderye in Kenia gemaak

deur die ontwikkeling en daarstelling van die Rovic WAJANJA

strookgronddeurlugter vir trekkers tot 70 kW. Die vernietigende

landboupraktyke in Afrika, waar gronderosie grootskaalse afme-

tings aanneem, word doeltreffend hiermee beperk.

Op groter skaal is die tegnologie van Rovic-gronddeurlugtingtoe­

rusting in die DLB12/Super19/25/32-kategorieë beskikbaar vir trek­

kers tot 450 kW. Grondprofiele word op die geselekteerde diepte

deurlug met die beperkte vermenging van grond in die vertikale

profiel. Presies dieselfde tegnologieë word gebruik en die resul-

tate vir klein- en grootskaalprodusente is dieselfde.

Rovic Leers is trots op hul nuwe Syncroplant™ Rovic LGP (

large-

grain

planter) reeks vir mielies, sojabone, sonneblom en bone.

Modelle is beskikbaar van 12-ry tot 31-ry, met 914 mm, 762 mm

en 457 mm geskik om konvensionele, minimumbewerking- en

geenbewerkingstoestande te hanteer – elke persoon kan sy eie

behoefte spesifiseer.

Dit skep die geleentheid vir die konvensionele produsent om

plantertegnologie aan te skaf wat hom sal toelaat om minimum en

geenbewerking stelselmatig en selektief in te faseer in sy reis na

bewaringsboerdery.

Rovic se LGP-reeks is standaard toegerus met Precision

®

-tegno-

logie en alle opsies wat beskikbaar is, kan aangebied word. Dit

beteken dat ‘n sentrale saadkas of minihoppers, elektries-gedrewe

Precision VSET 2

®

-uitmeting, 20/20-prosesbeheerder en GPS-

aanpasbaarheid alles deel van die aanbod is. Daar is ‘n keuse

tussen tand of skyf primêre kunsmisplasing. Opsionele individuele

drukbeheer per planteenheid maak van die Rovic Syncroplant die

mees aanpasbare, dog akkurate, rygewasplanter op die mark.

Die Syncroseed™ Rovic SGP (

small-grain

planter) reeks vir ko­

ring, hawer, kanola, lusern en ander fyn saad is reeds bewys as

die leier in bewaringsboerdery met kleingraan. Die reeks is be­

skikbaar met tandkunsmisplasing en ‘n dubbelry-saai-eenheid, of

skyfsaaikombinasies vir minimum- en geenbewerkingstoestande.

Rovic se bekende kunsmis/kalk/organiese strooier-reeks is nou

beskikbaar tot 10 m

3

en ook met kettinguitvoerders. Die keuse

tussen grondwiel- of hidrostatiese aandrywing maak dit maklik om

toekomstige GPS-aanpasbaarheid te doen.

Rovic Vineyard en Rovic Orchard Evenflow

®

-tegnologie het reeds

op ‘n baie vroeë stadium in die mark hulle posisie van uitstaande

betroubaarheid en doeltreffendheid bevestig. Met ‘n gepatenteerde

lugsnelheidsprofiel spesifiek vir moderne hoëdigtheid-boorde, stel

dié tegnologie nuwe standaarde in die herwinning van die aktiewe

bestanddeel op die teiken.

Die 2018-reeks sien opwindende opgraderings en aanpassings om

onderhoud te vergemaklik en meer gesofistikeerde kalibrasiestelsels

om foute te minimeer is op pad.

Bewaringslandbou is ‘n

lewenswyse

Marius Ras,

bemarkingsdirekteur, Rovic Leers

Augustus 2018

20

1: Die DLB 12 kombinasie-deurlugtingsimplement.

2: Rovic RL 10000 kettingkasset kalk- en organiese strooier.

1

2