Previous Page  11 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 11 / 108 Next Page
Page Background

Graan SA

se voorstelle by

grondkomitee ingedien

N

uwe en selfs ingrypende voor­

stelle oor grondhervorming is

onlangs deur Graan SA gemaak

in ‘n voorlegging aan die Par­

lementêre Hersieningskomitee wat die

kwessie ondersoek. Die hoofdoel van die

voorstelle is om skade aan die ekonomie

en ‘n bedreiging vir voedselsekerheid wat

deur ondeurdagte grondhervorming ge-

skep kan word, te voorkom.

Graan SA se voorlegging bevat onder

meer die volgende voorstelle:

Voorsiening van titelaktes aan die­

gene wat voordeel sal trek uit grond­

hervorming.

Soortgelyke titelaktes aan huisbewo­

ners in stedelike gebiede.

‘n Deeglike ondersoek na nuwe ma­

niere om bewoners van kommunale

grond behoorlike eiendomsregte te gee

ten einde hulle beter te betrek by voed­

selproduksie.

Aanpassing van die mandaat van die

Land Bank sodat hulp aan beginner­

boere verleen kan word.

Opleiding van nog meer voorligtings­

beamptes om beginnerboere by te

staan.

‘n Enkele en standhoudende oudit van

grondbesit.

In die inleiding tot die voorstelle sê

Graan SA dat die organisasie lankal reeds

verby die kwessie of grondhervorming

in die land nodig is, beweeg het. Dit is

die organisasie se begeerte om nou

‘n bydrae te lewer tot ‘n proses van

volhoubare implementering, tesame met

die bevordering van voedselsekerheid. Die

organisasie is van mening dat die proses

van grondhervorming sedert 1994 min

daartoe bygedra het om bogenoemde

doeleindes te bereik. Dit kan grootliks

toegeskryf word aan onvoldoende im­

plementering.

Graan SA is van mening dat die huidige

Grondwet voldoende en ruim genoeg is

vir die implementering van regverdige en

gelykwaardige grondhervorming op ‘n

volhoubare wyse. Daar is dus geen ver­

andering nodig nie.

Volgens die voorlegging sal voorsiening

van titelaktes aan diegene wat voordeel

sal trek uit grondhervorming meebring

dat hulle finansiering vir behoorlike boer­

dery sal kan bekom of in staat gestel sal

word om aandeelhouding in vennoot­

skapp met gevestigde produsent te

finansier. As ‘n alternatief tot hierdie

konsep, word voorgestel dat sulke grond

aan bevoordeeldes verkoop word op

voorwaardes wat hulle in staat sal stel om

volhoubare boerdery toe te pas.

Ten opsigte van titelaktes vir stedelike

bewoners, is Graan SA van mening dat dit

sal bydra om waardigheid te verleen aan

mense wat vir jare en selfs generasies in

hierdie staatshuise moes bly. Só ‘n stap

sal beduidend daartoe bydra om gehoor

te gee aan mense se begeerte om hul eie

stuk grond te besit. 'n Groot aantal

kommersiële produsente het reeds aan­

gebied om registrasiekostes vir sulke eien­

dom te betaal vir hulle plaaswerkers wat

in dorpe woon.

Graan SA is uiters bewus van die sensitiewe

aard van eiendomsregte op kommunale

grond en bepleit dus dat ‘n nuwe benade­

ring tot die aspek gesoek word. Die gebrek

aan volle titel en eiendomsreg beteken dat

finansiering vir boerdery nie bekom kan

word nie, wat weer beteken dat geen of

geweldig min produksie op sulke grond

plaasvind. Beduidende verandering in die

kwessie kan meebring dat sulke grond

‘n groter bydrae lewer tot toekomstige

voedselsekerheid.

Die huidige mandaat van die Land Bank

voorkom dat die bank lenings aan be­

ginnerboere kan gee sonder aanvaarbare

waarborge. Graan SA stel voor dat twee

moontlike oplossings vir die uitdaging

gevolg word. Die een is om ‘n beduidende

deel van die grondhervormingsbegroting

aan die Land Bank beskikbaar te stel om

sulke lenings te finansier. So nie, behoort

die staat ‘n aansienlike waarborg aan die

Land Bank te voorsien sodat dit benut

kan word in die plek van waarborge wat

gewoonlik van produsente vereis word.

Sodanig staatswaarborge kan ook gebruik

word vir steun aan nuwe vennootskappe

of gesamentlike ondernemings tussen wit

en swart produsente.

Dit is juis die gebrek aan sulke waarborge

en finansiering wat meebring dat

vennootskappe tussen produsente nie van

die grond af kom nie. Talle kommersiële

produsente het reeds hulle gewilligheid

aangedui om sulke vennootskappe met

swart produsente aan te gaan – mits

bevredigende finansiering vir sulke on­

dernemings beskikbaar is.

‘n Groot aantal nuwe boere kla dat van die

huidige voorligtingsbeamptes self nie ge­

noeg kundigheid en kennis oor boerdery

het nie. Graan SA is op die oomblik besig

om in samewerking met die provin­

siale regering van die Oos-Kaap inlig­

tingsbeamptes op te lei. Hierdie program

kan maklik uitgebrei word na ander

provinsies of kommoditeite.

Daar is op die oomblik ‘n veelvoud van

grondoudits aan die gang. ‘n Enkele instan­

sie om so ‘n oudit te doen met duidelike

definisies en voorskrifte, is dringend no­

dig. Behoorlike inligting oor die aard van

grondbesit is nodig om grondhervorming

doeltreffend te monitor.

Kommoditeitsorganisasies soos Graan SA

speel tans ‘n belangrike rol in die imple­

mentering van landbouprogramme van die

regering en is bereid om in die toekoms

‘n nog groter rol te speel. Die kies van

onbevoegde en onkundige “vennote” van

die regering het tot nou toe onder meer

tot swak implementering van grondher­

vorming gelei. Miljoene rande is vermors

deur korrupsie en ander onreëlmatighede

en fondse het nooit op die plaas beland

waarvoor dit eintlik bestem was nie.

Die suksesvolle implementering van grond­

hervorming kan lei tot die nodigheid vir

bykomende markafsetgebiede. Suid-Afrika

is gunstig geleë om groeiende markte

in die Midde-Ooste en Asië te bedien,

maar toegang tot daardie afsetgebiede is

op die oomblik 'n uitdaging. Tariefbeleid

behoort aangepas te word om plaaslike

produksie te bevorder in plaas daarvan

om goedere – veral voedsel – in te voer.

In aansluiting daarby het die bewerking

van landbouprodukte ‘n hupstoot nodig.

Groot voedselkonglomerate sit en wag vir

‘n gunstiger beleidsomgewing om beskik-

bare fondse te gebruik vir investering – wat

onder meer tot werkskepping sal lei.

Graan SA spreek ten slotte die wens

uit om gesprekke met die Parlementêre

Hersieningskomitee te voer wanneer die

komitee die Gauteng Provinsie besoek.

9

August 2018

graan sa

Grondhervorming

Mariëtta Cronjé,

SA Graan/Grain

medewerker