Previous Page  12 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 12 / 108 Next Page
Page Background

Augustus 2018

10

Terugblik

Graan SA/Grain SA

Meer as net ‘n skou

Dr Dirk Strydom,

bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA

N

AMPO is ‘n huishoudelike naam

en in die landbougemeenskap

sien almal uit na dié datum in

die jaar wanneer die Graan SA

AMPO Oesdag plaasvind. In sy 52ste

jaar het NAMPO die horison al verskuif

vanaf ‘n klein produsentegeleentheid na ‘n

internasionale skou.

Méér, dit het in ‘n platform ontwikkel waar

landboubesigheid gedoen kan word, ge­

sprek tussen verskeie industrie-rolspelers

kan plaasvind, nuwe tegnologie en denk-

wyses ten toon gestel kan word, maar ook

waar die landboustorie vertel word. Dié

jaar het ons verskeie media (waaronder

televisie- en produksiespanne) gesien wat

NAMPO bygewoon het met die oog daarop

om die landboustorie te vertel.

NAMPO Oesdag het oor die jare reeds

sekere waardes gevestig, waarmee hy tot

die plaaslike ekonomie en sy gemeenskap

bydra. Vir dié rede word kosstalletjies slegs

beman deur nie-winsgewende organisa-

sies, soos skole en kerke. Dit is ‘n skou van

hoëwaarde-uitstallers, wat landbougerig is

en waarvan landbouers ‘n groot deel van

die teikenmark vorm.

Dit is ook essensieel dat NAMPO gesien

word as ‘n landboufamilie-ervaring. Daar-

om is daar uitstallers wat spesifiek gemik is

op die vroulike landbouers en die jonger

geslag landbouers. Dit is opvallend dat

buitelandse besoekers en internasionale

skoue dadelik opmerk dat die hele skou

‘n familie-ervaring is en dat besoekers ‘n

welkome en warm atmosfeer beleef.

Uitstallers se persepsie

van NAMPO

As deel van ons waardes wil ons graag hê

dat ons uitstallers moet voel hulle word as

vennote gesien. Daarom het ons dit hier-

die jaar goed gedink om deur middel van

vraelyste terugvoer vanaf ons uitstallers te

verkry. Die terugvoer was oorweldigend.

Ons het ‘n groot aantal voltooide vraelyste

terugontvang.

In terme van hoe die uitstallers die skou in

geheel beoordeel, het 87% van die uitstal­

lers gevoel dit was baie goed tot uitstekend

(

Grafiek 1

). Meer as 50% van die uitstal-

lers het aangedui dat die sterkste positiewe

punt van die Oesdag die goeie organisering

was, gevolg deur hoëkwaliteit-besoekers

wat daar is om besigheid te doen, asook die

diversiteit van uitstallers.

Die grootste negatiewe punt bly die uitda­

ging in terme van nasionale paaie wat nie

in ‘n goeie toestand is nie – en dié jaar het

veral die gesluite Viljoenskroon-Bothaville-

pad veroorsaak dat die noordelike parke­

ring geweldige druk ervaar het. Verblydend

egter was dat 28% van die uitstallers geen

negatiewe punt ervaar het nie.

In terme van organisering het 96% van die

uitstallers gevoel dat die Oesdag baie goed

tot uitstekend georganiseer was en dat

die personeel die meerderheid van die tyd

behulpsaam was en inligting tydig aan die

uitstallers verskaf het.

Dit is vir Graan SA uiters belangrik dat die

plaaslike ekonomie ook by die geleentheid

sal baat. Die uitstallers het aangedui dat

hul gemiddeld R51 800 plaaslik aan verblyf,

etes en arbeid spandeer het. Dit is ‘n totaal

van R38,7 miljoen wat slegs deur uitstallers

spandeer is – neem in ag dat dit besoekers

se spandering op hierdie items uitsluit.

Die totale waarde van voorraad by NAMPO

was ‘n beraamde R1,5 miljard – ‘n gemid-

deld van R1,98 miljoen per uitstaller. Die

uitstallers het verder R125 753 per uitstal-

Grafiek 1: Beoordeling van NAMPO deur uitstallers.

Grafiek 2: Positiewe punte van NAMPO.