Background Image
Previous Page  3 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 124 Next Page
Page Background

1

September 2015

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Annelie Barnard, Dirk Bruwer, Bennie Buys, Abrie Coetzee, Thys Coetzee, Maryke Craven, Chris Dannhauser, Ron Derby, Jannie de Villiers, Hannalene du Plessis,

Du Preez Kritzinger, Magda du Toit, Bradley Flett, Alzena Gomes, Sonia-Mari Greyling, Dirk Hanekom, Justin Hatting, Nico Hawkins, Elbé Hugo, Astrid Jankielsohn,

Tinashe Kapuya, Koos Kirsten, Dirk Kotzé, Sakkie Koster, Landi Kruger, Louise Kunz, Cobus le Roux, Lacea Loader, Hans Lombard, Corné Louw, Gerrie Ludick, Jannie Myburgh,

Nokulunga Mzimela, Krishna Naicker, Hestia Nienaber, Jolanda Nortjé, Ockie Olivier, Goddy Prinsloo, Tshima Ramakuwela, Loureine Salomon, Aneen Schoeman,

Charlie Reinhardt, Ruth Schultz, Wandile Sihlobo, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Dries Sonnekus, Tarekegn Terefe, Wayne Truter, Gerrie Trytsman, Coretha Usher,

Pieter van der Merwe, Peet van der Walt, Elize van der Westhuizen, Leon van Wyk en Lex Visser

s

eptembermaand is partytjiemaand in ons huis – dan verjaar al

twee ons dogtertjies. En diegene met kleiner kinders sal weet:

Dit is (naas Kersfees) dié grootste en belangrikste gebeurtenis

in ‘n kind se jaar. Reeds maande voor die tyd word die tema

beplan – net om elke week (indien nie elke derde dag nie!) verander te

word. Die tema pas aan volgens die Disney-fliek wat nou bo-aan hulle

drie-keer-op-‘n-dag-kyk-lysie is.

Ek dink verlede jaar het elke tweede dogtertjie ‘n Frozen-partytjie ge-

had. Hierdie jaar het seuns en meisies ‘n Minions-partytjie...As jy nie

weet wat Frozen of Minions is nie, het jy vir seker nie kleinkinders of

kleintjies in die huis nie! Enige mamma sal vir jou die Frozen-temalied-

jie uit haar kop kan sing...

In my ouerhuis was dit tradisie om as een van ons verjaar, spek vir ont-

byt te kry. Dit was ‘n luukse wat net met verjaarsdae geëet is. As jy

vroegoggend wakker word, kon jy ruik: Iemand verjaar en vandag vier

ons fees! Ek dink produsente sal net só partytjie hou as hulle uiteindelik

die stryd teen onkruide, peste en plae gewen het!

Landbouchemiese middels of plaagdoders is een van die produsent se

grootste uitgawes. Alhoewel die koste daarvan nie dieselfde beloop as

kunsmis of diesel nie, is dit een van dié belangrikste insette om ‘n goeie

oes te verseker. Dit verg ook deskundige kennis oor die effektiewe en

verantwoordelike aanwending daarvan ten einde die gewasse teen

peste en plae te beskerm.

Plaag- en siektebeheer raak al hoe meer gespesialiseerd en vereis nie

alleen kennis van die plantbeskermingsmiddels nie, maar ook tegniese

vaardighede en toerusting vir die effektiewe aanwending van die mid-

dels. Swak onkruidbeheer sal kompetisie tussen onkruide en die gewas

veroorsaak wat tot gewasopbrengsverliese lei en die gewas kan onder

sekere omstandighede ook deur onkruiddoders beskadig word. Die

korrekte gebruik van die gewasbeskermingsmiddel kan dus nie genoeg

beklemtoon word nie.

SA Graan/Grain

het vir hierdie uitgawe by van die ghoeroes in die bedryf

gaan aanklop om vir ons lesers die jongste inligting oor oesbesker-

mingsmiddels te verskaf en om produsente te help met hulle plaag- en

onkruidbeheerbeplanning. Meer hieroor in ons fokus op geïntegreerde

plaagbeheer op bladsy 29 tot bladsy 89.

Ons kuier ook saam by die 2015 Graan SA/Syngenta Graanprodu-

sent van die Jaar-finaliste (bladsy 8 tot 13) en jy kan die finaliste in die

Graan SA/ABSA Bestaansboer van die Jaar-, Graan SA/Syngenta

Kleinskaalboer van die Jaar- en Graan SA/ABSA Nuwe Era Kommersiële

Boer van die Jaar-kompetisie ontmoet (bladsy 15 tot 25). Die wenners

word in Oktober aangewys tydens ‘n spoggeleentheid in Johannesburg

en ek is seker daar gaan dan ook groot feesgevier en partytjie gehou

word saam met dié produsente!

Geniet hierdie uitgawe van

SA Graan/Grain

.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Ontmoet ons

medewerkers...

Y

olandi Kruger, beter bekend

as Landi, is ’n gebore

Bloemfonteiner wat op ‘n

plaas by Bainsvlei groot-

geword het. Sy het by Kovsies

studeer. “Ek was nog altyd baie lief

vir die landbou, maar was nie seker of

ek ‘n loopbaan daarvan sou kon maak

nie. Ek het BCom (Finansiële Bestuur) studeer met Landbou-

ekonomie as ‘n ekstra vak. In my derde jaar het ek besef

daar is baie loopbaangeleenthede in die landbou en my

honneurs in Landbou-ekonomie voltooi.”

Sy het as graanverkryger by OVK op Ladybrand begin en in

2012 by die Graan SA-span aangesluit. Tans werk sy as ‘n

data-administreerder/ekonoom in die Landbou-ontwikkelings-

afdeling – wat ontwikkelende boere ondersteun. Sy is betrokke

by die opstel van besigheidsplanne vir dié boere asook die be-

planning en uitrol van ander projekte in die program. Sy is besig

met haar MBA-graad by Kovsies, “so tyd vir mans, kinders of

stokperdjies was daar nog nie,” skerts sy. Op bladsy 15 stel sy

ons aan die finaliste in die jaarlikse Graan SA-kompetisie vir

ontwikkelende produsente bekend.

H

ael is ‘n realiteit waarmee alle produsente

ongelukkig moet saamleef. Die vernietigende

aard van hierdie natuurlike verskynsel, is

gewoonlik duidelik bespeurbaar in die verslete

blare, gekneusde stamme en soms beskadigde

koppe van die mielies. Die tipe skade wat aangerig

word, hang af van die ouderdom van die plante

toe die haelskade plaasgevind het. Skade wat deur

hael aangerig word, is ongelukkig nie net beperk

tot fisiese waarneembare skade nie en dit kan

soms nog ‘n nare nadraai hê met die voorkoms

van siektes, soos stam- en kopvrotte.

Drs

MARYKE CRAVEN

en

BRADLEY FLETT

(LNR-Instituut vir Graangewasse) vertel op

bladsy 66

meer oor haelskade en die voorkoms

van stam- en kopvrot by mielies.

T

o celebrate the 25th anniversary of the Protein

Research Foundation (PRF) a decision was

made to host a Soybean Symposium during July.

Information regarding weed control was shared

with nearly 300 attendees of the two symposiums

held in Delmas and at NAMPO Park.

LOUISE KUNZ

(

SA Graan/Grain

contributor) attended the sympo-

sium at NAMPO Park. Read about it on

page 81

.

“P

resisie” verwys na die verfyning van

praktyke – iets wat landbou broodnodig

het. Dit verklaar ook waarom ons al hoe meer

van “onkruidbestuur” in pleks van “onkruidbe-

heer” hoor, maar is daar ‘n verskil? Volgens

prof

CHARLIE REINHARDT

(Universiteit van

Pretoria en Villa Academy) is geïntegreerde

onkruidbestuur “presisie-onkruidbeheer”

bladsy 88

.