Background Image
Previous Page  11 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 124 Next Page
Page Background

9

September 2015

5

6

9

7

8

10

5: Mielies en koring word twee keer ‘n jaar geoes en die lusern word slegs vir drie jaar in die grond gehou, waarna dit met graan opgevolg word.

‘n Basiese, maar buigsame wisselboustelsel word gevolg en aandag word aan produkpryse sowel as volhoubaarheid geskenk. Diversifikasie speel ‘n

belangrike rol in ekonomiese volhoubaarheid sowel as risikobestuur.

6: Mediumpotensiaal kleigronde word met saadsonneblom en katoen afgelos. Aartappels word slegs in nuwe grond geplant, wat dan met graan

opgevolg word en die grondboonlande lê vir drie maande voor planttyd kan begin. Grondbone word elke vier jaar op dieselfde grond verbou en katoen

word verbou waar vrotpootjie voorkom.

7: Minimum bewerkingspraktyke word toegepas en grond word slegs in die winter bewerk voor koringplanttyd ‘n aanvang neem. Grondboon- en

aartappellande word geploeg om sodoende goeie vermenging en deurlugting te verseker. Die beste plaagbeheerstrategie wat hier gevolg word, is

wisselbou en daar word gepoog om ‘n plaag eerder te voorkom as te beheer. Genade Boerdery se onkruidbeheerprogram word noukeurig bestuur en

tesame met vorige ondervinding, word opvolggewasse in ag geneem deur na die onthoudingsperiode van onkruiddoders te kyk.

8: Die Bruwers volg ‘n gevorderde tegnologiese boerdery. Blaarmonsters word deurlopend geneem om enige tekorte te identifiseer en regstellings

aan te bring. Om ‘n gesonde grondstruktuur te verseker, word grondmonsters voor planttyd geneem en GPS-stelsels word op alle stropers en trekkers

gebruik. As deel van die boerdery se beplanning, volg die Bruwers die leuse van “om te meet, is om te weet” en daarom speel boekhouding ‘n baie be-

langrike rol in die sukses van hierdie boerdery. Berekende besluitneming word gereeld toegepas en geen drastiese veranderings word aan verbouings-

metodes gemaak nie; alle finansiële besluite word dus goed deurdink en oorweeg voor aanpassings gemaak word. Elke vertakking van die boerdery

word gekontroleer en is verantwoordelik vir sy eie aankope, bestellings en lewerings.

9: Die Bruwers se meganisasie word noukeurig bestuur en in stand gehou en alle trekkers word weekliks nagegaan in konsultasie met die operateurs.

Arbeiders word krediet gegee vir innoverende beplanning en word betrek by die meeste aspekte van die boerdery. Sodoende word arbeiders se kennis

verbreed en vertroue ingeboesem. ‘n Paar geslagte is al werksaam op die plaas, met die langste diensrekord wat alreeds by 40 jaar draai.

10: Gemeenskapsbetrokkenheid is baie belangrik vir die Bruwers en bo en behalwe die borg van plaaslike skole, word die arbeiders se kinders ook van

skoolklere voorsien. Verder word ‘n sokkerspan op Douglas en Hopetown geborg. Genade Boerdery is voorts ‘n medestigter van ‘n lusernpoel, met

uitvoere na Saoedi-Arabië. Die Bruwer-manne sien baie geleenthede vir landbou in Suid-Afrika en beplan om in die toekoms vertikaal uit te brei om

sodoende produksie te verhoog op bestaande grond.