Background Image
Previous Page  12 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 12 / 124 Next Page
Page Background

September 2015

10

GRAAN SA

1

2

3

4

‘n Fotobeeld van Henk Michau

Lede-landskap

1: Willem Hendrik (Henk) Michau het in 1995 op

Tuinplaas begin boer nadat hy in sy pa se skadu-

wee op die plaas grootgeword het. Ná twee jaar

se swoeg en sweet op sy oom se plaas op Harri-

smith, het Henk teruggekeer na Modimolle en

met 100 ha gehuurde grond op Tuinplaas begin

boer. Nog twee jaar het verloop en ‘n addisionele

600 ha huurgrond later, het Henk Tuinplaas in

1999 gekoop, waar hy steeds boer.

2: Daar word hoofsaaklik graangewasse verbou

op beide droëland en onder besproeiing, naamlik

mielies, suikerbone, saadmielies en sonneblom.

Die saadmielies word in September aangeplant

en suikerbone in Februarie, waarna die sirkel in

die daaropvolgende seisoen omgekeer word.

Die suikerbone sit stikstof terug in die grond en

die mielies verskaf baie materiaal wat mikrobes

voed en grondstruktuur help opbou.

5

6

7

2015 Graan SA/Syngenta

Graanprodusent van die Jaar-finaliste