Background Image
Previous Page  10 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 124 Next Page
Page Background

September 2015

8

KOM KUIER SAAM BY DIE

2015 Graan SA/Syngenta Graanprodusent

van die Jaar-finaliste

M

et minder as ses weke om te gaan, heers groot opge-

wondenheid onder die finaliste en word met afwagting

uitgesien na die bekendmaking van die 2015 Graan SA/

Syngenta Graanprodusent van die Jaar op 16 Oktober

in Midrand.

Alhoewel hierdie reeds die 16de toekenning van sy soort gaan wees,

staan die beoordelaars steeds verstom oor die doeltreffende en

vooruitstrewende boerderye van elke finalis. Die passie en toewy-

ding waarmee die dagtaak aangepak word, is duidelik ‘n gemene

deler by al die finaliste.

Die toekenningsaand is ‘n ware vertoonvenster van uitmuntende

graanproduksie en dit vier die suksesse van beide die Graanprodu-

sent van die Jaar sowel as die Nuwe Era Kommersiële Boer van die

Jaar. Alhoewel daar slegs een wenner kan wees, word hierdie gala-

toekenningsaand opgedra aan ál die graanprodusente in ons land.

Geniet hierdie fotobeeld van ons 2015-finaliste en hou gerus die

November-uitgawe van

SA Graan/Grain

dop vir ‘n indiepte-kyk na

die prag van die gala-toekenningsaand.

Met dank aan ons borge waarsonder hierdie spoggebeurtenis nie

moontlik sou gewees het nie:

GRAAN SA

Lede-landskap

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA

1: Die Bruwer-manne van Genade Boerdery: Klein Vickie, Vickie, Hannes en Gerhard. Vickie het in

1976 op Jacobsdal inderhaas begin boer ná die afsterwe van sy oupa. Hy het op 20 ha besproeiing

en 200 ha veld begin en na-ure by die plaaslike Korrektiewe Dienste asook by die destydse Pos-

kantoor gewerk vir ‘n ekstra inkomste.

2: Ná die Modderrivier opgedroog het, het Vickie het in 1986 na Douglas verhuis en boer tot op

hede op 3 500 ha onder besproeiing en op ‘n addisionele 600 ha huurgrond.

3: Die Bruwers verbou hoofsaaklik mielies, koring, lusern en katoen, sowel as grondbone, saad-

sonneblom en aartappels op hoëpotensiaal-lande en streef deurentyd daarna om die balans

tussen die grond, gewasse en natuur te handhaaf en doeltreffend te bestuur.

4: ‘n Speenkalfproduksie en voerkraalstelsel word gevolg. Die totale veefaktor bestaan uit sowat

800 beeste. Verder is daar ook verskeie wildspesies op die plaas te vinde, wat onder meer insluit

kameelperde, ‘n trop rooibokke waaronder ‘n swart rooibokram vir split-teling en wit springbokke.

1

2

3

4

‘n Fotobeeld van Genade Boerdery