Background Image
Previous Page  14 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 14 / 124 Next Page
Page Background

GRAAN SA

2

3

‘n Fotobeeld van Niel Neethling

Lede-landskap

September 2015

12

1: Niel Neethling is een van drie broers wat saam begin boer het in 1988 en sedert 2003 boer slegs Niel en sy een broer, Jacques, saam op die plase

Potteberg en Verfheuwel – wat geleë is langs die De Hoop Natuurreservaat in die Wes-Kaap. Een van die bestanddele van hierdie wenresep, is die feit

dat elkeen nog altyd en steeds sy eie grond het.

2: Wintergraanverbouing behels koring, gars, kanola, korog en kleiner hoeveelhede hektare lupiene. Grondbewaring is vir hulle ongelooflik belangrik en

grond word teen alle koste opgebou. Geenbewerkingspraktyke word toegepas met tandbewerking een keer in tien jaar.

3: Presisieboerdery word toegepas deur saai-aanbevelings op oesdata te doen sowel as grondontledingsdata. Kultivarkeuses word gemaak op grond

van die markbehoefte, terwyl die gewasrotasie ook in ag geneem word.

4: Plaagbeheer teen snywurms en swamme wat op alle gewasse voorkom, word toegepas met behulp van toediening met ‘n grondspuit. Onkruidbeheer

vir grasse wat in die graan voorkom, behels voor-opkoms spuit op ‘n planter sowel as ‘n grondspuit.

5: Meganiese toerusting word noukeuring nagegaan en dieselrekords en uurlesings word stiptelik bygehou. Masjinerie word slegs vervang indien ‘n

taak nie meer in die gegewe tydskedule voltooi kan word nie en kontrakteurs word slegs gebruik waar seisoene oorvleuel.

6: Wisselbou op A-grond vind plaas met koring, gars, kanola, koring en gars aangesien die plaas ideaal daarvoor geskik is. Verskeie kanolavariëteit-

evaluasienavorsingsproewe word ook op die plaas gedoen.

7: Die plase se veefaktor sluit melkbeeste, skape en volstruise in. Die skape word bemark vir vleis sowel as vir wol en die volstruise gaan aan geregi-

streerde slagpale.

8: Die plaas beskik oor graanbergingsfasiliteite waar dit tydelik gestoor word en verskillende bemarkingsagente word vir die onderskeie gewasse

gebruik. Om die winsgewendheid van die graanbedryf in die toekoms te verseker, moet baie klem op geenbewerking en grondbewaring geplaas word

en strenger wetgewing in plek gestel word rakende die brand van oesreste.

9: Niel speel ‘n aktiewe rol in die gemeenskap as voorsitter van die landbouvereniging en as die Overberg Distrik Landbouvereniging se voorsitter

(2012 - 2014). Met ‘n positiewe ingesteldheid oor die toekoms van landbou in Suid-Afrika, glo Niel ook dat bedryfsorganisasies ‘n belangrike skakel is

tussen produsente en die regering ter wille van die land se voedselsekerheid.

10: Die arbeidsmag is nou betrokke by die boerdery en neem aan bedryfstakbesluite deel. Arbeiders verdien hoër pakkette as die minimum loon, wat

volgens die Neethlings ongetwyfeld ‘n positiewe effek op die produktiwiteit van hul werkers het.

KOM KUIER SAAM BY DIE

2015 Graan SA/Syngenta

Graanprodusent van die Jaar-finaliste

6

4

5

1