Background Image
Previous Page  3 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 112 Next Page
Page Background

1

October 2016

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Annelie Barnard, Pietman Botha, Dirk Coetzee, Ron Derby, Cathy de Villiers, Jannie de Villiers, Bertie de Wet, Jan Dreyer, Jan du Preez, Lindeque du Toit, Vlok Ferreira,

Bradley Flett, Juanita Greyling, Alzena Gomes, Sheryl Hendriks, Elbé Hugo, Gerrit Jansen van Vuuren, Koos Kirsten, Corné Louw, André Lund, Jenny Mathews, Jolanda Nortjé,

Moses Ramusi, Ruth Schultz, Gerhard Schutte, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Dirk Strydom, Scott Sydenham, Vicki Tolmay, Wayne Truter, Gerrie Trytsman, Coretha Usher,

Johan van den Berg, Luan van der Walt, Corné van der Westhuizen, Marlene van der Walt en Marinda Visser

a

ggenee, die pryse wat ons dorpsjapies deesdae vir vleis

in ‘n supermark of slaghuis moet opdok, is darem net

buitensporig! En vir ‘n gebore plaasjapie des te meer

– juis omdat ek weet hoe min daarvan in die produsent

se sak beland. Iemand lag al die pad bank toe – en dit is

beslis nie die produsent nie.

Ons fokus die maand op diere. Dit het my ver laat terugdink – aan

kleintyd toe ek en my oudste boetie, Louis, saam met my pa en

oupa gery het om twee slagbeeste by ‘n buurman te gaan koop.

(Ja, kan jy glo in daardie dae is daar sommer twéé beeste be-

werk – genoeg vleis en wors om ‘n mens darem te hou tot die vol-

gende winter.)

Oupa het so ‘n wit Ford Cortina-bakkie gery en Pa het dié dag

met die Leyland-vragmotor gery. Dit was altyd vir my vreeslik lekker

om saam met Pa in die vragmotor te ry – jy sit mos so hoog en kan

tot dóér ver sien.

Ek onthou nou nog hoe ongelooflik kwaai die beeste was en hoe

daar gespook is om hulle agter op die vragmotor se bak te kry. En

hoe hulle agter op die bak gestoei het om af te kom – dalk het hulle

geweet wat hul voorland was? Die vragmotor het só heen en weer

gewieg dat dit vir my gevoel het dit gaan omslaan! Doodbenoud

het ek besluit om maar eerder saam met Oupa in die bakkie terug

te ry huis toe.

In die uitgawe

Die afgelope jaar is gekenmerk deur uitdagende omstandighede

in die landbousektor. Groot dele van die bedryf het gebuk gegaan

onder die ergste droogte in 100 jaar. Hierdie knellende droogte

het in verskeie bedrywe van die landbousektor ‘n groter uitdaging

as gewoonlik ingehou. Een bedryf wat veral swaar getrek het, is

lewendehawe.

“Tekorte aan genoegsame weiding en hoë voerkoste het reg oor

die land daartoe gelei dat produsente groter gedeeltes van hul

kuddes noodgedwonge moes verkoop en/of laat slag,” verduidelik

Luan van der Walt (Graan SA). Op bladsy 50 gee hy ‘n breër oorsig

oor die beesvleisbedryf.

Ek dink menige produsent vra hulself gereeld af: Bedryf ek die reg-

te beesproduksiestelsel? Volgens Pietman Botha (

SA Graan/Grain

medewerker) is dit nie so eenvoudig om stelsels met mekaar te

vergelyk nie – en onvolledige inligting kan tot foutiewe afleidings

aanleiding gee. Die beesstelsels wat vergelykbaar is, is die tipiese

speenkalfstelsel, die 18 maande-bemarkingstelsel, die 36 maande-

osstelsel en die nuwe speenkalfstelsel – waar die tipiese April-

speenkalwers oorwinter en net ná die winter verkoop word om vir

die Kersfeesmark afgerond te word.

“Elke stelsel is uniek en het ander reëls, verskillende kuddesame-

stellings, bemarkingstye en risiko’s. Uiteindelik maak dit nie saak

watter stelsel gebruik word nie – die basiese aspekte van veeboer-

dery moet in plek wees,” sê hy. Lees meer daaroor op bladsy 46.

Geniet die uitgawe! Groetnis tot volgende maand.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

F

ollowing Grain SA’s internal restructuring, two

units namely Grain Economy and Grain Re-

search and Policy Centre, were established in line

with the organisation’s ever-expanding mandate.

DR MARINDA VISSER

(Grain SA) explains that

central to this was the need to escalate Grain SA’s

active role in the co-ordination of needs-driven

grain research. ‘The approach agreed upon was to

establish consortia and multi-stakeholder partner-

ships, preferably with universities and other

appropriate public-private partners,’ she said.

Read more on

page 17

.

G

ERHARD SCHUTTE

(Rooivleisprodusente-

organisasie) vertel op

bladsy 42

dat veepro-

dusente se ekonomiese oorlewingsvermoë onder

druk is en dat uitvoere die winsgewendheid van

die bedryf kan bevorder. Die Uitvoerende Raad van

die RPO is by die kongres versoek om ‘n uitvoer-

strategie vir die bees- en skaapvleisbedrywe te

ontwikkel, wat sal verseker dat primêre produsente

hul regmatige premies sal ontvang.

D

ie 2015/2016-produksieseisoen was vir die

meeste produsente ‘n vyfsterriller. Veral in

die westelike produksiegebiede is buitengewone

weersomstandighede beleef – waarvan droogte

en hitte die ergste was. Volgens

DR JAN DREYER

(Proteïennavorsingstigting) is wisselbou die

logiese keuse vir ‘n graanprodusent en sojabone is

een van die beste kandidate om saam met mielies

in te span. Lees op

bladsy 68

meer daaroor.

O

ns almal weet daar bestaan verskeie risiko’s

in die markte van die produkte wat deur pro-

dusente geproduseer word. Hierdie risiko’s strek

vanaf produksie- tot prysrisiko. Oor produksie-

risiko het produsente in die meeste gevalle nie

beheer nie, maar prysrisiko kan produsente tot ‘n

groot mate bestuur. Op

bladsy 30

verduidelik

LUAN VAN DER WALT

(Graan SA) hoe jy jou

graan- en veeprysrisiko kan bestuur.

Ontmoet ons

medewerkers...

g

errit Jansen van Vuuren het

BSc met Entomologie en Plant-

kunde as hoofvakke en ‘n

nagraadse kwalifikasie in Ento-

mologie aan Tukkies verwerf. In 1988

het hy by die LNR-Instituut vir Plant-

beskerming begin werk en onder

andere betrokke geraak by navorsing

met betrekking tot toedieningstegnologie met spesialisering

in lugbespuiting wat later gevolg het.

Hy is sedert 1999 as tegniese adviseur by Villa Crop Protection

werksaam, waar hy tegniese advies aan landbouchemiese ver-

spreiders en produsente verskaf met betrekking tot chemiese

beheer van onkruid en insekplae op gewasse in die somer-

reënvalstreek. Gerrit is ook verantwoordelik vir die opstel

van gebruiksetikette vir plaagdoders, is betrokke as kursus-

samesteller van die Villa Academy se Toedieningstegnologie-

module en is ‘n lugbespuitingkonsultant vir CropLife SA. Gerrit

is getroud met Rosan en hulle het een dogter.

Lees in die uitgawe

op

bladsy 62

Gerrit se aanbevelings vir die keuse van die regte

spuitkop.