Background Image
Previous Page  9 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 9 / 112 Next Page
Page Background

7

WAARHEID

Om die

te sê...

KANTLYN

Op die

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estiedv@mweb.co.za

083 490 9449

Die wolmark het op 21 September vanjaar

noemenswaardig laer verhandel en die

Cape Wools Merino-indikator het met 5,4%

en 842 punte gedaal – en gesluit teen ‘n

waarde van R147,42/kg (skoon). Op die

Australiese mark was die aanwyser 1,4% af,

terwyl die Cape Wools Alle Wol-aanwyser

met 5,4% gedaal het.

Cape Wools Weeklikse Wolmark Kommentaar van

21 September 2016

5,4%

October 2016

Goeiedag Grootneef

Elke keer wanneer ek jou e-posse lees, wonder ek waar jy al jou stories vandaan kry? (Ek

verwys na jou brief in

SA Graan/Grain

Augustus 2016.)

Ja-nee, soos jy tereg sê: Klipmense is voorwaar baie besondere mense. Ek en my man het al so baie

boeke gelees oor hierdie wonderlike mense en verwonder ons elke keer oor hul vindingrykheid en deur-

settingsvermoë. Het ons nie baie by hulle te leer nie? Beter spoorsnyers en jagters kry jy nêrens in die

wêreld nie.

Ek het self ‘n groot liefde vir klippe en laat nie sommer ‘n geleentheid verbyglip sonder om ‘n mooi

klippie op te tel nie. Seker maar iets wat ek van my pa geleer het? Elke klip vertel sy eie storie. Ek het

nog nooit probeer om ‘n klip te verander nie, behalwe die sagte leiklip wat jy kan skuur en skaaf na die

vorm wat jy verlang, maar om ‘n gat deur ‘n klip te maak, is bo my vuurmaakplek. Hoeveel tyd, energie

en geduld is daar nie aan die dag gelê om die werkstuk te voltooi nie? En soveel geduld het ek nou

eenmaal net nie!

Ek verwonder my elke dag aan die groot klipgeboue: Kerke, skole, huise, klinieke, stasiegeboue en nog

meer wat so rotsvas staan. Is dit nie uitmuntende vakmanskap nie? Om klippe te moet kap en bytel

totdat hul perfek pas om ‘n gebou waterpas die lug in te laat toring – vir baie eeue – is waarlik kunswerk.

Iets wat my regtig dwars in die krop steek, is diegene wat

oral met spuitverfblikkies die aakligste goeters op rotse en

geboue teken en skryf. Waar is die mensdom se opvoeding

tog heen? Maar dit is ‘n storie vir ‘n heel ander dag. Ons hou

maar by die mooie en die goeie dinge.

Kom, laat ons ons natuur en sommer ook mekaar waardeer.

Rol maar ‘n klippie uit iemand anders se pad en skud daai

lastige ou klippertjie uit jou skoen!

Groetnis uit die mooie Boland!

Ria van Wyk

Worcester