Background Image
Previous Page  10 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 112 Next Page
Page Background

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Wat jy moet weet oor lidmaatskap

g

raan SA is ‘n outonome bedryfsorganisasie wat in be-

lang van die graanprodusent in Suid-Afrika optree. Lid-

maatskap is onderworpe aan ‘n vrywillige bedryfsheffing

wat tydens die jaarlikse Kongres goedgekeur word.

Indien daar meer as een produsent by ‘n boerdery be-

trokke is, kan hulle ook as koppellede lidmaatskap bekom. Koppel-

lede het dieselfde ledevoordele as ‘n gewone lid, mits ledegeld

opbetaal is vir al die lede.

Hoe word ek lid van Graan SA?

Enige produsent wat graan produseer, kan lidmaatskap bekom

deur slegs ‘n magtigingsvorm by Graan SA se kantoor, of die vorm

wat op die webblad beskikbaar is, te voltooi. Na ontvangs van die

magtigingsvorm, stuur Graan SA die vorm na die invorderings-

agent waar lewering van graan gaan plaasvind. Met die vorm magtig

jy as produsent die betrokke agent om ‘n heffing van die bedrag

aan jou verskuldig, af te trek en aan Graan SA oor te betaal. Met

ontvangs van die magtigingsvorm, word jy dan op Graan SA se

databasis geregistreer.

Wat beteken dit om opbetaal te wees?

Volwaardige lidmaatskap behels ‘n minimum betaling van R1 000

(plus BTW). Die finansiële jaar strek vanaf 1 Maart tot 28 Februarie

van enige gegewe jaar. Indien daar meer as een persoon by ‘n

boerdery betrokke is, moet elke koppellid derhalwe die minimum

bedrag betaal om opbetaal te wees.

Opbetaalde lede kan die Graan SA Kongres as stemgeregtigde

afgevaardigdes bywoon en kwalifiseer ook vir gratis toegang tot

Graan SA se NAMPO Oesdag. Die bedryfsheffing (soos goedgekeur

op die Kongres van 2016) word in

Tabel 1

weergegee.

Hoe word die heffing gevorder?

Graan SA het ooreenkomste met landboubesighede en graan-

afnemers gesluit, wat namens Graan SA ondersteuning verleen met

die invordering van heffings. Daar word egter tans baie graan direk

by plase gelaai. Daarom bly dit die produsent se verantwoordelik-

heid om sy heffing aan Graan SA oor te betaal en sodoende ‘n opbe-

taalde lid te bly.

Indien ‘n lid sy graan by een van die geregistreerde vorderings-

agente lewer, bly dit die lid/produsent se verantwoordelik om

toestemming vir die aftrekking van die heffing te gee.

Indien jy as produsent verkies om jou heffing volgens tonne

gelewer, direk aan Graan SA oor te betaal, moet die bewys van

betaling, asook die besonderhede van die tipe gewas na Patricia

Mahlatsi deurgestuur word by

patricia@grainsa.co.za .

Dit is ook

baie belangrik om jou BTW-nommer in te sluit. Daarna sal Graan SA

‘n faktuur aan jou uitreik.

Rekeningbesonderhede

Graan SA

Absa Bank

Rekeningnommer: 790 810 007

Takkode: 632 005

Aanwending van die bedryfsheffing

Die oorgrote meerderheid (41%) van die bedryfsheffing word

hoofsaaklik aangewend vir navorsings- en ontwikkelingsprojekte.

5% van die bedryfsheffing word teruggekanaliseer binne Graan SA-

strukture na boereverenigings en studiegroepe en ‘n persentasie

word aangewend om met georganiseerde landbou te affilieer. Sien

Grafiek 1

vir meer besonderhede.

DIRK KOTZÉ

en

TOIT WESSELS,

albei ledebemarking en kommunikasiebeamptes: Graan SA

GEWAS

HEFFING PER TON

Mielies

R2,50

Sojabone

R5,00

Sonneblom

R5,00

Sorghum

R2,50

Grondbone

R10,00

Koring

R3,00

Kanola

R4,00

Gars

R3,00

Alle ander grane

R3,00

Alle heffings sluit BTW uit

Grafiek 1: Aanwending van die Graan SA-heffingsinkomste.

TABEL 1: GRAAN SA-HEFFING.

Oktober 2016

8