Background Image
Previous Page  11 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 112 Next Page
Page Background

Takbefondsing

Die betrokke strukture en verenigings verskaf jaarliks ‘n ledelys

aan Graan SA, waarna die berekeninge gedoen word om die

oorbetaling van gelde te fasiliteer. Die 5% dra by tot die betrokke

strukture se effektiewe funksionering op grondvlak en elke

Graan SA-hoofbestuurslid is verantwoordelik daarvoor dat sy/haar

streek se fondse geëis word. Ledebetrokkenheid is die sleutel tot

‘n dinamiese organisasie en Graan SA nooi elke lid om aktief aan

die aktiwiteite van die organisasie deel te neem deur onder meer

tak-, streeks- en boereverenigingsvergaderings by te woon. Tydens

hierdie vergaderings ontvang lede direkte terugvoer oor sake

rakende hul bedrywe.

Kommunikasie

Ledekommunikasie is van kardinale belang en die korrektheid van

die Graan SA-databasis is dus belangrik. Deur die voltooiing van ‘n

magtigingsvorm kan jou kontakinligting opdateer word, hetsy e-pos

of telefoonnommers, om sodoende te verseker dat elke produsent

die relevante Graan SA-kommunikasie ontvang.

Kommunikasie met lede geskied op die volgende maniere:

Markinligting word daagliks per e-pos aan lede gestuur.

SA Graan/Grain

(wat aktuele sake en bedryfsinligting verskaf)

word op maandelikse basis aan lede gepos.

Elektroniese briewe word tweeweekliks aan lede gestuur.

SMS-boodskappe vorm ook ‘n integrale deel van kommunikasie

met lede. Dit is dus belangrik dat die organisasie jou korrekte

selfoonnommer het.

Relevante inligting en gebeurtenisse kan ook op

Facebook

(

www.facebook.com/GrainSA )

en

Twitter

(

@GrainSA

) bekom

word.

Besoek gerus Graan SA se webblad by

www.grainsa.co.za

vir

meer inligting.

Bewerkstellig jou eie gemoedsrus deur lid te word van Graan SA.

Skakel gerus vir Patricia Mahlatsi (

patricia@grainsa.co.za )

of

Elray Stuurman (

elray.stuurman@grainsa.co.za )

vir enige navrae oor

jou heffing.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Tiani Claassen 2015