Background Image
Previous Page  6 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 92 Next Page
Page Background

4

e

k het ‘n klompie jare gelede ‘n boek gelees oor leier-

skapstyle in tye van verandering. Die skrywer (Alan Rox-

burgh:

Crossing the bridge

) het baie moeite gedoen om

te verduidelik wanneer die samelewing verandering

beleef en wat nodig is, vir jou as leier, om onder sulke

omstandighede te doen.

Sy beskrywing van verandering was: Verandering vind plaas wan-

neer daar vaste oortuigings is wat begin verdwyn of wanneer daar

twyfel daaroor ontstaan. Suid-Afrika is tans op só ‘n plek. Ons is nie

seker of ‘n lig gaan aangaan as jy dit aanskakel nie en baie dorpe en

stede is selfs nie meer seker van die water in hul krane nie.

As grondeienaars is ons nie meer so seker of ons dit gaan behou

of nie. Die kerk neem besluite wat indruis teen ons diepgewortelde

geloof en die droogte en weervoorspellings van nog droogtes, kom

staan vierkantig voor ons as graanprodusente se geloof. Wat staan

ons te doen as elke weervoorspeller, en selfs nou ook politici, som-

mer drie jaar se droogte kom voorspel? Dit daag ons diepgewortelde

geloof uit!

Die droogte van 2015 los diep letsels in ons graangemeenskap. In die

noordweste van die land is dit nie so ongekend nie, maar die Swart-

land beleef sulke erge droogtes beslis minder gereeld. Die koring

wat op die lande staan en selfs nog op party plekke groen voorkom,

is leeg binne. (Dit klink vir my nogal soos mense wat poste vul, maar

nie diens lewer nie...) Leë are kan nie salarisse of paaiemente betaal

of diesel koop nie.

Ons kan die beste landboupraktyke toepas,

maar plante kan nie sonder water klaarkom

nie. Ons harte gaan uit na julle wat die droog-

te nie op ‘n televisieskerm volg nie, maar op

die lande. Ons weet dit is net julle wat die

toestande op die lande moet omsit in rand en

sent, wat regtig die impak daarvan verstaan.

Daar is of was nog altyd ‘n diepgaande ge-

sonde verhouding tussen Graan SA en die

verskillende graantrusts. Die produsente was

immers daar toe dit gestig is, maar dit is aan

die verander. Nuwe trustees met ander sie-

nings en beperkte kennis oor waar die geld

vandaan kom en vir watter doel dit geskep is,

maak dit al hoe moeiliker.

Ons het verlede jaar in ons jaarverslag al iets

van die ou bestaande verhoudinge wat aan die

verander is, probeer deurgee. Die goeie nuus

is dat die oue altyd plek maak vir die nuwe. Ons sal binnekort verder

hieroor terugvoer gee. My saak handel egter vandag oor wat ons te

doen staan rakende die diepste oortuigings wat aan die verander is

en wat die taak van ‘n leier in sulke gevalle is.

Roxburgh se raad is dat ‘n mens baie mooi moet gaan delf om die

diepe waarhede waarin ons steeds vas glo en waaraan ‘n mens kan

vashou, uit te grawe. Dit is waaraan ons mekaar moet bly herinner.

Hy noem onder andere die voorbeeld van Daniël wat in ballingskap

steeds by die waarhede gebly het waarin hy vas geglo het, al was

alles rondom hom vreemd.

Mense gaan in sulke tye heen en weer oor ‘n brug van die oue en

die nuwe. Jou werk as ‘n leier is om op die brug te staan en die

verwarde mense rigting te gee met vaste waarhede. Harder werk en

vinniger hardloop gaan nie in hierdie fase so goed werk nie. Daar

is baie emosies en diverse sieninge van, en optredes rakende die-

selfde dinge.

Een ding is egter vir my duidelik en dit is dat die graanbedryf ‘n

nuwe raamwerk en veld vir die toekoms sal moet uitteken en dat

ons met ons bestaande vennote in ‘n nuwe verhouding moet tree,

om selfs meer onafhanklik van die staat en volhoubaar te kan

produseer. Dit gaan tyd neem en daar is nie opleiding daarvoor

nie.

Google Maps

het ook nog nie hierdie roetes opgeteken nie.

Sterkte!

Dinge is aan die verander

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Verandering vind plaas wanneer

daar diepgewortelde oortuigings

is wat begin verdwyn of wanneer

daar twyfel daaroor ontstaan.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

November 2015