Background Image
Previous Page  10 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 92 Next Page
Page Background

WILLEM VOOGT,

bestuurder: Bemarking en Finansies, Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Graan SA-lede kuier heerlik saam

by die Megaweek

m

et die 2015 Agri Mega Week iets van die verlede,

kyk ons weer eens terug na al die gebeure tydens

dié week wat op Bredasdorp plaasgevind het.

Mega Park was vanaf Woensdag, 16 September,

tot Saterdag, 19 September, ‘n miernes van be-

drywighede en met ‘n ietwat kleiner Graan SA-

tent, maar met hope meer gasvryheid en pragtig versier, het baie

goeie interaksie tussen Graan SA-lede en die bestuur van Graan SA

plaasgevind.

Lede is oudergewoonte bederf met ‘n stomende cappuccino, geborg

deur John Deere Financial en toe die verwagte koue neersak en die

ysige windjie opsteek, was die koffie en warm sjokoladedrankies ‘n

besliste treffer.

Dit was ‘n wonderlike paar dae waar daar gesellig en informeel ge-

sels is en “oplossings” vir al die graanprobleme gevind is.

Die eerste dag van die Megaweek het stil-stil afgeskop met oog-

lopend minder Swartland-lede wat besoek kom aflê het. Die

groendroogte wat daar ondervind word, was definitief ‘n bydraende

faktor aangesien dit glad nie goed lyk daar nie – en ja laat ons dit

maar noem – koring word nie geplant om kuilvoer te maak nie!

Ons het egter weer ons invorderingsagente genooi as gaste vir die

dag en mnr Louw Steytler (voorsitter: Graan SA) het hulle tydens

die middagsessie bedank vir hul onbaatsugtige diens en hul rol in

die sukses van heffingsinvorderings beklemtoon. Die vergadering is

afgesluit met ‘n gesellige ete en daar is lekker saam met die gaste in

die tent verder gekuier.

Graandebat

Die getalle in die tent het egter teen Donderdag dramaties ver-

meerder, wat toegeskryf kan word aan die belangstelling in die

Graandebat wat plaasgevind het. Die onderwerp “Hoe kan ons

die produksie van koring in die Kaapprovinsie sowel as in Suid-

Afrika verhoog?” was ‘n treffer en die sprekers het eerlik en open-

hartig gepraat.

Hierdie gesprek, ingelei deur mnr Jannie de Villiers (uitvoerende

hoofbestuurder: Graan SA), het die byna 200 gaste teenwoordig,

breedvoerig ingelig oor die werksaamhede tot op hede van die

Koringforum en gaste op hoogte gebring ten opsigte van die forum

se gesprekke en besluitnemings.

“Almal is dit eens dat die doel moet wees om meer winsgewend te

wees sodat ons koringproduksie kan opstoot,” het De Villiers gesê.

Mnr André Uys (hoofuitvoerende bestuurder: Overberg Agri), het

die debat geopen en het moontlike verhoogde produksie bespreek

uit die oogpunt van landboubesighede en koringopbergers. Uys het

beklemtoon dat kommunikasie tussen alle rolspelers van uiterste

belang is en dat bydrae tot die groei van koringproduksie toppriori-

teit geniet.

Hy het verder beklemtoon dat inflasie-aangepaste kommoditeits-

pryse onder druk sal bly in die lang termyn en dat koringproduk-

sie slegs gestimuleer sal kan word as dit die beter alternatief vir

produsente is om te plant. Uys het afgesluit deur produsente aan te

moedig om nie op te hou om kleiner verbeteringe aan te bring nie,

maar om te besef dat die langtermynoplossing in tegnologie lê.

Mnr Gido Janse van Rensburg (direkteur: Graan, Bester Voer en

Graan) het bevestig dat handelaars graag die koringbedryf wil by-

staan om sodoende tonnemate te vermeerder. Verder het Janse

van Rensburg die aandag behoorlik vasgevang met die bespreking

van uitdagings rakende die lang tydperk rondom die afkondiging van

die invoertarief en dat GMO-koring meer in die Suid-Afrikaanse ko-

ringbedryf benut moet word.

Mnr Erich Jordaan, (hoofaankoper: Tiger Brands) het uitgebrei ten

opsigte van meulenaars se werksaamhede en behoeftes. Jordaan

het ook die gedagte dat die Suid-Afrikaanse koringbedryf nie in

nood is nie, beklemtoon, maar wel sekere realiteite uitgelig, soos

dat marginale grond nie onder produksie gaan kom nie en die hoë

risiko van koringaanplanting in die Vrystaat.

“Die kontantmark kan nie werk solank ons nie graan kan waarborg

nie,” het Jordaan gemaan.

Na afloop van die sprekers het verskeie vrae en redenasies uit

die gehoor ontstaan en ‘n baie suksesvolle debat is afgesluit deur

mnr Nico Groenewald (hoof: AgriBesigheid SA, Standard Bank)

– die borg van die landboudebat.

Mentorsvergadering

Ná die oggend se verrigtinge, het Graan SA met opkomende boere,

hul mentors sowel as lede van Casidra – wat verantwoordelik is vir

die implementering van die Grain Commodity Project Allocation

Committee (CPAC), vergader. Die getal bemagtigingsprojekte in die

Wes-Kaapse graanbedryf het gedurende die afgelope drie jaar ver-

driedubbel. Die groei en sukses van ‘n handjievol projekte, soos die

Agri Dwala Bemagtigingstrust, Suurbraak Graanprodusente, Swart

Boerdery, Knolkop Bemagtigingstrust en Genadeshoop Boerdery

het die baan geweg vir bemagtingsprojekte in die Wes-Kaap.

TOIT WESSELS,

ledebemarking- en kommunikasiebeampte, Kaapprovinsie,

ALZENA GOMES,

skakelbeampte en

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder: Wes-Kaap, almal van Graan SA. Foto’s:

ALZENA GOMES

November 2015

8