Background Image
Previous Page  13 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 13 / 92 Next Page
Page Background

Staatmakers word gegroet

G

raan SA se NAMPO Oesdagkomitee het in Junie vanjaar

tydens ‘n smaakvolle middagete op NAMPO Park, van drie

staatmakers wat op die Oesdagkomitee gedien het, afskeid

geneem.

Tydens die geleentheid is dank betoon teenoor mnre Harm

Steenkamp, Ryan Mathews en me Rika van Eeden wat hulle tyd en

energie opgeoffer het om die saak wat vir die produsent en landbou

belangrik is, te dien.

Die voorsitter van die NAMPO Oesdagkomitee, mnr Cobus van Coller,

het tydens die geleentheid sy dank en waardering uitgespreek

teenoor hierdie persone vir hul bydrae tot die sukses van die

NAMPO Oesdag. Van Coller het ook die ondersteunende dienste

wat die geleentheid bygewoon het, bedank vir hulle hulp en bystand

gedurende die Oesdag.

Steenkamp het vanaf 2006 tot 2014 ‘n waardevolle bydrae op die

terrein en by die toegangshekke gelewer. Mathews was behulpsaam

by die vee-uitstallings vanaf 2011 tot 2015 en sy bydrae sal beslis

gemis word.

Die voorsitter het Van Eeden in haar afwesigheid bedank vir haar

jarelange bestuur van die Donkerhoek-saal as fasiliteit vir uitstallers

en die afgelope paar jaar as organiseerder van die NAMPO Oesdag

damesprogram. Sy was vanaf 2004 in beheer van die Donkerhoek-

saal en vanaf 2007 tot 2012 betrokke by die reëlings van die

damesprogram. Vanaf 2013 tot 2014 het sy as sameroepster van die

damesprogram opgetree. Van Coller het haar ook bedank vir haar

insette by die teetuin.

1: Cobus van Coller en Johan Loxton (bestuurder: Kommersiële

Dienste, Graan SA) oorhandig ‘n lugfoto van die NAMPO Oesdag aan

Harm Steenkamp (middel).

2: Ryan Mathews (middel) ontvang sy NAMPO Oesdag lugfoto van

Cobus van Coller en Johan Loxton.

3: Persone van die ondersteunende dienste kuier gesellig saam tydens

die geleentheid waar hulle bedank is vir hul waardevolle bydrae tot die

NAMPO Oesdag.

11

GRAAN SA

Cut losses with

PRECISION

Plant with

VISION

Process Monitor

for Air Seeders

‡

Area

‡

Speed

‡

Tacho up to 4 axles

‡

Alarm on each function

‡

Easy to install

‡

Bin / Tank full

‡

Bin / Tank empty

oPr udly Made

in South Africa

Tel: 012 345 3193

Fax: 012 345 6763

Web:

www.electrolee.co.za

Email:

info@electrolee.co.za

Sales:

sales@electrolee.co.za

Planter Monitor

‡

Seed per 100m per row, seed population

‡

Hectares worked and much more

‡

Easy to install and maintain

‡

Fertilizer and turning of axles

‡

Can be applied to most planters

‡

Real tough, rust and water resistant

WIM VENTER,

Oesdagbeampte: Graan SA

1

3

2