Background Image
Previous Page  18 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 18 / 92 Next Page
Page Background

November 2015

16

Graanprodusentwenners

wys geestelike taaiheid

te midde van uitdagings

N

et soos bekende historiese en huidige legendes in die

wêreld, het die Graanprodusent van die Jaar 2015-finaliste

en wenners ook met uitdagings te doen op hul pad na

sukses.

Genade Boerdery van Douglas (Graan SA/Syngenta Graanprodu-

sent van die Jaar), mnre Ngubengcuka Christian Moyo van Maclear

(Graan SA/ABSA Bestaansboer van die Jaar), Daliwonga Nombewu

van Mthatha (Graan SA/Syngenta Kleinskaalseboer van die Jaar)

en Solomon Masango van Carolina (Graan SA/ABSA/John Deere

Financial Nuwe Era Kommersiële Boer van die Jaar) se profiel-

stories getuig elkeen van geestelike taaiheid te midde van die uit-

dagings op hul pad na sukses.

Dié stories het me Linda van der Merwe (hoof: Kliëntebemarking,

Syngenta Suid-Afrika) laat terugkyk op merkwaardige historiese

en huidige legendes se lewens en moeilike tye wat hulle moes

deurmaak. “Vincent Willem van Gogh het jare gesukkel met maniese

depressie, epilepsie en ‘n baie skaars pynlike buiksiekte. Tog het hy

sy bekende ‘Sterrenag’-kunswerk voltooi in die jaar voor sy dood.”

Van der Merwe het ook kortliks uitgebrei op Hugh Ramopolo

Masekela (Suid-Afrikaanse jazz trompetspeler) en Albert Einstein

(wetenskaplike) se suksesverhale asook die meer hedendaagse

voorbeeld van Victor Matfield (Springbokrugbyspeler).

Sy het verder vertel van Peter van Kets, ‘n bekende avontuurlus-

tige, wat tydens een van sy motiveringspraatjies ‘n paar gedagtes

gewissel het oor hoe om ‘n suksesvolle en betekenisvolle lewe te

lei ondanks teenspoed: “Omring jouself met ‘n wenspan, verstaan

die voordeel wat dit vir jou inhou as jy ander help om sukses te be-

haal en laastens, maar nie die minste nie, ontwikkel ‘n wenhouding.”

Mnr Victor Mongoato (visevoorsitter: Graan SA), wat gaste by die

toekenningsgeleentheid verwelkom het, sê dat ons lyding moet

deurmaak, want lyding bring volharding, volharding skep karakter en

karakter skep die hoop wat ons in God het.

Samewerking is nodig om uitdagings

te oorkom

Volgens mnr Brienne van der Walt (hoof: Besigheidsbanksektor en

Segmente, Barclays Africa en ABSA) is toegang tot inligting besig

om teen so ‘n vinnige tempo te verander, dat die probleem nie die

tekort aan inligting is nie, maar eerder die kapasiteit en vermoë om

data in ‘n bruikbare formaat om te sit.

“Baie van julle is reeds groot datagebruikers in die bestuur van

jul boerderye. John Deere se tegnologie en sagteware is ‘n goeie

voorbeeld van hoe miljoene grepe (

bytes

) van sensoriese en

waarnemingsdata verwerk en geïnterpreteer word in iets wat jou in

staat stel om beter en meer winsgewend te boer.

GRAAN SA

Toekenningsgeleentheid

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker en foto’s:

HELENUS KRUGER

1

3

4

5

2a

2b

2c