SA Graan November 2014 - page 6

4
d
it wasweer nat, koud enwinderig
by hierdie jaar se Megaweek. Die
koring, gars en kanola lyk pragtig
en die Wes-Kaap het weer eens
‘n baie mooi jaar. Verrassend ge-
noeg is daar hierdie jaar nie oor
die liggingsdifferensiaal gepraat nie. Grond-
sakewas aandieorde vandiedag.
Vir mywas die hoogtepunt beslis die gesprek
met nege van Graan SA se mentors. Manne
wat uit eie wil en befondsing hul medepro-
dusenteenarbeidershelpen ‘nmassiewever-
skil inhulle lewensmaak.
Hulle lyksoosalledaagse,gewoneprodusente,
maar hulle harte is anders. Hulle vertel opge-
wonde oor hoe hulle elkeen ‘nplanbedink het
omhul kollegas tehelp. Partyhet selfs asborg
opgetree, want die finansiering is niedaar nie.
Niemandwil helpnie...Dit is hartseer.
Hulle deel die vreugdes. Niemand is spyt oor
wat hulledoennie.Hullesal net graaghulpwil hêmet finansieringen
natuurlikmeer grond. Ek leer by onsmensedat elkeen ‘n eie, unieke
planhet.Dit issekerdiebelangrikste lesvirdiedag.Dít isnoumanne
wat nuwegrondbreek!
As almal net wil besef dat niemand vir jou een bloudruk sal kan
gee nie. Niemand het vir hierdiemanne ‘n skop gegee om te begin
nie. Dit was uit eie beweging. Dit sou beter wees as grondhervor-
ming só konwerk. “Op jou eie teiken, op jou eie tyd, gaan aan” (
à la
SAWeermag).
Inalmyomswerwingeenvergaderingswat ekbywoon, kom ‘nmens
op baiewyshede af. As jy fyn namense luister, hoor jy dit. Een van
hierdie suksesvolle mentors in die graanbedryf het die ander dag
só ‘n kleinwysheid kwytgeraakwat ‘n reuse-impak op die lewe het:
Almal vanonsweet dat landbounie vir sissies is nie.
Ons kan mense sekere vaardighede leer en wat om alles te doen
om kos te produseer vir mens en dier, MAAR as die druk kom en
dinge raakmoeilik, isdit karakterwat joudeurtrekennie jouvaardig-
hedenie.
Dit is juis hierdie wysheid en waarheid wat ons in landbou so
koester.Of ons nou jong leiers by die Graan Akademie oplei, of ons
jong landbouleiers in diewaardeketting aan gesoutementors bloot-
stel tydens die jongleierslaboratorium of bloot net ‘n opleidingses-
sie voor ‘n hoofbestuursvergadering: Karakter kom eerste! Karakter
word nie ge-
download
van die internet af nie. Karakter volg as jy
aanhou om die regte dinge te doen vir die regte redes en volhou
daarmee, ongeag.
Daar is baie karakterboutyd in alleenwees en self besluite neemwat
nie net almal op jou plaas raak nie, maar ook hulle wat die kos ver-
werk en eet wat jyproduseer.
Daar is ‘n gesegdewat sê dat jy eers kan ruik of dit ‘n roos of kakie-
bos is as jy dit op die grond met jou voet stukkend trap. Dan kom
die ware geur na vore. Hoe “ruik” jý as jy onder druk is? Watse
woorde spoel oor jou lippe – roos of kakiebos? Ekword gereeld ge-
toets as ek in die grondhervormingsvergaderings sit en die een na
die ander golf vanbeskuldigings onophoudelik oor jou spoel.
Dan is kalm bly en selfbeheersing die karakter wat jy nodig het om
maar weer na diemiddelgrond te beweeg en net vir diewaarheid te
staan. Dit is juis hierwaar diegenadegroot is.
Laat ons dan met integriteit vasstaan en die waarheid spreek tot
voordeel van almal. Of ons nougrondhervormingsdebat voer, pryse
met insetverskaffers of kopers onderhandel, of sommer net vir jou
kind leer dat ‘nmens al diewette vandie landmoet nakom.
Padvinders
JANNIEDEVILLIERS,
uitvoerende hoofbestuurder/CEO
Karakter volg as jy
aanhou om die regte
dinge te doen vir die
regte redes en volhou
daarmee, ongeag.
STANDPUNT
POINTOFVIEW
GraanSA
November 2014
1,2,3,4,5 7,8,9,10,11,12,13,14,15,16,...100
Powered by FlippingBook