SA Graan November 2013 - page 8

Onderwerp
Aktueel
November 2013
6
ISSN 1814-1676
EIENAAR/UITGEWER
GRAAN SA, POSBUS 88, BOTHAVILLE, 9660
BESTURENDE REDAKTEUR:
Johan Loxton
Tel: 08600 47246 • Faks: 086 509 7276 • E-pos:
SUBSKRIPSIE EN VERSPREIDING (ADRESVERANDERINGE):
Marina Kleynhans
Tel: 08600 47246 • Faks: 086 509 7270 • E-pos:
REDAKSIE
ASSISTENT-REDAKTEUR:
Estie de Villiers
Tel: 013 752 5731 • Sel: 083 490 9449 • Faks: 086 275 4157
E-pos:
SA GRAAN/GRAIN
TEGNIESE REDAKTEUR:
Johan Smit
Tel: 018 468 2716 • Faks: 018 468 7782 • Sel: 082 553 7806
E-pos:
REDAKSIONELE ASSISTENT:
Elmien Bosch
Tel: 018 468 2716 • E-pos:
BLADUITLEG EN REPRODUKSIE:
Ashley Erasmus, Jesseme Ross, Infoworks
Tel: 018 468 2716 •
E-pos:
DRUKWERK:
Kagiso BM
Tel: 011 622 3820
SPOTPRENTTEKENAAR:
Frans Esterhuyse
ADVERTENSIEVERKOPE
KOLBE ADVERTISING – Kaapstad
Jurgen van Onselen
Tel/faks: 021 976 4482 • Sel: 082 417 3874 • E-pos:
KOLBE ADVERTISING – Kaapstad
Johan van Onselen
Tel: 022 451 2773
• Die menings van die skrywers van artikels in hierdie blad is hul eie en ver-
teenwoordig nie noodwendig die mening van Graan SA nie.
The opinions expressed by contributors are their own. They do not neces-
sarily express the opinion of Grain SA.
• “Promosie-artikels” is betaalde artikels; terwyl “produk-inligting”-artikels
feite kan bevat oor kommersiële produkte.
“Promotional articles” are paid articles; while “product information” arti-
cles may contain facts on commercial products.
ALLE regte van reproduksie van alle berigte, foto’s, tekeninge, advertensies
en alle ander materiaal wat in hierdie tydskrif gepubliseer word, word hiermee
uitdruklik voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12(7) van die Wet op
Outeursreg Nr. 98 van 1978 en enige wysigings daarvan.
– Ds Koos Kirsten
Baie geluk aan Annetjie Horn van Bela-Bela wat vir die September-
uitgawe van
SA Graan/Grain
die gratis Bybel gewen het.
Die hoogste hof van die land bevind jou skuldig. Jy het die wet oortree
en moet nou boet vir jou wandade. Dit is die uitsprake wat ons graag
wil hoor as misdadigers gevang en verhoor word. As jy skuldig is, moet
jy gestraf word en die straf moet ooreenstem met die oortreding.
‘n Klein oortreding verdien net ‘n ligte straf, terwyl ‘n groot oortreding
swaar gestraf moet word. Dit is mos regverdig.
Met bogenoemde in gedagte kan ons nou gaan kyk wat die Bybel oor
die hoogste hof van alle howe sê. Die boek Romeine toon sterk trekke
van ‘n hofsaak. Die Regter is die Here en ons is die aangeklaagdes.
Die klag teen ons is dat ons die wet van God oortree het. Alle mense het
al die wette van God oortree en die uitspraak is dat alle mense skuldig
is. Almal is tot die dood toe skuldig en verdien om verdoem te word
(Rom 3:19). Ons almal verdien om hel toe te gaan.
Maar dit gebeur nie. Sommige van ons word vrygespreek ten spyte
daarvan dat ons almal ewe skuldig is (Rom 3:23 en 24). Is dit dan nou nie
onregverdig nie? As ‘n wêreldse hof ‘n skuldige persoon vryspreek, sal
die hele land ontsteld wees en in opstand wil kom daaroor. ‘n Skuldige
moet gevonnis word en sy vonnis uitdien, anders is dit onregverdig. Hoe
werk dit dan nou dat die Here iemand wat skuldig is, kan vryspreek?
Die antwoord is Christus. God het Hom na die wêreld gestuur om in ons
plek te kom staan en in ons plek die straf vir ons sondes te kom dra. Hy
het mens geword om vir die sonde van die mens te betaal. God het in sy
groot liefde vir ons bepaal dat Iemand anders vir ons kan instaan, ons
plek kan inneem en doen wat ons eintlik moes doen (Rom 4). God het
ons sonde aan Christus toegereken en Hom gestraf vir wat ons gedoen
het. Verder het Hy Christus se onskuld aan ons toegereken asof ons dit
gedoen het en ons op grond daarvan vrygespreek.
Hierin is ‘n groot stuk Goddelike ironie. Christus word deur ‘n wêreldse
regter, Pontius Pilatus, onskuldig bevind en tog ter dood veroordeel
(Joh 19:4 - 16). Die mens word deur God skuldig bevind en tog
vrygespreek. Dit is egter nie al nie, God lê die mens tog ook ‘n vonnis
op. Die vonnis is dat die mens nou moet glo. Jy moet glo dat
Christus vir jou gesterf en betaal het. As jy nie glo nie, kan jy
nie gered word nie. As jy glo, is jy gered.
Steeds is dit nie al nie. As jy glo, vonnis God jou ook om jou geloof
uit te leef. Jy leef uit die geloof en moet jou geloof uitleef. God het die
Heilige Gees aan ons gegee om ons tot geloof te bring en om ons te leer
en te lei om ons geloof uit te leef (Rom 8). Moenie teruggaan na jou ou
sondige leefwyse en jou opnuut skuldig maak aan die oortreding van
God se wet nie. Leef jou geloof uit deur die krag van die Heilige Gees
en wees gehoorsaam aan die wet van God.
Uit die
Woord
1,2,3,4,5,6,7 9,10,11,12,13,14,15,16,17,18,...100
Powered by FlippingBook