SA Graan November 2013 - page 11

JOHANN VAN ZYL, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER
Die feit dat daar elke sekonde twee ekstra
monde gebore word wat gevoed moet word,
vereis volgehoue produksiegroei deur die
wêreld se landbouers.
“Wat die uitdaging vergroot, is dat daar elke
jaar 10 miljoen tot 12 miljoen hektaar minder
landbougrond beskikbaar is om dié groeiende
bevolking te voed,” sê mnr Antonie Delport,
besturende direkteur van Syngenta Suid-
Afrika. “Dit maak die rol wat produsente speel,
al hoe belangriker.”
Delport het 64 van Suid-Afrika se voorste
graanprodusente tydens ‘n Syngenta-funksie
in Fourways, Johannesburg, toegespreek voor
‘n toets in die 2013 Viernasies-rugbytoernooi
tussen die Springbokke en die All Blacks op
Ellispark, gespeel is. Die naweek se verrigtinge
het ‘n gesogte toetskaartjie en kuier in ‘n
stadionlosie ingesluit. Volgens Delport kan
gerigte samewerking tussen produsente en
maatskappye wat in die landbou betrokke
is, ‘n noemenswaardige uitwerking op
voedselsekerheid in die volgende dekades
hê. “Landboukliënte soek verantwoordelike
maatskappye wat by probleemoplossing
betrokke is. Syngenta het hom daartoe verbind
om deur sy netwerke te help om landbousukses
te verseker.”
Delport meen dat een van die take wat
groot landbougroepe het, is om te help om
kommunikasie met beleidmakers te bevorder.
“Beleidmakers is meestal verwyder van
die landboupraktyk en hulle moet ingelig
word om ‘n positiewe rol in volhoubare
landbouproduksie te speel. Syngenta het
besluit om nie net ‘n toeskouer te wees nie,
maar aktief by oplossings betrokke te raak.
Vandaar ook die ontstaan van ons The Good
Growth Plan.”
Me Linda van der Merwe, hoof van Syngenta
se kliëntebemarking in Suid-Afrika, het
meer inligting gegee oor die maatskappy se
pro-aktiewe rol om ‘n deurlopende stroom
opgeleide en bekwame nuwe produsente vir
die plaaslike landboubedryf te verseker.
Dit sluit die AgriSafe-konsep vir topprodusente
in en die stigting van die Syngenta Graan
Akademie om produsente te slyp. Die
akademie is onlangs in samewerking met die
Universiteit van die Vrystaat (UVS) begin en
die kommentaar van die eerste groep
produsente wat die opleiding deurloop het, is
uiters positief.
“Die produsent se winsgewendheid is vir
Syngenta belangrik,” verseker Van der Merwe.
“Suid-Afrika se voedselsekerheid hang groot-
liks van ‘n nie-kwynende groep suksesvolle
produsente af.”
‘n Syngenta-baadjie is tydens die geleentheid
aan mnr Gilly Scheepers, wat verlede jaar as
Graan SA/Syngenta se Graanprodusent van
die Jaar gekroon is, oorhandig.
9
November 2013
Syngenta help
leierprodusente slyp
Antonie Delport (besturende direkteur:
Syngenta Suid-Afrika), oorhandig ’n
Syngenta-baadjie aan Gilly Scheepers
(links) – Graan SA/Syngenta se Graan-
produsent van die Jaar vir 2012.
Die paneelbespreking was vanjaar ‘n nuwe
toevoeging tot die Jongboer Toekomsfokus-
dag-program. Van links, prof Johan Willemse
(UOVS), Magnus Theunissen (voorsitter: Agri
Noordwes Jongboervereniging), Danie Minnaar
(voorsitter: Senwes), Janes Barnard (Vlakplaas
Boerdery), Wessel Hattingh (voorsitter: Vry-
staat Landbou Jongboervereniging) en Thabo
van Zyl (Wesselsbron).
Dié hoogloopspuit het tydens die praktiese
demonstrasies sy staal gewys.
Funksies
Aktueel
1...,2,3,4,5,6,7,8,9,10 12,13,14,15,16,17,18,19,20,21,...100
Powered by FlippingBook