SA Graan November 2013 - page 3

1
November 2013
Voorpunt
Daar is darem maar niks wat ‘n mens se batterye só herlaai soos ‘n weg-
breeknaweek na ‘n plaas of êrens in die natuur waar daar nie krag is nie
en jy nog vuur moet maak as jy koffie wil drink en die donkie moet stook
vir ‘n warm stort. En die selfoon se batterye pap is of daar nie opvangs
is nie...
In die vorige uitgawe het ek vertel van ons besoek aan vriende se jag-
plaas naby Gravelotte in Limpopo. Dáár moet jy nog soos ‘n Voortrekker
van ouds buite vuurmaak vir koffiewater en al die kos is dié naweek op
die vuur gemaak. En as jy ‘n warm stort wil geniet, moet die donkie eers
brandgesteek word.
‘n Vuur onder die donkie maak vir warm water? My kinders kon dit net nie
verstaan nie – tot ons vir hulle gaan wys het dit is nie ‘n regte egte donkie
soos wat hulle ken nie, maar ‘n drom vol water waaronder vuurgemaak
word vir warm water.
Ek moet sê: Min dinge kom daarby om vroegoggend, as die son net so
begin-begin kop uitsteek, langs die vuur te sit met jou blikbeker boere-
troos en ‘n beskuit in die hand en na die voëls te luister wat ontwaak.
Of laataand in die kole te staar of na die sterre so helder bokant jou
te kyk...
Die naweek was heerlik, maar ek moet bieg: ‘n Mens is dankbaar as jy
weer tuis kom; die lig kan aanskakel, die ketel kan aansit vir koffiewater en
‘n lekker lang, warm bad kan vat – wanneer jy wil en sonder om ‘n stompie
onder die donkie hoef te gooi. ‘n Mens raak darem maar gemaklik!
Ons fokus dié maand op water en energie en met brandstof- en elek-
trisiteitspryse wat die hoogte ingeskiet het, is daar binne die huidige
knellende ekonomie dikwels ‘n behoefte om koste te besnoei, maar in
‘n produksie-omgewing het energie in ‘n by-
kans onbeheerbare kostefaktor ontaard.
Al hoe meer Suid-Afrikaners oorweeg dit om
hul eie elektrisiteit te skep deur die installe-
ring van ‘n eie son- of windkragstelsel. Wind en son is gratis en in Suid-
Afrika is daar gelukkig geen tekort hieraan nie.
SA Graan/Grain
het by kundiges in die bedryf gaan aanklop om ons lesers
ten beste te kan inlig oor maniere om energie en water in die landbou
te bespaar en water en elektrisiteit so doeltreffend moontlik te gebruik.
Blaai gerus na ons fokus op water en energie (bladsy 57 tot bladsy 78) om
meer hieroor te lees.
Tydskrif nou ook as eBoek beskikbaar!
SA Graan/Grain
beweeg saam met die tyd en jy hoef nie meer te wag
totdat die tydskrif met slakpos aan jou gestuur word nie.
SA Graan/Grain
is nou ook as ‘n eBoek beskikbaar en jy kan dit gratis aflaai by
grainsa.co.za/sagrain/
met die maand en jaartal ná die vorentoe skuins-
streep.
Die formaat is ‘n elektroniese blaaiboek met presies dieselfde inhoud as
die gedrukte formaat. Jy kan dus nou al die nuutste landbounavorsing,
artikels en nuus oor wat in die graanwêreld aangaan op jou slimfoon,
tablet, skootrekenaar en tuisrekenaar kry – kosteloos.
Lekker lees aan die tydskrif (gedruk of elektronies) – tot volgende maand!
Estie de Villiers –
Assistent-redakteur
Meet our
contributors...
Wandile Sihlobo was born in the Eastern Cape;
and spent most of his time there as well as in
KwaZulu-Natal and the Western Cape. He studied
agricultural economics at the University of Fort
Hare and at the University of Stellenbosch.
He joined Grain SA in 2012 and according to him,
he is still on a learning curve. “So far it’s been
a fruitful journey working with the well-experi-
enced folks at Grain SA, the entire grain industry,
producers and other stakeholders.”
Why did he choose the agricultural industry? “I
was motivated to focus on the agricultural in-
dustry, because of the importance of the sector;
I also felt the need for the youth to be involved
in the sector, contributing to food security and
shaping the future.”
In his spare time Wandile loves to read and hike.
Die Graan SA-ledetent
het behoorlik gegons
by die Megaweek. Liana
Stroebel, (Graan SA se
Graanprodusentontwik-
kelingsprogram) deel op
bladsy 20 met lesers, wat
nie die gebeurtenis in die
Overberg kon bywoon nie,
waaroor daar gesels is en
deel ook ‘n paar foto’s
met ons lesers van die
besoekers aan die tent.
Ruth Schultz (
SA Graan/
Grain
medewerker) het
vanjaar die Graan SA
Graanprodusent van
die Jaar-funksie op
11 Oktober by the
Theatre on the Track
in Midrand bygewoon.
Vanaf bladsy 22 tot
33 gee sy vir ons ‘n
oorsig oor wie as die
Graan SA/Syngenta
Graanprodusent van die
Jaar en die Graan SA/
Absa Ontwikkelende
Graanprodusent van die
Jaar aangewys is. Daar
is ook ‘n fotobeeld van
van die gaste wat die
aand bygewoon het.
Prof Charlie Reinhardt
(Universiteit van Pre-
toria en dekaan: Villa
Academy) vertel hierdie
maand in ons reeks
“Ken jou onkruiddoder”
meer oor bio-onkruid-
doders. Volgens hom is
die grootste toepassing
van biologiese onkruid-
en plaagdoders tans
in organiese boerdery,
waar lae bio-aktiwiteit
van middels (lae
effektiwiteit) en eng
spektrums (‘n klein
getal peste/plae) van
beheer aanvaarbaar is.
Meer op bladsy 43.
Planttyd bring ‘n gevoel
van afwagting en hoop
dat die seisoen wat
voorlê goeie vrugte sal
lewer. Dit hang egter
van die produsent en sy
beplanning af wat die
potensiaal vir die grond-
boonoes gaan wees.
Loureine Salomon
(LNR-Instituut vir
Graangewasse) gee op
bladsy 47 ‘n paar wenke
oor wat November-
maand in die grond-
boonland moet gebeur.
Medewerkers vir hierdie uitgawe
Alfred Andrag, Wikus Boshoff, Charl Cilliers, Johan de Bruto, Brian de Villiers, Jannie de Villiers, Jan du Preez,
Andrew Etzinger, Petru Fourie, Nico Hawkins, Daniel Heck, Johan Henning, Koos Kirsten, Dirk Kotzé,
Japie Krynauw, Wessel Lemmer, Kevin Lesser, Adina Loubser, Corné Louw, Johan Malherbe,
Charlie Reinhardt, Loureine Salomon, Ruth Schultz, Gerhard Schutte, Wandile Sihlobo, Gerrie Smit,
Wikus Snijman, Sarel Snyman, Johann Strauss, Liana Stroebel, Dirk Strydom, Funzani Sundani,
Hans van der Berg, Jurgen van Onselen, Johan van Zyl, Johann van Zyl,
Ansoné Venter en David Viljoen
1,2 4,5,6,7,8,9,10,11,12,13,...100
Powered by FlippingBook