SA Graan November 2013 - page 10

Boeredag
Aktueel
November 2013
8
Jongboerdag:
‘n Jaarlikse landboukalender-
hoogtepunt
ANSONÉ VENTER, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER
Op 12 September vanjaar het Senwes,
Agri Noordwes en Vrystaat Landbou in
samewerking met Graan SA, hul tiende
Jongboer Toekomsfokusdag op NAMPO Park
aangebied. Hierdie jaarlikse gebeurtenis is keer
op keer ‘n hoogtepunt op die landboukalender.
Nagenoeg 300 jongboere was by vanjaar
se Toekomsfokusdag waar hulle deur die
uiters bekwame sprekers uitgedaag is om
op hoogte van die jongste tegnologie te bly
om sodoende hul kompeterende voorsprong
te verskerp en die winsgewendheid van hul
boerderybesighede te verseker.
“Produsente moenie twyfel of hulle in die
regte beroep is nie, hulle ís,” het prof Johan
Willemse van die Universiteit van die Vrystaat
(UVS), wat as gasspreker opgetree het,
opgemerk. Hy het jongboere verseker dat daar
steeds geld te maak is in landbou en dat die
beste moontlike tegnologie en produkte vir
produsente beskikbaar is om in te belê.
Vanjaar se nuwe toevoeging, ‘n paneel-
bespreking, was volgens Magnus Theunissen
(voorsitter van Agri Noordwes se Jongboerver-
eniging) ‘n waardevolle kommunikasiemiddel
vir diegene wat die dag bygewoon het. “Ons
het ons doel daarmee bereik en die positiewe
kommentaar vanuit die gehoor tydens die be-
spreking bevestig dit,” het hy gesê.
Prof Willemse het die paneelbespreking gefasi-
liteer. Danie Minnaar (produsent en voorsit-
ter: Senwes), Thabo van Zyl (produsent van
Wesselsbron) en Janes Barnard (lid van die
Vlakplaas Boerdery-familie wat in 2011 as
Graan SA se Graanprodusent van die Jaar aange-
wys is) was die meer ervare lede van die paneel,
terwyl Wessel Hattingh en Magnus Theunissen
as jongboere die paneel aangevul het.
Temas wat in die bespreking aangeraak is,
was die implementering van tegnologie om
kapitaal en arbeid te bespaar, verhoudings met
finansierders, vermindering van tegnologiese
risiko’s, die waarde van ondervinding en
deelname aan studiegroepe en wat die
volgende stap in verband met tegnologie in
boerdery behoort te wees.
Na afloop van die bespreking het produsente
‘n praktiese demonstrasie bygewoon, waar-
tydens John Deere implemente ten toon
gestel is. Die demonstrasies het gefokus op
bewaringsboerderytoerusting wat deur die
ervare lede van die paneel gebruik word.
Jacques en Wickus van der Vyver, albei van Ottosdal, geniet ‘n koppie boere-
troos.
Christof Hellmuth en Francois Pretorius het ook die dag bygewoon. Hulle is
beide van Bultfontein.
Chris Schoonwinkel (dagbestuurslid: Graan SA) het ook as spreker opgetree.
1,2,3,4,5,6,7,8,9 11,12,13,14,15,16,17,18,19,20,...100
Powered by FlippingBook