SA Graan November 2013 - page 6

Hoofartikel
November 2013
4
V
andeesmaand se tema vir die
SA Graan/Grain
tydskrif handel oor
energie- en waterbestuur – twee hulpbronne waarsonder nie net
produsente nie, maar ook die hele mensdom, nie kan klaarkom nie.
Een van my eerste gewaarwordinge van elektrisiteit en die hulpmiddel
wat dit is, loop saam met my ervarings as kind toe ek op Oupa Brandkop
(ook die plaas se naam) se plaas alleen in die bloukamer moes slaap, met
net ‘n enkele kers wat lig maak.
Later jare was ons oud genoeg om saans in die buitegeboue die Lister-
enjin se slinger te gaan draai om lig vir die huis te maak. Wat ek nooit ooit
sal vergeet nie, was die ongelooflike stilte wanneer ons die enjin saans
moes gaan afsit. Dit was Julievakansies se koue Suid-Vrystaatse lug, die
helder sterre en die doodse, doodse stilte as die Lister sy laaste asem
uitblaas. Dankie tog die honde was ook daar om saam huis toe te stap!
Vandag het kragvoorsiening amper sy volle siklus voltooi. Ons begin
weer so raak-raak daaraan dat produsente hulle eie elektrisiteit moet be-
gin voorsien. Hierdie keer hang dit egter nie af van die beskikbaarheid
nie, maar wel die bekostigbaarheid daarvan. Die tariefstygings het produ-
sente gedwing om meer kreatief te wees en om nie net te spaar en meer
effektief te werk nie, maar ook om nuwe bronne van energie te ontgin.
Sonpanele en bio-energie is ons voorland.
Gelukkig sal die volgende geslag nie soos ek met ‘n kers in die donker
gang moet afloop nie, maar sal die bron van ons energie vanuit die stalle,
landerye of van die son af kom. Die landbou het nog nooit geskroom om
‘n nuwe plan te maak nie, maar ons gaan ‘n paar nuwe vennote benodig
om oor hierdie hekkie te kom.
Om mielies in brandstof of elektrisiteit om te sit, sit ook nie in elke man
se broek nie. Wat wel waar is, is dat die geleenthede daar is om nou al
in te belê. Dit is baie helder en duidelik dat ons as graansektor hier ‘n
geleentheid het om nie net ons eie verbruik te bestuur nie, maar ook ons
eie energie op te wek en later selfs te verkoop. ‘n Totaal nuwe bedryfstak
vir jou plaas.
Die uitdagings van vloedbesproeiing en windpomppype wat in die boor-
gat val, ‘n huis wat sonder water sit en warmwater in ‘n halwe 44 gallon-
drom warm maak om darem ‘n slag te bad, is ‘n storie vir ‘n ander dag.
Vandag is water elke produsent se lewensaar!
Dit is nie net vir die besproeiingsboere ‘n realiteit nie, maar vir elke plaas.
Sonder water gaan ons nie kos hê nie. Ons land se water moet elke jaar
tussen meer en meer mense verdeel word. Gaan die prys van water ons
ook dwing om dit anders te verbruik? Ek verbeel my dit was minister
Trevor Manual wat by geleentheid gesê het dat ons nog ‘n plan kan maak
DIE SON GAAN SNAGS
OOK SKYN!
1,2,3,4,5 7,8,9,10,11,12,13,14,15,16,...100
Powered by FlippingBook